Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is nog 'n kwaad wat ons aan mekaar doen wat so deel van ons natuur is, ingebore is, dat ons nie eers besef hoeveel kwaad ons doen nie. Calvyn waarsku teen die saak dat elkeen wil hê dat alle ander mense moet leef volgens sý mening. En hier gaan dit nie om die waarskuwing teen 'n sondige lewenswyse nie; dit is bloot die oplegging van ons eie daaglikse lewensreëls wat ons so graag op ander afdwing. God het ons verskillend geskape en in verskillende omstandighede geplaas – ons het geen reg om ons mening op ander te forseer nie.

SHARPVILLE 16 JUNIE 1960

In 1960 het daar 'n splitsing plaasgevind in die ANC wat intussen al meer in die vaarwaters van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party geraak het. Vir die Swart Radikaal-Sosialis, Robert Sobukwe, was die ANC nie militant genoeg nie en het te veel die stempel van Blanke Kommuniste gedra. Hy het 'n verskerpte konfrontasie met Blank- Suid-Afrika gesoek en het in 1959 die "Pan-African-Congress" (PAC gestig. Daarna het hy die Swart massas opgeroep om die paswette te negeer wat hulle slegs toegelaat het om in gebiede te woon waar hulle huisvesting en werk gehad het. Hy het hulle versoek om hulle passe te verbrand en voor polisiestasies te "demonstreer".

"Gedurende so 'n aksie in 1960 in Sharpeville het 69 demonstreerders hulle dood gevind. Sharpeville het sinoniem geword met die onderdrukking van Swartes in Suid-Afrika en is die tipiese voorbeeld vir die eensydigheid van die internasionale apartheidsberiggewing. Die feit dat die PAC-leier, Robert Sobukwe, die sleutelfiguur vir die tragedie van Sharpeville was, soos die 'Spiegel'-redakteur Erich Wiedemar- beklemtoon, is moedswillig oor die hoof gesien"; so skryf Henning vor Lowis of Menar in sy geskrif: "Der Afrikanische Nationalkongres (ANC) - Moskaus Speerspitze gegen Südafrika" ("Deutsche Afrikastiftung", geskrif nr. 40).

Die "bloedbad" van Sharpeville het sedertdien die hoofpunt van anti-Suid-Afrikaanse agitasie geword. Die linkse Suid-Afrikaanse per; en buitelandse korrespondente het geen tyd daaraan bestee om die oorsaak van die tragedie te soek nie. Die persberigte wat aan  buitewêreld opgedis is, het voorgestel dat daar geen twyfel kon ontstaan oor wie as die hoofbeskuldigdes beskou is nie ‘’n brutale polisiemag wat onskuldige ongewapende Swartes platgeskiet het terwyl laasgenoemdes vreedsaam teen onregverdige paswette beroog het, skietlustige sadiste die kans benut het om soveel Swartes van die gras af te maak.

So word legendes gebore en disinformasie uitgestrooi, wat van alle waarheid ontbloot is. Wat werklik gebeur het en wat die aanleiding was vir die tragiese gebeure van meer as 25 jaar gelede wat die wêreld teen Suid-Afrika opgesweep het, word vertel deur die Suid-Afrikaanse joernaliste, Aida Parker, in "The Aida Parker Newsletter" Nr. 49 van 29 Jan. 1985.

Om die gebeure in die regte perspektief te sien, skryf sy, moet ons 'n bietjie verder teruggaan in die tyd en wel na Cato Manor, 'n dromerige sonnige plek aan die buitewyke van Durban. Dit is Januarie 1960, skaars twee maande voor die hoofdrama van Sharpeville. Op hierdie dag moes nege polisiemanne, vier Blankes en vyf Swartes, op 'n afgryslike wyse hulle lewe verloor.

Die dinge van Cato Manor word deur 'n man geskilder wat daarby was: Gert Smit, destyds as polisiesersant in Cato Manor gestasioneer. Die plek was destyds nog 'n omgewing wat die meeste mense liewers totaal vermy het: 'n broeiplek van misdadigheid, vuilheid en aansteeklike siektes, 'n verwaarloosde woonplek vir Swartes met duisende bouvallige hutte wat oor 'n groot aantal Indiërplasies versprei was. Groeiende rassespanning tussen Swartes en Indiërs met beskuldigings van uitbuiting teen laasgenoemdes, het dinge vererger. Onwettige sondesentrums, waar drank met hoe alkoholinhoud geskink is, het hulle bydrae tot die probleme gelewer.

Dit was die taak van die polisie om die spanninge in die gemeenskap in bedwang te hou, misdaad te bekamp en teen die sondesentrums op te tree. 25 Januarie 1960 was 'n Saterdag. 'n Groot menigte Swartes van buite het na Cato Manor gekom om saam met vriende en familiebetrekkings te drink en die naweek te vier.

Dit was roetinepraktyk van die polisie om 'n twaalf-man-patrollie op bepaalde plekke in die stadsgebied af te laai en hulle later saam met moontlike gevangenes weer met die polisiemotor te gaan haal. Die noodlotspatrollie van daardie nag het onder bevel van polisiesersant Winterboer gestaan, 'n man wat later in Pretoria selfmoord gepleeg het. Hy het sy manne laat afklim en met hulle afgespreek om hulle later by die pakhuise van 'n firma wat as "Benoni Nr. 1" bekend was, weer te kom oplaai.

Die patrollieleier was 'n Blanke polisieman met die naam Joubert. Die groep het 'n paar persone gearresteer en is toe deur 'n rustelose dronk gepeupel omring wat die vrylating van die gevangenes geëis het. Onder die gegewe omstandighede sou dit seker die verstandigste gewees het om die gevangenes met 'n grappige opmerking te laat loop, maar Joubert, wat net 18 maande dienservaring gehad het, het die gevaar onderskat wat sy groep bedreig het. Selfs toe die Swart vrouens in die menigte begin het met hulle tradisionele, opruiende geskree om hulle mans tot die aanval aan te vuur, was Joubert se antwoord ontoegewend: "Net oor my dooie liggaam!"

Net juis op hierdie oomblik het 'n Swart polisiekonstabel per ongeluk op 'n Swart vrou se voet getrap. Haar luide gehuil het 'n kettingreaksie veroorsaak. Binne minute was die polisiepatrollie omring deur 'n brullende gepeupel wat vinnig aangegroei het deurdat al meer en meer halfdronk Swartes uit die omliggende hutte uitgepeul het en met kieries, messe, pangas en ander wapens op die polisie afgestorm het.

Onder die helse geskree van die menigte: "Maak dood die polisie! Maak dood die polisie!" het die groep teruggewyk en hulle pad oopgeveg na die "Benoni Nr.1-pakhuise met die hoop om die polisiesersant Winterboer met die polisievangwa daar te vind. Dit het hulle geluk om hulle in 'n halfvervalle sinkskuur te verskans, terwyl hulle aan 'n haelstorm van klippe van die omringende gepeupel blootgestel was. Terwyl dit gebeur, daag sersant Winterboer op, sien wat gebeur, raak paniekbevange, maak geen gebruik van sy geweer nie. maar jaag terug na die polisiestasie om versterkings te gaan haal.

Gedurende die tyd van sy afwesigheid gaan die klipgooiery voort asook die aanhitsende geskree van die vroue, en die geroep: "Maak dood die polisie! Maak dood die polisie!" Polisieman Joubert onderneem 'n wanhopige poging om uit te breek en hardloop na 'n avokadoboom daar naby om daarin te klim. Hy word voorgekeer, afgryslik vermink en in stukke gekap met lang bosmesse. (Skaars 'n maand later is nege bierdrinkende Swartes onder hierdie boom deur 'n weerligstraal doodgeslaan).

Die Blanke polisiemanne, Kriel en Rademan, en hulle Swart kollega Dudla slaag ook daarin om weg te kom uit die beleërde skuur. Kriel veg met sy kaal vuiste vir sy lewe en hardloop byna 'n kilometer ver voordat hy in stukke gekap word. Rademan, wat alreeds veiligheid bereik het hoor Kriel se geskree en draai om om te help. Hy word ook in stukkies gekap en dieselfde lot tref die Swart polisieman Dudla wat probeer het om vir Rademan te help.

Vier verdere Swart polisiemanne word op dieselfde wyse gedood. Die "lyk" van die Blanke polisieman, Gert Rheeder, is later onder ‘n hoop klippe uitgetrek en saam met die ander oorledenes op 'n polisievragwa geplaas. Met die aankoms by die polisiestasie salueer die bevelvoerende polisiemajoor Jerry van der Merwe sy afgestorwe makkers formeel en toe wys 'n Indiërpolisieman opgewonde na die "dooie" Rheeder se vinger wat beweeg het. Sy kop en liggaam was 'n verminkte bloedige massa sodat sy eie ouers hom nie kon herken nie. Hy het oorleef, maar het 'n geestelike en fisiese wrak gebly.

Dit dan die geskiedenis van Cato Manor wat op 25 Januarie 1960 plaasgevind het. Byna al die media in die buiteland het dit stilswyend geïgnoreer. Toe die polisie in Sharpeville minder as twee maande later gesien het dat hulle voor 'n soortgelyke gepeupel staan, waarvan die getalle op tien tot twintig duisend geskat is, was die gebeure van Cato Manor nog vars in hulle geheue en hulle het voldoende rede gehad om vir hulle lewe te vrees. Soos in Cato Manor was daar in Sharpeville net gewone polisiemanne in uniform op diens sonder opleiding in gepeupelbeheer by massademonstrasies. Een van hulle het net een maand diens gehad.

Die spanning om die polisiestasie het Sondagaand, 20 Maart, begin opbou. Gewapende groepe Swartes moes gedurende die nag altyd weer deur die polisie met stokke verdryf word. Op Maandagmôre het daar teenoor die polisie 'n reusagtige menigte gestaan wat die geregsdienaars bespot en bedreig het. Traangasaanvalle was nutteloos en die polisie moes weer verskeie kere met slaanstokke teen die oproermakers optree.

Volgens regter PM O'Brien wat die saak ondersoek het en later 'n paar van die belhamels gevonnis het, het die skare teen die middag tot minstens 19 000 Swartes aangegroei, wat 'n "beledigende, dreigende en uittartende houding" aangeneem het. Dit was teen 13h35 dat die dodelike klimaks gekom het. Die menigte het verskeie kere probeer om die polisieversperrings te bestorm. 'n Poging van die polisie om een van die hoofbelhamels te arresteer, het misluk. Wat toe gevolg het, was geensins 'n berekende slagting deur die polisie nie, maar inteendeel 'n paniekbevange reaksie van jong polisiemanne wat vir so 'n situasie nie opgelei was nie.

Baie van hulle was intussen reeds 24 uur ononderbroke op diens. Die spanning het sy hoogtepunt bereik. Die bevelvoerende polisiekolonel Pienaar het sy manne beveel om gewere te laai, maar om nie te skiet voor die bevel gegee word nie. Die lawaai buite was so oorverdowend dat instruksies net op 'n kort afstand gehoor kon word. Latere ondersoeke het getoon dat die offisiere hulle manskappe herhaaldelik gewaarsku het om nie die vuurwapens te gebruik nie, terwyl hulle verskeie kere probeer het om met die leiers van die menigte te onderhandel.

Toe het dit gebeur. Skielik was daar 'n helse lawaai. Skreeue het opgeklink van "Cato Manor! Cato Manor!" en die menigte het vorentoe gestorm. Die hekke is omgeruk, 'n hoë polisie-offisier is op die grond neergeslinger. Dit het klippe gereën op die polisie en skote of skerp bevele is uit die menigte gehoor. Die polisie het die vuur geopen. Daar was 69 dooies en 180 gewondes.

Dit was die einde van 'n demonstrasie van "vreedsame Swart burgers", wat die kommunistiese agitator van die PAC, Robert Sobukwe, met yskoue logika in berekening gebring het. Die paswette was slegs 'n voorwendsel om 'n konfrontasie met die veiligheidsmagte af te dwing. Sy plan het geslaag. Sedert Sharpeville sit Suid-Afrika in die oë van die wêreld op die beskuldigdebank. Van nou af is elke optrede vir die handhawing van orde ten laste van die heersende Blankes uitgelê en dit het weer tot gevolg gehad dat die kommunisties beheerde provokasies van Swart rewolusionêres toegeneem het. Die regering het met drastiese maatreëls geantwoord. In April 1960 is die PAC en die ANC summier verbied.

Albei organisasies het ondergronds gegaan. Die ANC het nou nouer aansluiting as tevore by die Kommunistiese Party gevind en het saam met die Kommuniste die "Umkhonto we Sizwe" (Speer van die nasie) gestig as gewapende arm van die ANC.

Alle beslissings oor die beplanning en deurvoering van sabotasiedade is deur die gemeenskaplike opperkommando van albei organisasies geneem. Elkeen van die twee organisasies het drie verteenwoordigers daarop gehad. Van die ANC was dit Nelson Mandela, Walter Sisulu en Raymond Mhlaba en van die SAKP Lionel Bernstein, Ahmed Kathrada en Govan Mbeki. Met geld en wapens uit Moskou versorg, het hulle in die jare 1962/63192 sabotasie- en afleidingsdade gepleeg.

In 1962 het die Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte daarin geslaag om Nelson Mandela te arresteer. Skaars 'n jaar later op 11 Junie 1963, kon hulle die hoofkwartier van die Kommunistiese Party opruim. Op die plaas "Lilliesleaf" in Rivonia, nie ver van Johannesburg nie, het die leierskorps van "Umkhonto we Sizwe" in die polisie se hande geval Walter Sisulu, Ahmed Kathrada, Govan Mbeki, Lionel Bernstein, Rav- mond Mhlaba, Dennis Goldberg en Arthur Goldreich.

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1192 gaste aanlyn