HOU OP TYD MORS OP ZUMA!

KRIEWELKOP

Aanvanklik het ek gedink geen ingeligte mens lewer kommentaar op Zuma se goedkoop manier van stemwerwing nie want dis mos maar eie aan sy kultuur. Wat kan dan nou nuuswaardig daaromtrent wees? Dis mos nie die eerstemaal dat dié Swart Afrikaleier stemme vir die ANC probeer werf deur met die hel te dreig nie. En in wese is die hel vir sy nasie nie juis 'n bedreiging nie.

Zuma het die vorige keer selfs Angus Buchan se hulp ingeroep wat toe aan sy duisende toehoorders gepredik het "God sê julle moet gaan stem." Hy kon netsowel sy sin voltooi het met "...want anders gaan julle hel toe." Want ons moet God mos gehoorsaam wees. Wat is die verskil tussen wat Buchan gesê het toe almal vir hom handegeklap het, teenoor wat Zuma nou gesê het – so stukkie partypolitiek?

Maar hoe langer die bohaai aanhou hoe meer verstom staan mens oor die talle hewige reaksies, mens sou sweer die lawaaimakers het gedog die ANC-president is 'n gelowige Christen wat nou skielik 'ontbloot' is. Die media se vrotsige humor met koerantopskrifte soos 'Liewe hemel, Zuma!' en 'Kerke is die hel in' slaag ook nie juis daarin om aan Afrikaanse lesers die voordeel van 'n redelike intelligensie kwosiënt te kan toereken nie want al die snert word gekoop.

Maar die kersie op die koek is die ontstelde ou ds Cassie Aucamp wat 'n amptelike verskoning in die openbaar van Zuma 'versoek'. Nogal versoek nê!  En al wat die ou Zoeloetjie gesê het is: "
“Wanneer jy vir die ANC stem, kies jy ook om hemel toe te gaan. Wanneer jy nie vir die ANC stem nie, kies jy daardie man wat die vurk dra ... wat mense gaarmaak. Wanneer jy ’n ANC-lidmaatskapskaart dra, is jy geseënd. Wanneer jy daar bo kom, word verskillende kaarte gebruik, maar as jy ’n ANC-kaart het, sal jy na die hemel deurgelaat word.” Is dit vreemd komende van hom? Dink ds Aucamp en Kie werklik die vorige verkiesings is anders gevoer? Hy kan gerus vir daai bordeelregter Kriegler gaan kuier. En dink ds Aucamp as Zuma so bespotlik sal wees om wel verskoning te vra vir beoefening van sy kultuurerfenis dit dan die stemmery in die 'reine' sal stel? En as Zuma nie verskoning vra nie wie is dan bespotlik? Of probeer Aucamp dalk Zuma se siel red?

Nou lyk dit of ek maar kommentaar moet lewer:
Vir Aucamp wil ek sê: Los! Jy mors jou tyd dominee.
En vir die media wil ek sê: Julle klink al net so onnosel as wat julle die Afrikaners voor uitmaak.
Vir die DA, IVP, VF+, UDM, ACDP en CDP wat soos gewoonlik almal kosbare tyd en energie op sulke uitlokkende strategie van die ANC gemors het sê ek onomwonde: doet so voort!
Maar vir die Afrikanervolk wil ek graag sê: hou op om julle energie te mors op sulke twak, daar is werk om te doen, die tyd is min. Gebruik julle verstand en vermoë om julself paraat te kry, te beveilig na liggaam en gees. Want hierdie verkiesing gaan wel so bietjie anders verloop as voriges...