Duitsland het die oorlog nie verloor nie
Hy is deur die Bondgenote verraai.
Hy is verraai, maar dit is nie al nie, hy het lets groots tot stand gebring met ’n revolusie wat betreklik vry was van bloed en geweld. “Die omverwerping van die Duitse Keiserryk was onvermydelik want alle vorste moet onttroon word”. En wat ‘n omwenteling en riviere bloed sal kos, het in Duitsland geskied op ’n ordentlike wyse en byna sonder om nuwe skeunng onder die volk te bring. Duitsland het gely en hy ly nog vir sy ongeregtighede van die verlede, maar sy vredemakers het goed gehandel, al het hul waarskynlik die onderspit gedelf, en die regverdige minderheid het die eerste keer in ons tyd die oorhand gekry.
Daarhet ’n verandering gekom. In die maatskaplike sowel die geestelike lewe, is daar hier en daar ’n verandering te bespeur. Dis die Lig wat grond wen. Duim vir duim word die terrein beveg, duim vir duim word die duisternis verdryf. Dit is die begin van groter dinge wat nog moet kom. Maar sulke veranderinge kom nie sonder voorbereiding nie. Voordat die oë van die volksmassa geopen word stuur die Heer sy voorlopers die profete, apostels, en ingewydes om die weg te baan, en dit is wat nou geskied oor die lengte en breedte van die aarde. Daaraan weet ons dat die “millennium” op hande is.
Nie onder die Fariseërs en Skrifgeleerdes vind ons hulle nie, op die mees onverwagte plekke en onder die mees onwaarskynlike mense, en wat hulle ons leer, is ook nie die uiterlike vorme van godsdiens nie, nie die algemene waarhede wat jaar in en jaar uit van die kansels verkondig word nie, maar die diep innerlike betekenis van die ewige waarhede van God se Woord. Wat vir ons duister en teenstrydig is, kan hulle verklaar, en hulle leer ons dat die seën van die Heer nie rus op wapens van geweld en oorloë van veroweruig nie.
Hulle leer ons dat dit oor die mag van die Vors van die duisternis is dat geweldenaars ’n tydelike oorwinning behaal het, en dat dit toegelaat word om die val van die verdrukker, wanneer dit kom3 des te meer groter te maak. Hulle leer ons dat die regverdigheid oënskynlik ten gronde gaan om, na ’n tydperk van loutering, sterker as ooit te vore en in groter heerlikheid te voorskyn te kom.
Hulle verseker ons dat daar nie so iets bestaan as die seëviering van ongeregtigheid nie, want dat klein nasies groot word deur onreg en vernedering, en dat groot nasies vergaan deur die mag en voorspoed wat hulle verkry met geweld en bedrog.
Die voorlopers van die Ryk van Vrede verkondig ’n dag van vergelding en afrekening, en dat dit aanstons op hande is; dat dit in ons tyd nog sal geskied.
Hulle sê dat ons dit nog sal sien wanneer Duitsland (aan die einde van die laaste Groot Oorlog) in sy ware, blywende grootheid sal verrys uit die puinhope van sy sogenaamde verwoesting; dat Duitsland die eerste in Europa sal wees om te herstel, en die wêreld te voorsien van voedsel en klere wanneer die groot hongersnood kom.
Hulle troos ons met die versekering dat ons eie vernedering in 1902, die voorbereiding was vir ons ontwikkeling as die grootste volk op aarde maar met ’n grootheid wat tot nou toe onder die nasies nie bekend was nie soos ons later nog sal sien; en dat ons dan sal verstaan waarom die oorloë in Duitsland en Suid-Afrika met Engeland so afgeloop het.
Onveranderlik, onverbiddelik is die werking van die wette van God. Wat ons saai, sal ons gewis en seker maai.
Die Duitse Keiser (Wilhelm) het, omdat hy eenmaal geweier het om ’n hand van beskerming uit te steek na ’n vriend. en banneling (Suid-Afrika), vandag self banneling geword
Die glorie van die Keiserryk wat reeds sedert 843 bestaan, is vanjaar (1918) beëindig met sy abdikasie. Maar so sal hy ook vir sy ware grootheid as Christelike vors, miskien nog gespaar word om die ware grootheid van sy volk te beleef, en sy beloning te ontvang vir sy onophoudelike pogings om die vrede te herstel gedurende die bloedige oorlog van 1914-1918.
Maar hy is oud en dit kan vir hom te laat wees.
Dit kan wees dat daar nog binnekort weer ’n omwenteling, of ’n kort, dog hewige revolusie (of oorlog), in Duitsland mag wees, om die teenwoordige regering (wat allesbehalwe volmaak is) omver te werp. Dit is volstrek nie onmoontlik dat daar nog vir ’n tyd swaar gely sal word, en dat hongersnood, pestilensie en geweld of oorlog nog vele slagoffers van die Duitse volk sal eis nie.
Siener: Maar wanneer Engeland daarna op sy beurt waarlik die Smeltkroes van revolusie binnegaan en die res van Europa in onnoemlike smarte verkeer, sal Duitsland gereinig, geheilig, seëvierend, uit sy volksloutering verrys en die voortou neem in die bevryding van die wêreldslawerny. Meer as oorwinnaar sal die Duitse volk wees, groot sy naam, en onbeskryflik groot die Lig wat in hom skyn.
Skaars 20 jaar later is hierdie profesie vervul toe die Tweede Wêreldoorlog op 3 Augustus 1939 uitgebreek het, en daar inderdaad ‘vele slagoffers van die Duitse volk’, eers op die bloedige oorlogsvelde en later (1945) tydens die Amerikaanse gedwonge dodemars, van hongersnood. gesterf het.
Vervolg...