Almal is al amper tot vervelens toe ingelig oor Zuma, die ANC-president en sy kabinet se spandering aan persoonlike bevoordeling waaronder Nkandla, sy persoonlike woning in Natal waaraan miljoene rand onregmatig bestee is.
Natuurlik het dit alles met integriteit te make, 'n begrip wat net in sekere volke se gene sigbaar is. Dit is ook 'n begrip wat in die hande van invloedryke persone met groot verantwoordelikheid tot uitvoer gebring moet word om skandes en skades te voorkom.
Hiervan is daar 'n pragtige voorbeeld in die tyd toe dr HF Verwoerd Eerste Minister van Suid-Afrika was, en 'n onbevlekte aanduiding van waarom hy die land in so 'n kort tydjie tot een van die mees vooruitstrewende lande ter wêreld kon ontwikkel.
Dr Verwoerd was streng wat staatsfinansies betref het. Hy sou sy eie en kabinetslede se gerief op die agtergrond plaas wanneer dit by spandering van belastingbetalersfondse gekom het. So 'n voorbeeld is die keer toe die Groote Schuur-woning waarin hy gewoon het, se dak gelek het.
Dieselfde het gebeur toe die Persiese matte in die huis in 'n erg verwaarloosde toestand was. Om dit behoorlik te laat herstel, moes die matte oorsee gestuur word en dit is 'n duur proses. Weer het dr Verwoerd ingegryp en gesorg dat dit oor 'n periode van twee jaar gedoen word. Hy was nie suinig nie, maar spandabelheid kon hy nie veel nie.
'n Goeie voorbeeld van sy vermoë om kabinetslede in toom te hou, was die geval van 'n sekere ministersvrou en haar pers bekleedsel. Ministers het sekere voorregte gehad wanneer hulle verhuis. Die woning is natuurlik nuut geverf en matte, gordyne en meubels kon vervang word. Die Departement Openbare Werke was daarvoor verantwoordelik en het gewoonlik die minister en sy vrou se wense uitgevoer. Maar daar was gevalle waar dit nie werklik nodig was nie omdat die bestaande ameublement feitlik nuut of in uitstekende toestand was. Dit was ook hier die geval, maar haar edelagbare het gevra dat die sitkamer se hele kleurskema na haar smaak verander word. Hierdie was moontlik die eerste versoek vir spandabelrigheid in parlementêre geledere onder dr Verwoerd as Eerste Minister, en toe hy dit agterkom, het hy besluit om dadelik te keer dat daar voortaan onnodige uitgawes onder parlementslede sou plaasvind. Nuwe regulasies is onmiddellik uitgevaardig en daarna is daar minder bestee om persoonlike giere en grille te bevredig.
As integriteit nié 'n genetiese saak was nie maar aangeleer kon word, sou dit ons land gebaat het om dr Verwoerd as voorbeeld vir ander staatsleiers voor te hou...