NAVO, NIE VN NIE

Kriewelkop

"Nee, die VN is nie by magte om in enige konfliksituasie ferm op te tree en vrede te herstel nie want hy is vandag grootliks 'n Derde Wêreldorganisasie wat magsbehep, verwaand en net so onordelik en lafhartig en onbeholpe is soos die lande waarheen hy gestuur word... Wanneer Suid-Afrika in chaos verval stuur ons onmiddellik 'n NAVO-taakmag in om die situasie te stabiliseer en dan beheer van die land oor te neem met 'n interim-regering, en julle Blankes sal maar daarmee vrede moet maak, óf die gevolge dra..."

Daar word die afgelope tyd opgemerk dat die ANC homself voorberei vir ernstige oorlog deur onder andere uiters duur wapentuig aan te koop. Vir diegene wat wakker loop is dit nie vreemd nie want ons weet dat die ANC se strewe na 'n Swart Republiek reeds in 1902 'n aanvang geneem het en dat die witman in Suid-Afrika nie een oomblik langer geduld sal word as wat nodig is nie.

Nou kan gevra word wannéér is die witman in hierdie land nie meer nodig nie. Hier moet die swarte se denkwyse inspan word om te kan antwoord aangesien hulle werklik nie weet dat hulle eie voorbestaan van die blanke se welvaart afhang nie. Daarby is daar reeds ver gevorder op die pad van die sogenaamde Nasionale Demokratiese Rewolusie en bereik ons na verwagting volgende jaar die laaste fase wat sal bestaan uit grootskaalse anargie.

Wat is veronderstel om met Suid-Afrika te gebeur indien geweld onkeerbare afmetings aanneem? Sal dit die VN wees wat ingryp soos so dikwels gedreig word, of dalk NAVO wat gereed sit om sogenaamd orde te kom skep met 'n interim-regering waarin die Afrikaner geen sê sal hê nie?

In Julie 2009 tydens 'n vergadering van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) se Veiligheidskomitee, het 'n Suid-Afrikaanse verteenwoordiger die eskalerende geweld van ons land daar ter tafel geplaas. Op sy vraag of 'n mag van die Verenigde Nasies ingestuur sal word as hier onbeheerbare anargie en chaos uitbreek, was die antwoord aan hom: "Nee, die VN is nie by magte om in enige konfliksituasie ferm op te tree en vrede te herstel nie want hy is vandag grootliks 'n Derde Wêreldorganisasie wat magsbehep, verwaand en net so onordelik en lafhartig en onbeholpe is soos die lande waarheen hy gestuur word. Hy is nie in staat om magsbehepte tiranne en diktators aan bande te lê nie. Die wapen wat ons in sy hand gestop het, gee aan hom die illusie dat hy die groot vredemaker is maar dis van alle waarheid ontbloot.

"Wanneer Suid-Afrika in chaos verval stuur ons onmiddellik 'n NAVO-taakmag in om die situasie te stabiliseer en dan beheer van die land oor te neem met 'n interim-regering, en julle Blankes sal maar daarmee vrede moet maak, óf die gevolge dra..."

Kom ons bekyk die organisasie NAVO  en die verdrag tussen die onderlinge state van nader.

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het tot stand gekom toe  'n militêre verdrag ter wedersydse beskerming en samewerking tussen westerse lande waaronder ook Frankryk, Duitsland, België, die VSA en Brittanje aangegaan is met die doel om 'n front teen die Kommunisme vanuit die Oosblok te vorm. Die verdrag van Warskou het op sy beurt op 14 Mei 1955  die lig gesien om as teenvoeter vir NAVO te dien.

Die kern vir die doel van die NAVO-verdrag wat in Artikel 5 gestipuleer word, stel dat ingeval 'n aanval op een van die state geloods word, alle lidlande onder hierdie verdrag sal help om die aanval af te weer. Sedert die einde van die Koue Oorlog het hulle hul egter begin toespits op die bestryding van terrorisme en anargie. So het hulle ná die aanslag van 11 September 2001 in New York en Washington die VN, wat intussen volgens sy meesters 'n nuttelose organisasie geword het, bygestaan met onder andere radarvliegtuie.

Die Sekretaris-generaal is die hoogste outoriteit in NAVO en die pos word tradisioneel deur 'n Europiër gevul. Van 2004 tot 2009 was dit 'n Nederlander, Jaap de Hoop Scheffer, wat ook die voorsitter van die Noord-Atlantiese Raad (NAR) is. Die NAR bestaan uit permanente verteenwoordigers van die lidstate. Hulle vergader elke Woensdag, word bygestaan deur die Militêre Komitee waar elke lidstaat ook verteenwoordig is, en hier word die uiteindelik finale politieke besluite geneem.

Die hoogste militêre kommandant van NAVO met die vername titel die Supreme Allied Commander Europe (SACEUR), was tot dusver nog altyd 'n Amerikaner, en is ook kommandant van NAVO-troepe buite Europa. Die politieke hoofkwartier van NAVO is egter in Brussels gesetel, waar ook die NAR gevestig is. Die heel eerste NAVO-hoofkwartier was in Londen opgerig waarna dit in 1960 na Parys geskuif is en in 1966 na Brussels. Tans word daar 'n splinternuwe gebou in Brussels ontwerp om as nuwe hoofkwartier te dien.

Die Supreme Headquarters Allied Power Europe (SHAPE)  is hulle militêre kommandosentrum wat in die noorde van België gevestig is.

In 1986 is ook 'n outonome oorkoepelende liggaam opgerig, die Eurogroep. Alle Europese NAVO-lidsstate behoort hieraan en in hierdie organisasie word hulle gemeenskaplike standpunte bespreek en gevorm.

Dit is duidelik dat NAVO 'n goedgeorganiseerde instansie is wat sy besluite getrou en met vasberadenheid uitvoer en alleen die besluit sal neem oor wie hy as 'n geskikte tussentydse regering beskou indien hulle in Suid-Afrika se binnelandse krisis sou ingryp. Daarom kan aanvaar word dat die dreigement wat uit daardie vergadering van 2009 gespruit het sou Suid-Afrikaners die gevolge moet dra indien hulle in opstand sou kom teen die regering wat deur NAVO aangewys sal word,  nie 'n ydele dreigement sal wees nie. Dit sal egter bomenslike inspanning van elke reggeaarde Afrikaner verg om nie in opstand te kom teen wie vermoedelik aangewys sal word nie; dit verg nie veel om te sien waarmee FW de Klerk  en sy meelopers besig is nie. Daar is geen manier waarop NAVO die omgekeerde land in die hande van nog 'n Swart, geweldsbehepte regering sal plaas nie, wat van die De Klerkbende die ideale kandidate maak - hieraan werk hy reeds sedert 1995 toe hy gesê het hy regeer die land weer binne vyf jaar.

Dat daar vir ons 'n veelbewoë tyd voorlê is nie te betwyfel, daarteen is ons vir baie jare gewaarsku. Daaglikse gebeure bevestig tans dat profete soos Jaap Marais en ander se politieke insig jare gelede ter harte geneem moes word...