Strukturele probleme in die Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP, 'n instelling van die Departement van Landbou, Visserye en Bosbou)) kon tot die agteruitgang van sy geldstate gelei het, word daar deur die kantoor van die OG vertel. Ons wonder wat is daardie strukturele probleme se name en adresse...
Daar is sowat R1,9 miljoen se inventaris wat nog nie voltooi is nie en die ouditeure kon nie die geskikte toetsing toepas om te bepaal of die syfer reg is nie. Die OBP hou ook nie voldoende rekord of toesig oor sy eiendom en toerusting nie.
Die OBP kwalifisering is onder meer weens die onvoldoende hou van rekords en tekort aan moniteringskontrole, het Yaasir Haffejee, die ouditeur in die OG se kantoor wat verantwoordelik is vir die landbouportefeulje, gesê.
Die departement en al sy ander instellings, wat die Nasionale Landbounavorsingsraad (LNR), Landboubemarkingsraad, die Ncera-plase en die Raad van Toesig op die Uitvoer van Bederfbare Produkte (PPECB) het ongekwalifiseerde ouditverslae vir die 2010/’11 geldjaar gekry. Die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye wou by die kantoor van die OG ‘n verduideliking hê waarom dit nou eers uitkom dat OBP volgens die ouditverslag agteruit boer.
Groot kwessies is met die beheerstruktuur by die OBP ondervind. In ‘n stadium was die hoof finansiële beampte die waarnemende uitvoerende hoof. Interne prosesse is hierdeur ingedrang gebring. Verskeie ander agteruitgang van sy geldelike werkverrigting, is ook uitgewys.
Meisie Nkau van die kantoor van die OG, het verduidelik dat OPB se boeke vorige jare deur ‘n private ouditfirma gedoen is. Sy het dit egter duidelik gemaak dat die OG se kantoor gevind het dat die probleme wat uitgewys is, lank aanwesig is – ons sou meen ten minste 17 jaar...
NOG 'N DEPARTEMENT VOU ONDER ANC
Kriewelkop