JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (4)

Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener

Die Vredestraktaat

Dit is die grootste oorlogsverklaring wat in die geskiedenis van die wêreld nog bekend was, en dit sal ons sien in die oorlog van geweld wat nou aan die gang is en nog moet kom. Die veraf gedreun van die naderende orkaan, val nog op dowe ore. Ons het geval by die tienduisende, maar dan sal ons by honderdduisende afgemaai word. Die Sekel van die Dood sal oor ons gaan, want die graanoes is ryp en die druiwetakke hang swaar. Die uur om te maai het gekom. Kleiner stakings sal oorgaan in groter stakings; groter stakings sal aanleiding gee tot losbandigheid en brandstigting; brandstigting sal gevolg word deur revolusie; revolusie sal oorgaan in burgeroorlog; burgeroorlog gevolg deur hongersnood en pestilensies — maar al hierdie dinge sal oorskadu word deur ’n katastrofe wat nie deur menslike woorde beskryf kan word nie. Dit sal wees slag op slag, verwoesting op verwoestmg; dood en droefheid, rou en geweld -— en tussenin sal daar geen verposing wees nie.

“Alle gekroonde hoofde sal ontkroon word, alle vorste sal onttroon word, alle rykes sal verarm word, want —

“Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leerskare” — (Jakobus 5:4).

En sal die geweld dan ook weer herstel? Kan geweld deur geweld oorwin word?

Nooit!

Die duisternis kan deur geen duisternis verdryf word nie en daarom sal daar ’n nuwe middel gebruik moet word om te herstel en op te bou wat die geweld omver gewerp het.

Die Liefde sal dan intree.

Die Christus sal herstel.

En die uiterlike vorm van die nuwe heerskappy sal ons sien in die vereniging van Arbeid met Kapitalisme en in die vereniging van godsdiens met politiek, net soos in die dae van Moses en die profete.

Engeland

Die vraag is nou: Wie van die groot Christelike nasies van ons tyd het die meeste bloed vergiet?

En op watter wyse, en deur watter middele het hy sy hedendaagse glorie bereik?

Was dit nie deur die swaard nie?

Gedurende die 19de eeu het Engeland vyf-en-vyftig veroweringsoorloë gevoer, terwyl Frankryk nege-en-vyftig gehad het; Rusland, drie-en-twintig; Oostenryk, veertien, en Duitsland, nege.

In die tyd van Koningin Victoria alleen, was daar nie minder as veertig Engelse oorloë nie.

En wat bloedvergieting betref, staan Engeland dus heel voor in die ry.

Met die Bybel in die een hand en die swaard in die ander (geweld gepaard met huigelary), is die magtige Bntse Koninkryk opgebou tot sy huidige staat van mag en rykdom, sy teenwoordige hoogte van wêreldheerskappy.

Dit is nie nodig om hier aan te haal onder watter voorwendsels die Transvaal en Vrystaat bv. deur Engeland verower is nie. Ons weet mos dit was volstrek, nie ter wille van ons goud en diamantvelde nie, maar om die beskawing hierheen te bring, en om ons te “beskerm'”. Dis wat aan ons vertel is. Nie waar?

Maar besef ons die ware betekenis en die verreikende gevolge van daardie Driejarige oorlog met Engeland?

Wat Groot-Brittanje in stoflike rykdom gewen het deur die anneksasie van ons twee Republieke, het hy toe verloor in geestelike mag. Oënskynlik het hy sy ryk uitgebrei en verryk, maar in werklikheid was die oorwinning die begin van sy agteruitgang. Sy pres­tige as wêreldmoondheid was hy kwyt. As ons dit goed beskou, was die Europese oorlog ’n gevolg van die Boereoorlog, en dit sal ons, oor die komende ontwikkelinge nog duideliker bevestig sien, wanneer Suid-Afrika waarlik die graf word van Groot-Brittanje.

“Wie die mens se bioed vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word”—ja, deursy eie mense! En ons kan daaraan gerus toevoeg: “wie verdeeldheid saai, sal verdeeldheid maai.”

Want dit is aan my gesê dat Engeland sal nog eendag die bittere vrugte pluk van die verdeeldheid wat in sy eie land ontstaan het weens die Boereoorlog, toe dit sy politiek was om te werk met die laagste hartstogte van ons volk — toe Boer omgekoop is om Boer om te bring.

Met die dreigende moeilikhede wat in Ierland, Egipte en Indië sal kom; die ontevredenheid en opstande in Suid-Afrika; en die gevaar van ’n groot, algemene staking en byna onvermydelike revolusie in Engeland en Europa, is daar nie veel insig nodig om ’n mens te laat besef dat die val van die Britse Koninkryk dan op hande sal wees nie, en ook dat dit sal geskied vanweë die verdeeldheid van sy eie volk en die kolonies wat onder sy heerskappy was.

Die oordeel van ’n volk word deur die volk self uitgevoer.

Terwyl die hele wêreld gereinig word van ongeregtigheid en die Lig oor hulle sterker skyn, word van Engeland in die besonder finale rekenskap geëis van sy vele oorloë van sy uitermatige hebsug, geweld en bedrog.

Die loutering sal tyd neem.

Maar dit sal geskied.

“Want die meule van God maal langsaam; maar dit maal baie, baie fyn! ”

En soos Engeland die eerste van alle hedendaagse volke is om die wêreld-smeltkroes binne te gaan, so sal hy ook die laaste wees om daaruit te kom. Dit gaan alleen sy lot wees, want in daardie tvd sal Europa en die res van die wêreld reeds in ’n staat van bloeiende welvaart verkeer, wanneer die Britse Eilande nog verskeur sal wees, en geteister word deur ’n bloedige revolusie, hongersnood en die afskuwelike pestilensies as gevolg van kannibalisme.

Siener: Die sewende plaag: "Ek sien daar staan ’n bont vark. Ek plaas my een hand om die voorpote en die ander hand om die agterpote en met een slag pluk ek sy pote onder horn uit dat die vark omval. En dit is dan ons (die Boerenasie se) aandeel aan die ondergang van Engeland...”

Sommige sieners voorspel die algemene spoorwegstaking van 1919 as die “eerste wee” in Engeland self, terwyl ander profete aankondig dat die ellende in Engeland steeds sal toeneem in die jare wat kom. Dit word beskryf as die mees ondraaglike tydperk in die bestaan van die Britse volk.

Wanneer die eintlike smarte in Engeland begin, sal selfs sy vyande en diegene wat deur hom verdruk is, met huiwering en ontsettmg vra waarom sy oordeel soveel swaarder moet wees as die van enige ander volk.

Mede-Afrikaners, die antwoord hierop lê in die feit dat “sy ge­weld gepaard gaan met huigelary”. Engeland het meer as enige ander land gedoen om die Evangelie onder die heidene te versprei, en om die inwendige sending te bevorder. Deur sy geestelike arbeid het hy die Lig versprei, en daardeur getoon dat hy self in grote mate die Lig ontvang het; maar oor sy voorbeeld van bloedvergieting het hy meer afbreuk gedoen aan die Koninkryk in die Hemele as enige ander Christelike nasie.

Vervolg...