OP JUL MERKE, GEREED, MOOR!

UIT DIE PERD SE BEK

Kriewelkop

Nou ja, as die swartes binne die kantore van die ANC reeds die ekonomiese ineenstorting sien kom, wie is óns om dit nie te wil glo nie! Gaan lees maar die berig as u dit nie wil glo nie by Businessday se webwerf. 

Die kantoor van die ouditeur-generaal van die ANC, by monde van ene Nombembe, waarsku aanhoudend oor die vervalle en korruptiewe en meestal bankrot toestand waarin die staatsdepartemente verkeer, veral met betrekking tot finansies en munisipale vlak, nou reeds vir 'n hele paar jaar. Daarom is daar rede om te glo dat 'n totale ekonomiese ineenstorting baie naby is, glo hy. Die waarskuwing van die OD vertel van 'n regering wat so besig met sy eie plekkie in die son is dat geen aandag aan belangrike regeringsake gegee word nie.

Daar is deesdae glo niks om te oudit nie aangesien geen verslae bekombaar is nie, geen besluite word meer geneem nie, amptenare weet glo heeltemal niks van hulle werk nie en word as totaal onbevoeg beskou, en daar is klaarblyklik ook niemand om die skuld te gee vir die totale gemors waarin die departemente verkeer nie.

Volgens die OD is so 'n toestand van geen verantwoordbaarheid baie ryp vir die korrupsie wat ons lankal sien. Die groot aantal dorpe en stede wat tans in die hande van georganiseerde misdaad van groot sindikate verkeer is volgens hom in werklikheid die werk van betaalde staatsamptenare.  Hulle enigste doelwit is klaarblyklik om soveel chaos as moontlik te skep sodat dit as 'n rookskerm kan dien vir die diefstal en korrupsie wat hulle pleeg.

Die OD beweer ook dat sy waarskuwings totaal geïgnoreer word deur die ANC. Korrupsie, wanbestuur en onvermoë eskaleer by die dag. En wanneer 'n amptenaar soms wel geskors word as gevolg van blatante en onweerlegbare korrupsie, word hy net die volgende oomblik in 'n ander departement aangestel – en al die korruptes kry 'n enorme salaris!

Dit is volgens die OD reeds internasionaal bekend dat die ANC-regime 'n skrikbewind in Suid-Afrika voer. Persone word aangestel omdat hulle vriende en familie is, nie omdat hulle enige kwalifikasies het nie. Die meeste van hulle is oud-tronkvoëls en het 'n misdaadrekord.

Nombembe is ook glo bekommerd oor die feit dat geen van sy verslae ernstig bejeën word nie. Daar is reeds gewaarsku dat die ineenstorting naby is, ook deur die publieke beskermer, ene Madonsela, wat die korrupsie as 'n epidemie beskryf. Sy is diep verontreg dat dinge so verkeerd gaan te midde van haar goeie werk asook die anti-korrupsie organisasie, die Spesiale Ondersoekeenheid. Hulle is glo oorweldig deur die geen politieke wil om iets aan die gemors wat elke dag erger word, te doen.

Nou het ons dit uit die perd se bek gehoor, en kan niemand meer twyfel dat daar 'n yslike ekonomiese ineenstorting bitter naby op ons wag nie – wat met baie groot geweld en opstand van die swart massas gepaard sal gaan. Hulle is lankal moeg vir die talle onvervulde beloftes van die ANC en staan lank reeds op aandag vir die skoot om geskiet te word: op julle merke, gereed, moor!