ANC NIE MEER LANK IN SITPLEK

Kriewelkop

"Wat al hierdie dinge bewys is dat die ANC nie in staat is om die onderwys, ekonomie, werkloosheid en korrupsie te verander en hulself daaruit op te lig nie....Dat dit nie weer die ANC sal wees wat ná die ineenstorting die land regeer nie kan ons feitlik van seker wees, maar 'n groter verontrusting is dat FW en sy gesante baie lankal hulle tande slyp vir daardie dag van chaos sodat hulle met die hulp van NAVO daardie stoele kan beset."

Die dag kom vinnig nader dat die ANC nie meer in hulle miljardstoele sal sit nie. Daar is egter verskeie menings oor presies hoe dit sal gebeur dat hulle onttroon word. Verskeie politieke ontleders is dit eens dat daar 'n dag sal kom wat die ANC per verkiesing uitgestem word. Ander wat die swart volkere beter ken weet dat daar 'n punt sal kom waar geen geduld meer tussen hulle sal bestaan nie en dan hulle oeroue Afrikastem uitbring: geweld!

Dit is duidelik dat ondersteuning vir die ANC onder Suid-Afrikaners drasties daal.

Die ANC het wel 63% in die nasionale verkiesing van 1994 gekry en dit vergroot tot 65,9% in 2009, maar hierdie syfers is misleidend omdat dit nie die steeds groeiende aantal burgers wat weier om te stem insluit nie.

Om hierdie bewering te staaf: 54% Suid-Afrikaners wat wel in 1994 gestem het, het vir die ANC gestem. In 2009 het daardie persentasie tot slegs 39% gedaal. Dit beteken dat die syfer gedaal het tot minder as 4 uit 10 in die 2009 verkiesing. Dit bring mee dat die ANC nou niks meer as 'n minderheidsregering is nie.

Alhoewel die DA heelwat bykomende ondersteuning gekry het sedert 1994 met 2 uit elke 100 Suid-Afrikaners, tot 1 uit elke 10 burgers in 2009, is die afname in ANC-ondersteuning nie hierdeur veroorsaak nie. Die DA se groei bestaan uit die opslurp van ander opposisiepartye en deur nuwe jong ondersteuners.

Die afname in ANC-ondersteuning is die resultaat van 'n groeiende aantal landsburgers wat hulle vertroue in die ANC verloor het. Die navorsingsorganisasie 'Municipal IQ' het in 'n verslag aangetoon dat die protes onder Suid-Afrikaners oor die absolute skandalige dienslewering van die regering van 10 in 2004 gestyg het tot 100 in 2010. Dit het regstreeks gelei tot groot afname in getalle wat tevore vir die ANC gestem het.

Die dispuut of die ANC werklik in sy dienslewering gefaal het kan voortduur met die argument dat hulle wel sedert 1994 drie miljoen huise vir die agtergeblewenes laat bou het, so ook die 1000 huishoudings wat elektrisiteit in hierdie tydperk bekom het, maar wanneer daar na die bankrot munisipaliteite gekyk word, totale ineenstorting van dienslewering in dorpe waar nie meer skoon water of vullisverwyderingsdienste beskikbaar is nie, of na die patetiese onderwysstel waar leerlinge na 6 maande nog nie hulle handboeke ontvang het nie, kan geen regdenkende die argument bly voer dat met die ANC se dienslewering niks skort nie. Daarby kan gevoeg word ook die werkloosheid in hierdie land waar daar vandag meer werkloses as ooit in ons geskiedenis is. En laat vereers die tans verarmde blanke wat doelbewus deur die ANC uit die arbeidsmark gehaal is om plek te maak vir die swart bevolking; neem dan in ag dat steeds nie eers 1 uit elke 3 swartes 'n stabiele werk kan bekom nie.

Nog 'n bydraende faktor waarom die ANC steun bly verloor is die onuitspreekbare korrupsie en ekonomiese wanbestuur wat op 'n versekerde ekonomiese ineenstorting afstuur. Elke Suid-Afrikaner met insig, watter kleur en ras ook al, sal besef dat sy toekoms donker is met die ANC aan die stuur.

Wat al hierdie dinge bewys is dat die ANC nie in staat is om die onderwys, ekonomie, werkloosheid en korrupsie te verander en hulself daaruit op te lig nie. Daarom is dit glad nie onmoontlik dat dat die party se totale nasionale ondersteuning tot ver onder 50% sal daal in die volgende verkiesing nie, wat die deur vir 'n koalisieparty of  'n volwaardige opposisieparty sal oopmaak en die ANC uit die kussings sal lig.

Daar is waarnemers wat voorspel dat hierdie situasie by die stembus nie voor 2019 of 2024 moontlik is nie. Maar daar is 'n ander senario wat nie sterk genoeg beklemtoon word nie: Die ANC en sy ondersteuners is grotendeels swart; 'n nasie wat net een uitweg ken wanneer die protes te groot word: geweld, geweld en nogmaals geweld – gepaard met ondenkbare wreedheid. En hierdie fase is veel nader as wat die liberale politieke ontleders dink, wie nie eers die moontlikheid van so 'n barbaarse toestand voorsien nie. Daarom sal daar 'n baie groot ontnugtering op hulle wag.

Wanneer die ANC aan die einde van hierdie jaar sy groot vergadering hou sal die moontlikheid van onbeheerbare geweld deur swart op swart nog meer sigbaar word. Wanneer grootskaalse geweld die dag in volle swang losbars, sal in só 'n staat van anargie en doodslag nie meer sprake van verkiesings of regerings wees nie, en sal die uitkom van so 'n finale uitbarsting bepaal wie volgende in die kussings van hierdie land se parlement sal sit.  Dat dit nie weer die ANC sal wees nie kan ons feitlik van seker wees, maar 'n groter verontrusting is dat FW en sy gesante baie lankal hulle tande slyp vir daardie dag van chaos sodat hulle met die hulp van NAVO daardie stoele kan beset.

Die nog groter probleem is egter dat die behoudende oorlewendes ná sóveel geweld en ontwrigting maar tog te dankbaar sal wees om weer 'n blanke regering te verwelkom. Mag ons die genade van Bo kry om nooit te vergeet wie en waarom ons onder die hiel van die ANC beland het nie en nog só 'n verraderlike pad gespaar bly!