SUID-AFRIKA 1991-1992 - ELEKTRISITEIT

Kriewelkop

Dit is insiggewend om deur middel van betroubare statistiek ('n rariteit in die Nuwe Suid-Afrika) te sien hoe Suid-Afrika sedert 1994 in die drein in bestuur is deur die onvermoë van 'n derde-wêreldse swart mag wat 'n eerste-wêreldland op 'n skinkbord gekry het. Die ordelike, Ou Suid-Afrika het elke jaar 'n pragtige hardebuiteblad amptelike jaarboek beskikbaar gestel waarin al Suid-Afrika se gegewens in aangeteken is – dit kan natuurlik net gedoen word wanneer daar goeie bestuur plaasvind sonder die korrupsie en onvermoë van 'n regering soos tans. Veral die 1991-1992 Jaarboek is van betekenis aangesien dit kort voor die oorname van die swart regime in 1994 saamgestel is en die vooruitgang van ons land, toe op sy beste, pragtig met syfers daarin weergegee is, voorwaar 'n teenstelling van ons huidige toestand! Kyk byvoorbeeld na destydse elektrisiteitssituasie en vergelyk dit met wat nou aan die gebeur is onder die ANC:

Elektrisiteit
Hoewel Suid-Afrika geografies minder as 4 persent van die kontinent beslaan en net meer as 6 persent van die totale bevolking het, verskaf hy meer as die helfte van alle elektrisiteit wat in Afrika ontwikkel word.

Elektrisiteit maak meer as 27 persent van die totale energieverbruik uit. In 1990 is 147 000 miljoen kWh in die Republiek beskikbaar gestel waarvan Evkom 93 persent teen 'n gemiddelde prys van 7,9c/kWh gelewer het. Die res word ontwikkel deur myne, nywerhede en 'n paar munisipaliteite wat hul eie kragsentrales bedryf.  Eskom se elektrisiteitsverkope het die afgelope vyf jaar met gemiddeld 3,9 persent per jaar toegeneem. Die nywerheid en handel is die grootste verbruikers van elektrisiteit in Suid-Afrika.

Evkom voorsien elektrisiteit aan sowat 3 900 groot verbruikers soos myne en swaar nywerhede, Spoornet en munisipaliteite, en sowat 238 000 verbruikers wat minder as 100 kW vereis (stedelike huishoudelike verbruikers, plase en ligte nywerhede). Verkope aan groot verbruikers het sowat R10 miljard in 1990 beloop terwyl klein verbruikers elektrisiteit ter waarde van meer as R700  miljoen gekoop het. (Waar is ons elektrisiteit deesdae, waarom die talle onderbrekings – word dit nou alles verkoop?)

Steenkool bly die grootste bron van kragontwikkeling. In 1989 is sowat 89,4 persent van Evkom se elektrisiteit deur sy steenkoolkragsentrales ontwikkel. Evkom versprei sy elektrisiteit deur 'n nasionale netwerk of verspreidingstelsel wat uit meer as 220 000 km kraglyne en kabels bestaan (kan natuurlik nie nou meer gebeur nie want talle kabels is nie meer daar nie...)

Omdat Suid-Afrika se riviere van seisoenale reën afhanklik is, is dit nie moontlik om hidroëlektrisiteit in genoegsame hoeveelhede te ontwikkel sonder dat water opgegaar word nie. Die damme wat hiervoor nodig is, moet so groot wees dat hidroëlektriese kragsentrales net met die hulp van die Departement van Waterwese ekonomies gebou kan word.

Hernieubare energie
Suid-Afrika het groot reserwes van die meeste vorms van energie en veral sy steenkoolafsettings sal genoeg energie tot diep in die volgende eeu verseker (wat op aarde het die ANC nou daarmee gedoen?) Hoewel die rol van hiernieubare energie tans nog klein is in vergelyking met dié van steenkool, sal hernieubares al hoe meer in die toekoms van beduidende belang wees in die voorsiening van energie vir basiese behoeftes aan ontwikkelende gemeenskappe in afgeleë gebiede.

Die voorsiening van elektrisiteit aan verbruikers in afgeleë gebiede deur middel van fotovoltaïese (FV) stelsels en windturbines, dikwels in hibridiese kombinasies met dieselopwekkers, is kostedoeltreffend vergeleke met die kaptaal wat nodig is vir die uitbreiding van die elektrisiteitsnetwerk oor lang afstande. Die vraag na klein FV-stelsels vir radio/TV en beligting groei bestendig en die plaaslike FV-mark word tans geraam op 700 kWh per jaar.

Databasisse vir son- en windenergie word saamgestel en navorsing word reeds gedoen om die potensiaal van hierdie en ander hernieubare vorms van energie soos water, biomassa en energie verkry uit munisipale afval, te bepaal.

Vuurmaakhout is steeds die grootste bron van huishoudelike hitte-energie in die afgeleë landelike – en meestal ontwikkelende – sektore van die gemeenskap. Plaaslike tekorte word ondervind en die negatiewe effek hiervan op die omgewing neem steeds toe. (Dink hoe erg dié toestand nou is met die miljoene onwettige swartes hier). 'n Omvattende biomassa-program wat herbebossing en agrobosbou insluit, word tans beplan. (Mens sou wou vra of hierdie beplanning nog in die weegskaal is...)

Mooi né!