NOG 'N ONTWAPENINGS- VELDTOG TEEN BLANKES

Kriewelkop

Laaste fase van rewolusie kom nader...

Vir die wat die regte storie wil hóór:

In Amerika gebeur dit telkens dat wanneer 'n aanslag op die publiek se wapens gemaak moet word om dit te verminder,  'n publieke figuur of plek sorgvuldig uitgesoek word om die voorwerp van die dramatiese toneel wat sal volg, te wees.  Dan word die persoon/persone met vuurwapens onder duistere omstandighede vermoor en die regering maak 'n yslike ophef daarvan – in teenstelling met die alledaagse moorde wat gewoonlik nie hoofnuus haal nie.  En daar word gewoonlik 'n geweldige bedrag deur die staat/polisie uitgeloof vir inligting wat tot in hegtenisname kan lei van die "veragtelike moordenaar/s" van dié bekende en "beminde" figuur wat so harteloos om die lewe gebring is.  Maar gewoonlik word die "skuldiges" aangekeer sonder dat iemand die groot som losgeslaan het.  En wanneer die emosies oor die moord op sy hoogste is soos by die begrafnis waar duisende begrafnisgangers gewoonlik opdaag, word die publiek emosioneel afgepers om hulle wapens in te handig aangesien dit "sulke wrede onregte soos hierdie veroorsaak".  So was daar in die VSA selfs 'n geval  van 'n kleuterskool wat moes deurloop om die publiek oor te haal om weer 'n slag in rye te staan om hulle wapens in te handig – een van die briljantste planne óóit want om in elke nuusbulletin te sien hoe 'n klomp kleutertjies deur geweervuur afgemaai word ruk aan menige harte; en toe stáán die publiek weer in lang rye om wapens in te handig.

Senzo Meyiwa, die Bafana Bafana-kaptein wat Sondag aan die Oos-Rand doodgeskiet is, was 'n bekende en "beminde" figuur.

  Hy is onder duistere omstandighede vermoor; die vrou in wie se arms hy gesterf het is glo nie meer welkom by Senzo se familie nie want hulle glo sy het iets met die moord te make aangesien sy hulle nie eers daarvan in kennis gestel het nie.

Die geweldige bedrag wat deur die polisie uitgeloof is vir inligting wat tot inhegtenisname van die moordenaars kan lei sal nooit oorbetaal word nie. Mens hoef ook nie te wonder waarom daar nie vir ander moordsake sulke somme geld aangebied word nie.

Die ophef wat van Senzo se moord gemaak word, word alles in een rigting gemanipuleer: wapens wat ingehandig moet word. Natuurlik word die woord "onwettige" wapens daarby gevoeg maar iedereen weet dat niemand ooit onwettige wapens inhandig nie; en dat net Blankes hulle wapens ingee. So sal ook die 5000 polisiewapens wat hulle onder hul makkers uitgedeel het en nou kwansuis verlore is, nooit gevind word nie.

’n Standbeeld moet nou glo vir die vermoorde Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa by die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) se hoofkantoor opgerig word – en dié standbeeld moet gegiet word uit gesmelte onwettige vuurwapens.

“Hoe meer onwettige vuurwapens ingehandig word, hoe groter sal die monument kan wees,” het Danny Jordaan, SA sokkerbaas, gesê asof hy met kinders praat.  Jordaan het ook die belaglike voorstel gemaak dat die Vuurwapenwet herdoop word na die Senzo Meyiwa-vuurwapenwet.

Die goedvoorbereide optrede van verskeie staats- en openbare figure tydens 'n roudiens was opsigtelik.  Fikile Mbalula, minister van sport het in sy toespraak Suid-Afrikaners bedank vir die wyse waarop hulle die polisie help in die ondersoek na die moord op die Bafana-kaptein – 'n subtiele aanmoediging om te reageer op die oproep om hul wapens in te handig. En minder subtiel: “We must consolidate our resolve as a nation to clean our streets of criminals, and let us not celebrate criminals. Let a criminal remain a criminal and not a role model.”   Daar is selfs 'n fluitjie vir elke wapen wat ingehandig word aangebied met die voorstel dat almal op hulle fluitjies moet blaas om die wêreld se aandag op misdaad te vestig.  “Doen dit wat julle nou vir Senzo doen, ook vir ander Suid-Afrikaners sodat ons van misdaad ontslae kan raak,” het Mbalula gesê. "Suid-Afrika sal nie rus voordat die moordenaar(s) van Senzo vas is nie.”

Ten minste is 'n gedeelte van die laaste stelling die waarheid:  Suid-Afrika gaan nie rus nie. Nie voordat die Blankes weer in ellelange rye staan om hulle wapens in te handig nie.

Dan moet daar ook onthou word dat hierdie ontwapeningspoging nie om dowe neute beplan is nie.  Die tyd vir afhandeling van die laaste fase van rewolusie in Suid-Afrika speel by die fluitjieblasers van hierdie plan, 'n baie bepaalde rol.

Gaan u toelaat om sonder wapens op u knieë gevang te word wanneer die swart massas op u neerdaal?