Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar's 'n spreekwoord wat lui: 'Jy is nie wat jy dink jy is nie; jy ís wat jy dink.' Dit is so dat mens absoluut gelei word deur sy gedagtes. Daarom moet jy dit inspan om jou lewe reg te bestuur. Wat jy nie kan wegdink nie, moet jy regdink. Jy moet leer om gedagtes vol krag te skep wat vreugde en vertroue kweek en waarmee jy kan inskakel op golflengtes wat jou lewe positief beïnvloed.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (24)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
Mkhwanazi’s assertion that all "illegal guns were once licensed" is also patently false. The extensive degree of cross-border smuggling of firearms is well-documented. As are the losses from SAPS stores and stocks via corruption and criminal capture of the organisation. Fully automatic weapons are frequently used in major crime, notably cash in transit robberies. These automatic weapons are not permitted to be owned, licenced or held by citizens, they arguably, illegally stream across our porous borders or are obtained from the SANDF or SAPS themselves.
*
Dozens of children were among the fighters who attacked. A 13-year-old who had been missing since a January 10 attack in Mucojo was carrying a big gun & ammunition belt, acting like a confident big man.
“I kept wondering how he became a fighter like that in just 4 months.”
*
Data shows that the State is by far the biggest conduit of firearms into criminal hands. The evidence and cases continue to mount up, from the Cape to Northwest province and back again. For example, in the 2004 case involving burglary at the Police Public Order Unit’s Faure armoury near Cape Town, gang insiders asserted that they had long identified the State as the easiest way of sourcing guns in bulk rather than individually through suburban burglaries. So, on this fact alone, until this significant SAPS-related problem is addressed, we will continue to lose the battle against violent crime.
*
“Uiteindelik sal ons die hele staatsopset moet aanpas. Hoe klink ‘Die Federale Staat van Suid-Afrika’ vir jou?”
“Met nege federale state wat een republiek uitmaak, soos in die VSA?”
“Ek sou eerder dink aan vier state of provinsies soos dit voor 1994 was, maar ja, en elkeen met sy eie grondwet, polisiemag, inkomstediens, regering en amptenare.”
“Dit sal nie werk nie.”
“Waarom nie?”
“Kyk, maar mooi, die Wes-Kaap en in ‘n mate KwaZulu-Natal wou afstig of sesessioneer as jy wil, maar dit het nooit gebeur nie.”
“Dis omdat die land voor die tyd in hierdie distopiese toestand verval het.”
“Nou goed, as jy so wilsê. Maar hoor mooi wat ék vir jou sê. Selfs as ‘n mens dit deurgevoer sou kry, sal dit net ‘n kwessie van tyd wees, dan het sekere gedeeltes of state groot vooruitgang en sukses, met die ekonomie wat herstel, paaie en spoorweë, veiligheid en met eie elektrisisteitsopwekking, hospitale en alles nodig is, terwyl die buurstaat in armoede voortploeter onder ‘n soort van ANC-streep-koalisiebewind. Binne maande begin ‘n migrasie vanaf die mislukkings na die voorspoediges. In die VSA het tussen ses en nege miljoen mense die afgelope jaar gemigreer vanaf die blou na rooi state, met ander woorde, vanaf die Demokratiese, immigrantevriendelike state, na goed regeerde Republiekeinse state waar die onwettige immigrante nie welkom is nie. Selfs in New York is mense besig om die stad te verlaat. By ons sal dit niks anders word nie as die verskil tussen die ou tuiselandgebiede en die ou Suid-Afrika. Hoe gaan jy keer dat ons nie weer in dieselfde situasie as voorheen beland nie?”
“Amerika is anders.”
“Staatsgrondelik, miskien, maar mense is mense. Die Swede, wat baie progressiewe denkers is, selfs so erg dat hulle besighede soos Volvo, Sandvik, Delfos & Atlas Copco en ander uit Suid-Afrika onttrek het omdat hulle erg teen apartheid was en nie die kompleksiteite verstaan het nie, het immigrante uit Moslemlande en Afrika met letterlike oop arms verwelkom. Hulle was gewoond aan veiligheid en vrede en was geensins voorbereid vir die wreedheid en brutalitiet van die immigrante nie. Binne maande was Stockholm die verkragtingshoofstad van die wêreld, met vroue wat nie besef het waartoe hierdie manne in staat is nie en hulle mans was nie opgewasse om hulle vroue te beskerm nie. Denemarke het groot geskrik en het wetgewing deurgevoer om die immigrante te herpatrieer, met ander woorde om skeepsvragte van hulle terug te stuur na hulle land van herkoms.”
“Ek het dit nie geweet nie.”
“Swede was in die eerste helfte van 2024 op die randjie van burgerloorlog, met die Swede wat teen die immigrante begin terugbaklei het. Niemand weet waar hulle die vuurwapens gekry het nie.”
“Wat het toe gebeur verder met hulle – het hulle toe ‘n oorlog afgeweer gekry?”
“Ek weet nie. Ons het toe in ons eie geweldsituasie ingegaan.”
“Daar moet ‘n manier wees om af te stig.”
“Terug by ons situasie?”
Ja.”
“Jy kan tog nie grense binne ’n bepaalde federale staat oprig nie? So, daar is geen manier om die beweeg van mense na groener weivelde te stuit nie. Wat is die wetenskaplike woord daarvoor? Diffusie?”
“Tamar, jy het ‘n probleem vir elke oplossing.”
“Dis omdat ek blond is.”
*
Crasius, die Romeinse generaal in die tyd van Juslius Caesar, het tereg opgemerk, soos Sun Tzu, en ander minder bekende soldate, dat ‘n leër se grootste bate dissipline is. Net so is ‘n gebrek daaraan, die grootste vyand van ‘n bevelvoerder. Gedurende die Amerikaanse Vryheidsoolog het die Britse dissipline vrees in die harte van die Amerikaanse leër, oftewel die burgermag geplant. Hulle kon eenvoudig nie glo nie dat die linies van die Engelse, ten spyte van makkers wat links en regs van hulle val deur musketkoeëls en kanonne, steeds voortmasjeer.
Die verval in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het nie begin met ‘n gebrek aan fondse nie, ook nie noodwendig met ‘n oorswaar topstruktuur nie, maar met die verval van dissipline. Gewone soldate se menseregte het botoon gevoer teen die bevelstrukture. Vanaf onder-korporaals tot by generaals is woedend, gefrustreerd en magteloos daarteen.
Die eerste simptome van dissiplineloosheid steek sy kop uit met beddens wat nie behoorlik opgemaak is nie, ongestrykte uniforms, laksheid by hekwagte, rommel wat rondlê, kopdeksels wat windmakerig opgesit is, stewels wat nie meer blink nie, voertuie wat ongewas en met pap wiele buite die transportpark staan.
Aanvanklik het die opdraggewers hierdie tsunami van argeloosheid teengegaan, maar stukkie vir stukkie begin moed opgee, totdat hulle in wese hulleself begin onttrek het na onderoffisier of offisierskantiene en kantore. Sommige daag laat en in party gevalle glad nie op vir werk nie. Troepe wat op ASV gaan, word nie meer aangespreek nie, want dis feitlik onmoontlik om hulle afgedank te kry.
Die weermag, in al sy fasette, dit wil sê leër, lugmag en vloot, bloei rooibloed agv onkundigheid, en diegene wat oorbly is onbevoeg, onbekwaam en is niks anders nie as lywe wat ingevoeg word ten gunste van werkskepping.
Wanneer ‘n kompanie soldate die dorpie van Vuilbaardsvlei aanval, is dit met ‘n mengelmoes van uniforms, gebreklike voertuie en in baie gevalle ondiensbare wapentuig. Die bevelvoerder, tot ’n wyle gelede ‘n kaptein, het homself nou die rang van kolonel toegeëien en hy het geen bepaalde plan nie, anders as om ‘n blatante en openlike aanval te loods met die toegangspad as roete en die bevel om in te storm en alles te skiet wat lewe.
*
Die konvooi het aangegroei vanaf twee na ses voertuie. Die Land Cruiser is weer heel en aan die gang.
“Jy dink aan iets wat jou kwaad maak.”
“Hoekom sê jy so?”
“Ek is ‘n vrou en ‘n soldaat, maar ek weet die een en ander van mense. Ek kan sien aan die trek om jou mond en die saamtrek van die spiere in jou onderkaak dat jy oor iets ongelukkig is.”
“Ja, jy is reg. Ek dink maar daaraan dat mense met bymotiewe ander mense se lewens ruïneer en hulleself dan nog verontskuldig.”
“Dink jy nie soms dat jy maar by hulle bende moes aanluit nie?”
Arno bly lank stil. Die roete is moeilik en verg baie konsentrasie. Hulle moet oor die berg ry en soms is die effense tweespoorpaadjie amper onsigbaar. Groot klippe tussen die lang gras lê en wag vir ‘n oliepan of ewenaar wat stukkend geslaan kan word vir die bestuurder wat nie aandag gee nie. Daar is ook versteekte gate en slote wat, as ‘n voertuig te vinnig daarin sou ry, maklik vere kan breek of selfs ‘n as.
Arno konsentreer ook om sy duime buite die stuurwiel te hou, anders as wat ‘n mens sou doen as jy op die teerpad ry. ‘n Vinnige ruk as gevolg van ‘n voorwiel teen genoemde slote, klippe en rotse, kan die stuurwiel eenkant toe pluk en ‘n duim kan maklik in die slag bly.
“Nee, Maya. Ek het al baie daaraan gedink en ek sal nie my siel verkoop aan ‘n semi-geheime organisasie nie. Nie om werk en geld te behou nie.”
“Ek respekteer dit. Meer as wat jy sou kan dink.”
Arno kyk kant toe en sien Maya is ernstig hieroor. Ja, hy het sy pos as senior dosent prysgegee en selfs ‘n moontlike professoraat by een van die groter universiteite, bloot omdat hy nie ‘n lid wou word van die Broederbond nie, maar as hy die respek in Maya se gesigsuitdrukking en veral haar oë sien, is dit vir hom meer as genoeg kompensering.
Hoog in die berg, half versteek onder ‘n lappie dwergagtige bome, is ‘n effense kom, waar daar genoeg plek is om die voertuie in ‘n kringetjie te trek, ‘n klein vuurtjie te maak brand en die nag te rus.