EN ONS LY STEEDS VOORT...

Die wyse pres. Abraham Lincoln het op 15 Augustus 1862 die Neger­leiers in die Wit Huis te woord gestaan en aan hulle gesê:

"Julle en ons is van verskillende rasse. Ons het tussen ons 'n breër ver­skil as wat tussen vrywel enige ander twee rasse bestaan. Of dit reg of ver­keerd is, hoef ek nie te bespreek nie, maar hierdie fisieke verskil is 'n groot belemmering vir ons albei, aangesien ek dink julle ras erg daaronder ly, waar baie van julle onder ons woon, terwyl ons ly weens julle teenwoordig­heid. Met een woord, ons ly aan albei kante. As dit toegegee word, is dit minstens 'n rede waarom ons geskei behoort te wees".