PLAASAANVALLE IS SUIWER RASSEPOLITIEK

Kriewelkop

Zuma kom nou weer met 'n mooi storie dat plaasaanvalle nie rasgedrewe is nie omdat hy tog iets wat nie te sleg klink nie móét antwoord telkens wanneer hy in 'n hoek is. Die kommuniste het die manier om juis die teenoorgestelde betekenis aan 'n woord te heg en dit aan die burgers van 'n land op te dring soos byvoorbeeld die woord "demokraties". Dit is seker vir hulle ook lagwekkend dat die burgers van 'n land so naïef kan wees om alles te glo wat die regime verkondig.

Plaasaanvalle is deel van die swart regime se werkswyse om van blanke boere ontslae te raak aangesien alles vir die ANC oor grondbesit gaan. So het dit in elke Afrikastaat gebeur waar blankes landbougrond besit het en Suid-Afrika sal nie 'n uitsondering wees nie. Meeste oorloë in die wêreld het oor grondbesit gegaan.

Die ANC sal voortgaan om hierdie saak te dryf tot daar geen blanke boer lewend is nie. So het Zuma in sy openingsrede in Februarie duidelik gemaak dat 2013 uiteindelik die jaar sal wees wat gekenmerk sal word aan volkome grondoorgawe aan swartes – sy 87% was net 'n wyse om nie onmiddellik konflik te skep nie. Dit sal ook nie bly by plase nie en sal daar op elke duim van die witman se grond aanspraak gemaak word.

Wie hierdie saak nie begryp nie ken nie Afrikapolitiek nie.