KRIEWELKOP
Die Afrikanervolk is vandag verkneg, verneder en verarm in sy eie vaderland. Een van die groot oorsake waarom hy nie die verraad van sy sogenaamde volksleiers kon keer nie is dat hy vir homself nie die grense bepaal het waaroor hy moes geweier het om te stap nie. Indien die NP se verraderlike pad met die volk betyds blokkeer is voordat die grens vir prysgawe aan 'n lafhartige Swart kommunistiese party oorgesteek is, het nagenoeg twee mijoen van ons volksgenote nie vandag in vreemde lande veiliger hawes gaan soek nie; dan het daar nie amper agthonderd-duisend verarmde Blankes soos plakkers in die oop ruimtes skuiling moes soek nie; dan is daar nie sover reeds drie en 'n half duisend Blanke boere op hulle plase vermoor nie; dan was ons landsgrense nie oopgegooi vir vyftig miljoen honger Swartes van ander Afrikastate wat nou vryelik hier moor, roof, verkrag en plunder van die min wat nog van die Witman oorgebly het nie. Ek veroorloof my om hierdie dinge te sê omdat ek glo ons volkgenote weet nie meer hoe lyk die grense wat van ons voorouers die besitters van hierdie land gemaak het nie, daarom dié ellendige toestand vandag.
Omdat 'n volk bestaan uit individue wat gesinne vorm, wat weer kultuurgebonde gemeenskappe uitmaak en gesamentlik 'n volk genoem word, is dit dus individue se plig om die regte grense daar te stel waaroor elkeen moet weier om te stap, want dít is die grense wat uiteindelik die volk se grense word om hom te beveilig en te bewaar. Indien hierdie begrensing nie skerp en duidelik is nie kan 'n volk nie staande bly nie, soos wat met die Afrikanervolk gebeur het.
Waar begin ons as ons die pad na herstel wil aandurf? Vir my is dit baie duidelik dat daar eers intensiewe opvoeding van die individu moet plaasvind voordat ons weer as volk in staat sal wees om ons land waardig te wees; selfs sou daar 'n wonderwerk plaasvind om aan ons hierdie land terug te besorg sal ons nie weet hoe om dit te behou nie en sal dit binne afsienbare tyd weer in die hande van ons vyande terugval.
Dit is ook vergesog om te dink dat die opvoeding aan die werklose, daklose, verarmde deel van ons volk gebring kan word wat groter onmiddellike nood en behoeftes het. Net so min sal ons daarby baat om die vervreemdes en verjaagtes in ander lande te wil gaan opvoed. Wie bly dan oor? Daar is tog nie sprake van iemand anders as diegene wat hulself as belese intellektualiste ag nie, onderwysers, dokters, predikante, sakemanne, boere, alle potensiële volksleiers, met ander woorde die kern van hierdie volk, dié mense wat die res moet lei na herstel en volksherlewing.
En ek verstout my seker nie as ek meen dat ons juis in die huidige gemors verkeer omdat hierdie room van ons volk oningelig was oor waar daardie grens was wat ons nie moes oorgesteek het voor 1994 nie. Indien ook elkeen se eie grense in plek was sou hulle bedag gewees het op die rigting van die volk. Of was hulle bewus daarvan maar net te papbroekig om NEE te sê? In alle gevalle wil ek weer sê: selfs al val hierdie land vannag uit die hemel in ons skoot, is dit oormôre terug in vyandelike besit as u nie weet waar en hoe om daardie grense te trek en te eerbiedig nie. En moenie vir "die volk" wag nie, daar is nie " 'n volk" wat dit moet doen nie, dit is u en ek wat dit moet doen. Ű en ek is die volk, en voordat ons weer 'n heel volk kan word moet ons sorg dat elkeen van ons kulturele waardes weer in plek kom, dit is wat grense-trek behels. Eers dán sal ons gereed wees om weer ons vaderland met waardigheid te behou indien ons so bevoorreg is om dit dalk nog eenmaal terug te kry.
Natuurlik is onsigbare eiendomslyne en verantwoordelikheid nie so maklik om af te baken as fisiese grense waarvan u die kaart en transport besit nie. In die geestelike wêreld is die grense so reëel maar dikwels moeiliker om waar te neem en wanneer hierdie grense wat in werklikheid jou siel definieer geminag word, kan jy nie bewaar bly nie. Grense omskryf ons, hulle bepaal wat jy is en wat jy nie is nie. 'n Grens baken die plek af waar jy eindig en iemand anders begin, dit om vir jou 'n sin van eienaarskap te gee. Dit perk jou nie in nie maar besorg jou juis vryheid om te weet wat jy moet besit en waarvoor jy verantwoordelikheid moet aanvaar. Deur verantwoordelikheid te aanvaar word ook verskeie opsies moontlik gemaak; andersins word ons keuses baie beperk.
Grense wys ons ook nie net wat ons verantwoordelikheid is nie maar help ons bepaal wat nie ons eiendom is nie. So is ons byvoorbeeld dan ook seker waarvoor ons nie verantwoordelikheid hoef te neem nie. As ons hierdie onderskeid geken het sou ons volk hom nie so maklik om die bos laat lei het deur valse skuldgevoelens oor apartheid en sogenaamde rassisme-teorieë wat aan ons opgedis is nie. Dan sou hy geweet het dat hy nie verantwoordelik is vir die 'agtergeblewenes' en hulle tekortkominge nie.
Ons lees in Galasiërs dat elkeen rekenskap sal moet gee oor wat hy gedoen het. Soos wat elkeen verantwoording sal moet doen, só sal elke volk ook die gevolge van sy begrensing dra. Dit doen die Afrikanervolk op die oomblik vir swak begrensing van sy volksbesit, 'n baie swaar drag tans. Is hy in staat om iets hieruit te leer om homself in die toekoms duideliker te begrens en homself daardeur te beskerm?
Is ons leiers bereid om al hulle grense self reg te trek sodat hulle ons volk kan opvoed om op te staan uit die asse van onderdrukking, dat ons ons land nie net terugneem nie maar dit hierdie keer vir ons nageslag sal behou en beskerm binne daardie grense?