Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Amerika se nag van smarte
Iemand skryf vir ons uit Amerika dat ‘die nag van smart nou in Amerika ook neergedaal het’ (the night of sorrow has now settled on America too).
Amerika sal in ’n staat van revolusie verval. Terselfdertyd sal Groot stakings aan die orde van die dag wees, ’n bittere gees van verdeeldheid en verontwaardiging sal in die sogenaamde ‘ Verenig- de State’ van Amerika losbars.
Die regverdige minderheid kry tog daar ook die oorhand, want terwyl ons skryf, bereik talle berigte ons dat Amerika geweier het om die Vredestraktaat te onderteken, en ook dat Amerika sy oorlogsverklaring teen Duitsland herroep het. So iets het waarskynlik nog nooit in die geskiedenis van die mens gebeur nie dat ’n oorlogsverklaring herroep word, en dit nadat die oorlog reeds afgeloop het. Hierdie berig bring tog vir ons hoop, want dit werp lig op die vele dinge wat vir ons onverklaarbaar was gedurende die oorlog. Dit vertel ons veel meer van die kabelberigte, en bevestig die vermoede dat die volk van Amerika nooit oorlog teen Duitsland wou verklaar nie. Dit leer ons dat daar in werklikheid geen groot verandering gekom het nie en dat die gees van verdeeldheid eintlik die behoud van die wêreld is; dat die regverdige minderheid en steeds groeiende skare uiteindlik die meerderheid van die mensdom sal uitmaak; dat hulle as konings en priesters (dus in staat sowel as kerk) met Christus sal regeer — ’n duisend jaar lank.
Ons begin nou die duistere woorde van die Heer, dat Hy gekom het om vuur op aarde te bring, en die swaard, en om die mense tweedragtig te maak, beter te verstaan:
“Vanweë die HERE van die leerskare sal jy in genade besoek word, met donder en aardbewing en groot gedruis, wind en storm en die vlam van ’n verterende vuur”. (Jesaja29:6). Met sy Eerste Korms sowat 690 na Jesaja, het die Messias hierdie profesie herbevestig toe hy in Lukas 12:49 gesê het: “Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!”
Dit was omdat die mensdom, voor die koms van die Heer, onverdeeld was, en omdat die skare van regverdiges groot begin te word, is die stryd nou so bitter. Ons sien dit in Duitsland, waar militarisme en korrupsie die nederlaag geiy het; hierna sal ons dit sien in Amerika waar kapitalisme en barbaarse weelde in duie gaan stort en plek sal moet maak vir die eerlike, eenvoudige deugde van die volksmassa.
Vervolg...