GEEN 'F' VIR MUSEWE

Kriewelkop

"Ek pleit by alle swart middelklas Suid-Afrikaners om die leuens te beveg; die leuen dat om blankes se eiendom te vat welvaart sal meebring; die leuen dat swartes daarop geregtig is om te vat wat nie aan hulle behoort nie. Dit is alles leuens en werk nooit in die praktyk ten goede nie; inderwaarheid vernietig dit alle vooruitgang soos ons hier in Zimbabwe gesien het. Daar is niks wat harde werk en geduld kan vervang nie! Die arm swart massas in Suid-Afrika gaan hulself tekort doen as hulle Malema se valse beloftes glo en uitvoer. Hier in Zimbabwe het daar niks van al die beloftes gekom nie en het die swart massas reguit teruggekeer na hulle armoede nadat die swart politici oorgeneem en hulself alleen verryk het."

Dit is die woorde van Vince Musewe, 'n baie swart ekonoom in Harare wat by swart Suid-Afrikaners pleit om Malema en sy uitgangspunt te beveg.

Musewe het opsigtelik nie 'n F op skool gekry nie. Sy insig spreek helder uit sy mening dat 'n land se grootste vyand die klomp swart politici is wat die massas opsweep om goedere te versamel waarvoor hulle nie gewerk het nie om hulself dan daarmee te verryk. Musewe praat openlik oor Malema se gevaarlike poging om die swart massas tot gewelddadige opstand op te lei met die belofte dat hulle alles van die witman mag inpalm.

Volgens Musewe het die swart massas nie die vaagste benul hoe om 'n ekonomie gesond te hou nie. Sou hulle in Suid-Afrika doen soos in die ou Rhodesië deur die witman te verdryf, verval die hele land se ekonomie in 'n kort tyd en verhonger die swart gepeupel. In Zimbabwe besit onder andere van die mees vooraanstaande chefs talle van die eens vooruitstrewende voedselplase wat tevore aan blankes behoort het, maar kan hulself nou nie eers daaruit voed nie wat nog te staan massaproduksie voortsit soos die blankes dit gedoen het. In 2013 is daar 2 miljoen swartes wat besig is om te sterf van verhongering terwyl die meeste staatsinstansies deur die swart politici ten gronde gaan as gevolg van die belaglike groot salarisse en 'byvoordele' wat hulle daaruit put – klink dit bekend hier met die huidige Suid-Afrikaanse regering? Pravan Gordhan se uiteensetting gister in die ANC-parlement om die soustrein te rem, dat die regeringsamptenare voortaan nie meer al die 'byvoordele' gaan kry nie om só die ekonomie te bevorder, sou sekerlik 'n stap in die regte rigting wees indien die ANC ook wetstoepassers was en nie net wetsinstellers nie.

Musewe meen dat die swart massas slegs goeie werk met goeie salarisse en goeie behuising benodig, nie grond of besighede of eiendom wat hulle nie kan bestuur nie. Alleen dan kan daar vooruitgang in 'n land se ekonomie wees. As 'n land totaal in duie wil stort moet hy ou Rhodesië se voorbeeld volg, presies wat Malema en kie nou in Suid-Afrika predik: om die witman se grond en eiendom in te palm.

Of Malema en sy meelopers gekeer gaan word sal ons maar moet sien. Intussen bly die stelsel hier en in Zim dieselfde, net die tydsone verskil: Terwyl Mugabe na New York vlieg om weer nuwe Mercedese vir hom, sy ministers  en die gate in Harare se paaie te gaan koop, is die verhongerde swart massas besig om te dobbel en te drink reeds van voor tien in die oggend met die laaste dollar in die sak. Daarna word daar geplunder en gemoor vir die volgende dollar want daar is nie 'n baas vir wie gewerk kan word en die ekonomie stimuleer nie.

Sal Suid-Afrika die hele pad moet stap soos Rhodesië dit gedoen het?