KRIEWELKOP
In die oorweging van die Afrikanervolk se veiligheidsituasie en in watter stadium ons tans verkeer is die stel van ‘n paar vrae nodig.
Een van die probleme is dat ‘n opsomming/persepsie van die veiligheidstoestand ‘n sterk geruggedrewe kenmerk het.
Nog ‘n kenmerk, en ‘n saak met ‘n vraagteken daaragter, is dat dit aan die volk self oorgelaat word om te besluit hoe veilig of onveilig die volk en die groter Blanke gemeenskap is.
Dan blyk dit ook dat dié mense en instansies wat hulle die hardste hoorbaar kan maak in die volk se opsomming van die veiligheidsituasie ook ‘n goeie kans het om as dié met die deurslaggewende sê aanvaar te word, so lyk dit altans.
En hier sit vyande van die Afrikanervolk in ‘n sleutelposisie. Want die instansies wat die hardste hoorbaar is by die volk is
(a) die kommunisties-beheerde SABC met sy televisiestasies maar ook ‘n radiostasie soos RSG, en
(b) die Naspers-nuusmedia-kartel.
Die vraag is: kan so ‘n saak byvoorbeeld in die hande van ‘n Ton Vosloo gelaat word. Om dit reguit te stel: ‘n Afrikaner wat dit doen moet sy kop laat lees. Dieselfde geld ‘n TV-stasie soos KykNet, koerante soos Die Burger en Volksblad met Kleurlinge as redakteurs. Daar is Wolf dus Skaapwagter.Ons het afgeskop deur aan te voer daar is ‘n kenmerk van oormatige geruggedrewenheid in die inligting tot ons beskikking wat ons moet lei tot ‘n besluit of ons hoort te mobiliseer vir oorlog en of ons steeds hierdie persepsie van valse vrede, onder meer geskep deur die NP/ANC-grondwet, moet aanvaar.
Ons kan skuld oor hierdie geruggedrewe kenmerk egter nie net voor die deur van die regime- gemanipuleerde SABC of die Naspers-gemanipuleerde KykNET- of koerantnuus lê nie. Daar is sowat ‘n halfdosyn volksgerigte webwerwe wat daagliks verslag doen oor volksveiligheidgerigte gebeure.
Dit is egter nie alleen hul reg om die volk oor die veiligheidstoestand ingelig te hou nie, veral in ‘n tyd soos hierdie, maar ook hul plig.
Maar tog skort daar ‘n ding. Geloofwaardigheid? Omdat daar al te veel wolf - wolf geskree is? Dis ‘n vraag met ‘n te enkelvoudige antwoord.
En, buitendien, ‘n webwerf wat te veel wolf - wolf skree boet sy geloofwaardigheid in hierdie lewensbelangrike kwessie van volksveiligheid in. Die Afrikaner sit op slot van sake ook met onderskeidingsvermoë om die koring van die kaf te skei.
Kom ons gooi die vraag oor ‘n breër boeg vir groter perspektief voor ons ons op meer praktiese terrein waag...
Die Afrikanervolk is ‘n gelowige volk. Die meeste lede van ons volk noem hulself Christene.
In die politieke hoëdruk van veral die laaste twee dekades het daar, ons wil verklaar noodwendig, ‘n verskynsel gekom wat ons wil bestempel as ‘n “profetiese beweging”. Hierdie beweging wentel veral om gesigte en voorspellings van die Boere-profeet Siener van Rensburg.
So skerp staan hierdie mens wat byna ‘n eeu gelede gelewe het in ons hede geteken dat as die Afrikanervolk die genade sal smaak om ander kant hierdie donker tyd verby te kom Siener van Rensburg se naam baie moontlik helderder sal weerklink as die lewende leiers van ons dag.
Dit geskryf beteken nie dat ons ‘n standpunt ingeneem het vir of teen Siener van Rensburg of een van die vele vertolkers van sy gesigte nie.
Maar ons meen om tog ‘n woord van vermaning in algemene verband te rig: Pas op vir vuur in die gras uit naam van Oom Siener!
Die volk is snaarstyf-gespanne, hoe kan hy anders as hy daagliks sien hoe volksgenote op die wreedste denkbare maniere deur Swartes afgemaai word, andere en in hul honderdduisende veiliger oorde oorsee opsoek. Kennis moet neem van Swart oorlogs- en veroweringspraatjies, hulle by die bedelstand moes aansluit omdat hulle hul werk aan Swartes moes afstaan.
En tog. Wie gaan die perspektiewe wat Siener van Rensburg op ons dag bied as sommer net nog iets afmaak? Hier kom wysheid te pas, soos Johannes sy lesers in die Bybelboek Openbaringe maan.
As ons dan nou meer prakties oor volksveiligheid, en die moontlikheid van ‘n grootskeepse gewapende verset wil raak, waar begin ons?
Deur nederig te erken daar bestaan nie ‘n volksgetaakte instansie in 2011 om professioneel aan hierdie saak aandag te gee nie.
Kom ons waag ‘n gewigtige opmerking: Ons is van oordeel dat as daar wel so ‘n instansie sou bestaan ons as volk en met al die nodige formaliteite afgehandel in ‘n volskaalse wapenstryd betrokke sou wees.
Ja, so ernstig gaan dit met ons volksveiligheidsituasie. Die volk se veiligheid, nee die volk self, word daagliks blootgestel aan ‘n fisieke en geestelike uitwissingsvedtog. En niemand hoef vir die volk te sê wie die eerste en direkte bedreiging is nie: die ANC-regime.
Laat ons ten slotte ‘n vraag toe in ‘n haas onuitputlike reeks van oorwegings met betrekking tot gewapende verset:
Ons skryf oor gewápende verset...
En waar is hierdie wapens vir so ‘n gewapende verset dan?
U mag ‘n ent in hierdie verset kom met u handwapens, daardie jaggeweer, heldedade verrig, bresse teen die vyand slaan.
Maar wat sal die aanbeveling wees van ‘n verantwoordelike en ingeligte groep militêr-ingestelde volksmanne wanneer hulle, kom ons noem maar een aangeleentheid, wapenslaankrag van ons en die vyand oorweeg wanneer die hitte nou te veel raak nadat die 'parlement' geopen het, of Mandela gesterf het, of...?
U antwoord daarop, maar hoe anders? Ons volk word dan uitgewis?!
Die gevaar, dis nou in hierdie stadium van ons volksveiligheidspraatjie, is dus ‘n dooiepunt. Ook verwyte. U weet mos. Beskuldigings dat F.W. de Klerk ons totaal weerloos, sonder ‘n weer- en polisiemag aan ‘n terreurbende en Donker Afrika uitgelewer het.
Die kans is goed dat hierdie verwyte al deur baie skerpsinniger kommentators as ons gemaak is. Hoe nou egter verder?
Daar bly nou net een veiligheidsbasis, en dit is ons geloof as Geloftevolk van God binne hierdie Gelofteland. As ons dít versaak, is dit verby met ons volk. Pleit dan in opregtheid dat Hy genade sal betoon teenoor hierdie klein volkie wat in geloof en met niks anders smeek om oorlewing, veiligheid en vrede vir ons nageslag.