EN NÁ MANDELA ...

KRIEWELKOP

Daar is reeds soveel keer WOLF-WOLF geroep oor verwagte anargie in die land waaronder die "Nag van die langmesse" waarvoor Blankes vir hulle lewens vrees, dat dít wat nou nog gesê kan word seker nie ernstig indruk sal maak nie. Is dít nie presies waarteen Siener gewaarsku het toe hy gesê het dat die aanbreek van die smeltkroes baie onverwags sal kom nie? Want aan verwagte gebeure kon nie datums gekoppel word nie en gerustheid tree mos maar met gewoonte in;  almal is nou gewoond aan periodieke noodoproepe terwyl nog niks te traumaties plaasgevind het nie. En nou dink ons dit sal nooit gebeur nie. Die Kommuniste noem dit breinspoeling, daardie ding waarmee die Afrikanervolk in 1994 oorrompel is.

En nou is die laaste paar Blankes in die land in hierdie posisie terwyl Nelson Mandela ernstig siek in Milpark Hospitaal in Johannesburg lê.

Die publiek word belieg met die storie van 'n  "roetine ondersoek" terwyl al wat 'n Mandela-familielid is opdaag om van hom afskeid te neem. Selfs die weermag is ontplooi. Talle ander tekens dui ook daarop dat dit hierdie keer nié  'n "roetine-ondersoek" is nie.  Maak 'n hospitaal elke keer met roetine-ondersoeke spesiale onderdak-voorsiening vir al Mandela se familielede se voertuie?  En wys die media op TV spesifiek hoe die ambulans met Mandela arriveer terwyl hy stilletjies met 'n helipkopter soontoe gevlieg is?  En doen die SAP se spesiale beveiligingspanne elke keer diens by die hospitaal waar Mandela ondersoek word? Dit is wat gister op 26 Januarie gebeur het. En steeds word die plaaslike media verbied om hulle neuse hierin te steek terwyl die nuus op internasionale kanale nog erger gesensor word.

Mandela het blykbaar 'n ernstige longinsinking die afgelope dae beleef en dit kan wees dat hy effens herstel en nog 'n tydjie oorleef maar hy is amper 93 jaar oud, swak en gedaan. Wat dus nie more en oormore gebeur nie, gebeur net daarna.

Die dreigement dat die Swartes net na Mandela se begrafnis 'n moordtog op die Blankes in die land sal probeer uitvoer moet nie ligtelik geneem word nie, daarvoor is daar genoeg getuienis. Ons staan op die rantjie van die grootste rassebotsing wat die wêreld nog ooit gesien het, iets wat net deur God beheer en gestop kan word, en as Hy nie ingryp nie sal daar van die Blanke in hierdie land nie een oorbly nie.

Die vraag is: gaan ons rustig sit en wag dat Mandela "ontslaan word na sy roetine-ondersoek" soos wat daar van ons verwag word?  Of is ons besig met daardie finale voorbereidings waarvoor ons weet dat dit NOU die tyd is? As ons  glo wat die HERE vir ons in Lukas 21 vertel, sal ons weet dat ons noú aandag moet gee aan wat rondom ons aan die gebeur is.

Ons moet deurentyd gereed wees. Kry u veiligheidsomstandighede in orde maar bo alles, kry u geestesingesteldheid reg. Sonder 'n goeie verhouding met die HERE sal u nie hierdeur kom nie; slegs Hy kan ons daardie leeuehart gee waarmee ons sal oorleef en ander sal moet bystaan en bemoedig.