SA SE EMMER BLOED

Kriewelkop

Met die sirkus wat Malema nou in die ANC-parlement ontketen, word dit weer tyd om in oënskou te neem in watter fase ons land en ons volk tans verkeer.  Mens kan nie anders as om te onthou dat Siener van Rensburg voorspel het dat die emmer bloed in Suid-Afrika sal omval kort nadat die parlement weer in sitting gaan. Hierdie sitting sou die een wees net ná twee uitsonderlike reënseisoene, en dit sou ingelei word deur grootskaalse plaaslike stakings en die begin van groot probleme oorsee. Met Rusland en nou ook Amerika se nuutste waagstukke pas dit alles baie goed in die geheelprentjie. Klink dit dan nie of ons nou van die regte parlementsitting praat nie?

Mnr Jaap Marais het ook dikwels gesê dat die fase van groot geweld tussen die Swartes self sal begin en dan na die Blankes sal oorspoel. Malema wat gister ná net drie dae in die parlement met al sy kamerade daar uitgehelp is, het met sy optrede daar deurlopend hierdie voorspelling bevestig. Sy laaste skellery op die ANC oppad uit was onbeheerste dreigemente met woorde soos "murderers, murderers!"  Hierdie is nie die laaste wat ons van die Swartstryd gaan sien nie, soos ons ook nog net die begin van landswye, verlammende stakings gesien het waaronder Rustenburg en omgewing wat reeds hulpbehoewend in die proses verarm het.

As 'n mens Siener van Rensburg se profesieë  oor Suid-Afrika bestudeer,  besef jy dat hy nog altyd in die kol was. En al ignoreer die media dit, al trap die magtige Geldmag reeds met sy pote op ons nek, sal dit niks kan verander  aan wat die ou Boereprofeet gesê het nie.

Volgens Siener, sou  die geskiedenis van die Afrikanervolk  in Suid­-Afrika in drie fases verloop:

  1. Ten eerste was daar die militêre fase wat vanaf 1834 tot 1914 gestrek het -  gedurende  hierdie tydperk is elke bedreiging  of konflik  waarvoor die volk te staan gekom het, met die vuurwapen  besleg. Maar op Maandag 25 Januarie 1915 het die Siener op Upington  aan genl. Jan Kemp  gesê:  Ons (die   Afrikaner  se) werk is afgedaan, want ek sien ons gewere word in die kas weggepak.
  2. Daarmee het die militêre fase tot  'n  einde gekom  en is die politieke fase ingelui. Die ware Afrikanerpatriot  sou ook nie weer in groot getalle  die wapen  opneem  voordat  sy laaste vryheidstryd aan  die  einde  van  die  eeu  aanbreek  nie.  Die politieke fase  het gestrek vanaf  1914 tot en met die 1994- verkiesing  toe dit finaal afgesluit is. Hierna,  sê die  Siener,  sou  selfs  die  eens  magtige Nasionale Party van die toneel verdwyn,  en sal daar ook nie weer 'n Algemene Verkiesing  plaasvind  nie, want  hy  'sien'  hoedat  'n Swart regering  die regeermag  oorneem  en oor sy volk heers totdat daar 'n  Blanke  geestelike leier op  die  toneel  verskyn   om  die verdeelde Afrikanervolk  weer bymekaar  te bring.
  3. Hierdie  geestelike leier verteenwoordig  dan ook van die derde en laaste fase vóór die Afrikanervolk   'n vrye en onafhanklike  republiek  gaan kry. Nicolaas van Rensburg het gewaarsku dat die onafhanklike republiek se koms voorafgegaan  sal word deur 'n donker tyd waar jy nie jou hand voor jou  oë sal kan sien nie. Tog sou dit, volgens die Siener, vir die opregte Afrikaner  wat 'weet',  nie so donker wees soos vir hulle wat nie 'weet'  nie en met al die veranderinge  saamgestem of daaraan meegedoen het. Hy het dit so aan sy vriend, Boy Mussmann,  beskryf:  
    "Ek sien 'n emmer bloed in die noorde (Pretoria,  Johannesburg en die Vaaldriehoek)   omval -    groot geweld waarin honderde sal sterf." Hy het verder ook beskryf  dat hierdie geweld so skielik en onverwags  gaan losbars, dat duisende  Blanke vroue halsoorkop  en verskrik op die vlug gaan slaan. Daar was skynbaar by hom min twyfel dat hierdie Gees van Verskrikking hoofsaaklik  onder  die  liberaalgesindes  gaan  voorkom.  Die 'donker wolke' sal ook saamval met die grootste staking  in die land, het die Siener voorspel;  Dan sal daar groot moeilikheid wees met die Swartes en die Indiërs, behalwe ook vir die groot moeilikhede oorsee (rassekonflik   en burgeroorloë).  In verband met die Swartmoeilikheid het hy gesien die vroue vlug. Hul het nie eens tyd om hul vensters toe te maak  nie. Die gordyne waai na buite, het hy gesê.

Tog het Siener sy volksgenote aangespoor om nie mismoedig te raak nie, en aan te hou veg, al moet hulle  ook met die rug teen die muur veg, want hy het gesê hy sien hulle kry daardie vrye en onafhanklike  republiek,  sonder  'n pennie  skuld en sonder dat 'n druppel bloed gestort word. Toe daar aan hom gevra is of hy dan uit twee  monde  praat,  want  eers  sê hy daar  gaan  'n  emmer bloed  omval  en baie gaan sterf, en nou sê hy weer  daar sal nie 'n druppel  bloed gestort word nie, het die Siener geantwoord:  "Maar ek het mos gewaarsku dat dit sal wees soos 'n Tweede Bloedrivier...  van almal wat binne die Laer is, sal nie een sterf nie, maar dis hulle wat buite is, wat gaan val."

En toe  'n vriend  van hom wou weet waar  die volk dan hierdie keer gaan Laer trek, was oom Niklaas  se antwoord:  "Nee, julle  sal nie weer Laertrek soos by Bloedrivier  nie, want die ding werk so: almal wie se harte reg is, wat nie meegedoen het aan die oorgawe nie, vir hulle sal dit wees asof hulle  in die Laer is ... in God se beskermende Hand.  Maar julle  gaan  tog  daar  by  Prieska  saamtrek  om  'n  eie president  te kies..."

Hier breek dan ook ‘n tyd van grootse  ellende  en vernedering  vir die volksverraaiers aan. Siener het destyds  het aan genl  De la Rey se seun, Adriaan,  vertel hy sien hoedat hulle in wanhoop  en met trane in die oë op hulle knieë neersak.  En toe het hy bygevoeg: "Dan sien ek, jy en ek het ook trane in ons oë." Waarop die jong De la Rey antwoord  dat hy nooit 'n traan oor een van die verraaiers sal stort nie. Toe was die Siener se antwoord:  "Nee, broer; dis trane van blydskap omdat God ons nie verneder het soos vir hulle nie."

En uiteindelik sal ons ook van die Geldmag se katarms verlos word. Juis wanneer hulle dink hulle het hierdie volk nou finaal  ondergrawe,  sal hulle, volgens die Siener, self in die proses verpletter  word. Hulle ekonomieë sal in duie stort  - hulle eie lande in rook en as opgaan - en die dekades van beplanning om God se volk te vernietig,  sal aanstons  soos die oggendmis verdwyn.