Kriewelkop
Die uitwis van blankes in Suid-Afrika behels nie net fisiese moord nie. Die ANC het jare gelede reeds duidelik gemaak dat die witman nie in Suid-Afrika welkom is nie en hom sterk aanbeveel om die land te verlaat indien hy nie tevrede voel met die verloop van sake hier nie. En geen blanke kan tans eerlik sê dat hy tevrede of gemaklik is met die toestand in die land nie. Dit sluit in die enorme werkloosheidsyfer onder blankes as gevolg van die regime se sogenaamde regstellende beleid, hul vrotsige ekonomiese landsbestuur, asook die onbeheerbare misdaadsyfer waar deesdae gemiddeld 75 persone per dag in hierdie land vermoor word. Daarom is dit nie vreemd nie dat die jongste meningspeiling wat deur die markontleder, mnr Butch Rice van Pondering Panda gedoen is, daarop wys dat 40% van ons blanke jongmense nie meer kans sien om in Suid-Afrika te woon nie.
Minstens een uit elke vier (25%) jong Suid-Afrikaners tussen 18 en 35 jaar sal verkies om in ‘n ander land te woon. Dit skep die wesenlike gevaar dat ons nie meer goed gekwalifiseerde breinkrag in die toekoms in Suid-Afrika sal hê nie.
Die meningspeiling deur Pondering Panda is onder 4 154 Suid-Afrikaners gedoen. Van die respondente het die VSA as die gewildste bestemming aangedui, aangesien 44% van hulle graag daar wil woon. Brittanje is die tweede gewildste met 12% en Australië derde met 9%.
Die vier verskillende rasgroepe se antwoorde het aansienlik verskil. Nagenoeg 40% van die blankes (en ‘Asiatiese’ respondente) sou verkies om elders te woon, terwyl slegs 22% swart respondente en 27% Kleurlinge hierdie opsie verkies. Volgens Rice het blankes en Indiërs die grootste geneigdheid om te emigreer, met twee uit vyf wat ‘n voorkeur uitgespreek het om pad te gee. Indiese ‘Suid-Afrikaners’ verkies glo ander lande as die groot Westerse lande.
Amerika is die gewildste bestemming vir 50% swartes en 30% Kleurlinge wil daarheen emigreer. Slegs 23% blankes het voorkeur aan Amerika gegee, terwyl 21% na Australië wil uitwyk.
Die groot ideaal van die swart volke in Suid-Afrika vir 'n Swart Republiek, 'n strewe en voorneme wat dateer vanaf 1902, is besig om te realiseer tensy daar 'n Godswonderwerk in ons land en in ons volksgenote se harte plaasvind.