Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Is dit nie selfsugtig om op regte aanspraak te maak gesien in die lig dat gelowiges hulself eerder moet verloën nie? “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” (Mt.16:24).

DIE WITMAN IN SUID-AFRIKA...

...HET NIE GROND GESTEEL NIE !

Dr Pieter Möller

 "Alhoewel die swart volke wel hul ontstaan in Afrika gehad het, het hulle nie binne die grense van die hui­dige Republiek van Suid-Afrika tot stand gekom nie. As dus van die Blankes in Suid-Afrika as "Settlers" gepraat word, is die Swartes hier ewe so "Settlers" en as Blan­kes volgens hulle uitsprake na Europa moet terugkeer, moet hulle eweneens na Sentraal-Afrika terugkeer."

Daar word gereeld deur onkundige en kwaadwillige Swartes met groot stelligheid uitsprake gemaak dat die Blankes in Suid-Afrika "Settlers" is en dat as hulle nie tevrede met hulle omstandighede in die land is nie, hulle na Europa, vanwaar hulle voorsate kom, moet terugkeer.

By hierdie aansprake en grondeise van die Swartes sluit selfs sommige blanke liberaliste aan. Afgesien van vervalsings is sodanige uitsprake onsinnig, absurd en onwaar en hou hoegenaamd nie met die werklikheid tred nie.

 Dit is ewe verstommend dat so min Blankes, om nie eers van blanke parlementariërs te praat nie, hierdie feite uitwys. Reeds meer as 'n eeu gelede het die Afrikanerkolos, pres. Paul Kruger, opgemerk dat "Nimmer hebben wij een duim grond(s) onwettig in bezit gekregen." Soos hy was die Voortrekkers daarvan oortuig, en met reg ook, dat grond wat hulle beset het, hulle eiendom geword het deur ooreenkom­ste en verowering na onuitgelokte aanvalle op hulle.

Op dieselfde wyse het die Zoeloes en Matabeles voor hulle hulle grondgebied deur verowering bekom. Dit word egter nooit beweer dat hulle grond gesteel het nie. Waarom dan nie? Toe mense in die twintigste eeu deur die SA Regering verskuif is, is aan hulle elders woonplek gegee. Hedendaags dring hulle nasate daarop aan om na die oorspronklike plek vanwaar hulle verskuif is, terug te keer. 'n Mens hoor egter nooit dat iemand opmerk dat die grond waarheen hulle verskuif is, teruggegee moet word nie.

Wat is die ware feite oor die swart stamme in Suid­Afrika? Het hulle hul ontstaan in Suid-Afrika gehad?

Swart volke

Alhoewel die swart volke wel hul ontstaan in Afrika gehad het, het hulle nie binne die grense van die hui­dige Republiek van Suid-Afrika tot stand gekom nie. As dus van die Blankes in Suid-Afrika as "Settlers" gepraat word, is die Swartes hier ewe so "Settlers" en as Blan­kes volgens hulle uitsprake na Europa moet terugkeer, moet hulle eweneens na Sentraal-Afrika terugkeer.

Volkekundiges is op grond van hulle navorsing die mening toegedaan dat die Negroiede rassegroep of in die Groot Mere-gebied van Oos-Sentraal-Afrika of in die omstreke van die Crossrivier in Wes-Afrika ontstaan het na die vermenging tussen Negers en Hamiete.

Omdat hulle nie oor skrif beskik het nie, is die aangeleentheid egter tot 'n groot mate in vaagheid gehul. Nadat hulle in aanraking gekom het met die Arabiere, wat wel oor skrif beskik het, kon navorsers meer duidelikheid oor die verloop van die res van hulle geskiedenis kry.

Een van die hoofredes waarom die Swartes suidwaarts begin trek het, was juis omdat Arabiese slawejagters hulle gevang en in groot getalle op onmenslike en wrede wyse na slawemarkte weggevoer het. Hulle het in drie hoofmigrasiestrome gevlug en as gevolg daar­van het hulle in drie hoofgroepe onderverdeel, te wete die Oos-, Wes- en Suid-Bantoe (soos volkekundiges hulle destyds in hulle navorsing genoem het).

Omdat hulle veeboere was en agter water en weiveld aangetrek het, het die vlug/trek suidwaarts honderde jare geneem en die Suid-Bantoe het uiteindelik in Suider-Afrika tereg gekom nadat hulle volgens die Arabiere teen ongeveer die elfde eeu die Zambesi­rivier bereik het. Hulle het hulle mettertyd verspreid in die gebied gevestig. Die befaamde historikus, GM Theal (History of South Africa) is dan ook van mening dat Swartes relatief nuwe intrekkers in Suid-Afrika is — 'n mening wat deur talle volkekundiges onderskryf word.

Dat hierdie gegewens nie bloot as blanke propaganda afgemaak kan word nie, soos wat tans wel gedoen word, word bevestig deur onder meer die opgetekende wedervaringe van Portugese seevaarders en skip­breukelinge aan die kus van die latere Suid-Afrika. So byvoorbeeld het Diogo Cao hulle voorhoede in 1482 by die mond van die Kongorivier opgemerk, terwyl Vasco da Gama sommige van hulle in 1498 in Mo­sambiek aangetref het. Skipbreukelinge van die Santo Bento het in 1554 tydens hulle oorlewing-staptog 'n groepie Swartes by die Umzimkulurivier raakgeloop. Tot 1635 het die Portugese geen Swartes verder suid raakgeloop nie, maar met die stranding van die Nos­sa Senhora de Belems in 1635 is Swartes tussen die Umtata- en Basheerivier aangetref.

Met die stranding van die Stavenisse in 1686 het die skipbreukelinge in die omgewing van die Keirivier met 'n voorhoede van die Xhosas in aanraking ge­kom. Teen 1778 het die veeboer-pioniere, wat met verloop van baie jare vanaf die latere Kaapstad noordooswaarts met hulle vee agter water en wei­veld aangetrek het, in aanraking gekom met die voorhoede van die Xhosas wat vanuit die noorde suidwaarts agter water en weiveld aangetrek het. Soos te begrype het dit weldra tot botsings gelei en het met verloop van tyd nege Grensoorloë daaruit voortgespruit.

Is die grondaansprake
van die Swartes
geregverdig?

Dit moet egter dadelik genoem word dat hulle, feite soos die wat volg, afmaak as die Blanke se geskiedenis. Die ironie is dat geeneen van hierdie etniese groepe oor 'n geskrewe taal beskik het nie en hulle geskiedenis mities van aard is wat derhalwe op oor­leweringe gebaseer is met at die gebreke wat daaraan verbonde is.

Nie net is die Christendom en beskawing na Suid­-Afrika gebring nie, maar met verloop van jare het vanselfsprekend uitbreiding plaasgevind en is talle distrikte gestig sodat wet en orde gehandhaaf kon word en die veeboer-pioniere aan die voorpunt van die voortdurende uitbreiding nie in die geloof sou ver­agterlik nie. In die moeilike bestaan het hulle ook nog te doen gehad met wilde mense, te wete Boes­mans (San) en Hottentotte (Khoi) wat hulle besteel en veewagters vermoor het. Vir 126 jaar was daar geen etniese Swartes in die gebied nie en eers teen 1778 is die eerste keer met die voorhoede van die Xhosas by die Visrivier in aanraking gekom.

Sedert 1806, met die tweede Britse besetting van die Kaapkolonie, het die Engelse owerheid stelselmatig sy gesag tot aan die Oranjerivier uitgebrei. Hieruit is dit dus duidelik dat die grootste deel van die Kaapkolonie deur Blankes bewoon en ontwikkel is. Die Britse regering het sy gesag mettertyd oor die hele gebied gevestig en so besitreg oor die gebied verkry. Dit is dus nie van die Swartes gesteel nie.

Wat die Kaapkolonie betref, het die Blankes sedert volksplanting in 1652 die grootste deel van hierdie gebied aan die woesteny ontworstel en leefbaar ge­maak. In die smeltkroes van die tyd het die oorspronk­like immigrante vanweë die gemeenskaplike pro­bleme wat hulle die hoof moes bied, intiem met me­kaar begin saamwerk, hulle identiteit mettertyd prysgegee en opgegaan in 'n nuwe volk, die Boerevolk, wat aanstons op Afrika-bodem sy beslag gekry het. Hieruit het ook 'n eie taal, Afrikaans, ontstaan — iets wat hierdie volk uniek maak.

Blanke aanspraak

In die binneland van die latere Suid-Afrika het sake ietwat anders verloop, maar ook daarop kan die Blanke met reg aanspraak maak.

Tussen 1835 en 1838 het die Groot Trek vanaf die Kaapse Oosgrens plaasgevind. Die beskuldigings word gemaak dat die Voortrekkers tydens en na die Groot Trek grond van vredeliewende swart stamme gesteel het en hulle verkneg, verslaaf en vermoor het. Ook dit is van alle waarheid ontbloot.

Tydens die Trek is op groot verlate en ontvolkte gebiede afgekom met doodsbeendere wat op talle plekke gestrooi gelê het. Volgens die getuienis van talle mense (wat jagters en eerlike sendelinge ingesluit het) was die binneland van Suid-Afrika deur barbaar­se onderlinge uitdelgingsoorloë, iets eie aan hulle sedert hulle trek vanaf Midde-Afrika begin het, by­kans ontvolk. In die proses is honderde duisende Swartmense deur ander Swartes uitgemoor. Prof. JD Omer-Cooper (The Zulu Aftermath: A Nineteenth Century Revolution in Bantu Africa) verklaar byvoor­beeld dat die swart bevolking in Natal gedurende die Difaqane (Mfecane), soos hierdie tydperk genoem is, met 90% verklein het.

Dieselfde het in die latere Transvaal en Oranje-Vry­staat gebeur. Die verskrikte en ontwortelde swart stammetjies wat die assegaailem ontvlug het, het in onherbergsame plekke soos berge, woestyne, spelonke en grotte die dood ontkom en het dikwels uiteindelik in hierdie benarde omstandighede van honger omgekom. Om te oorleef, het sommige hulle selfs tot kannibalisme gewend. Hierdie verwoesting is deur die Zoeloes onder Tsjaka (1816 tot 1828) en sedert 1824 ook deur die Matabeles van Mzilikazi veroorsaak. Dit het tot gevolg gehad dat groot dele van die binneland verlate en onbewoon was.

Dit was in hierdie gebiede wat die Voortrekkers in­getrek het, die beskawing en die Christendom met hulle saamgebring, en republieke gestig het.

Die Zoeloes en Matabeles wou dieselfde moordda­dige strategie teen die Voortrekkers volg en het van die Trekkers oorval en talle op wrede wyse uitgemoor — iets wat die leiers nie ongestraf kon laat nie. Eers is die jaggeselskappe van die Erasmusse en Lieben­bergs in die omgewing van die huidige Parys bykans almal uitgemoor en daarna is `n Voortrekkerlaer aan die Vaalrivier aangeval, maar die aanval is afgeslaan.

Op 16 Oktober 1836 het 6 000 Matabeles onder aan­voering van Kalipi die laer by Vegkop (naby die hui­dige Heilbron) met sy 33 weerbare manne aangeval. Dit is afgeslaan met die verlies van twee Voortrekkers, terwyl 430 Matabeles in die stof gebyt het. Die Mata­beles het egter die aftog met al die Voortrekkervee ge­blaas en hulle sodoende gestrand gelaat. Daarna het die Voortrekkers onder aanvoering van Potgieter in 1837 twee strafekspedisies teen Mzilikazi onderneem.

Nadat hulle verslaan is, het hulle uiteindelik landuit gevlug. Hendrik Potgieter het hierdie gebied waaroor die "lem" van Mzilikazi regeer het, die Verower­de Gebied genoem en dit tesame met die Geruilde Grond, die gebied tussen die Vet- en Vaalriviere in 1844 tot Voortrekkergebied verklaar en die Republiek Potchefstroom-Winburg daarop tot stand gebring.

Ook hierdie grondgebied is derhalwe nie gesteel nie, maar in ooreenstemming met internasionaal-aanvaarde standaarde bekom.

Blanke republieke

Met die Sandrivier Konvensie van 1852 het Brittanje die onafhanklikheid van hierdie Boererepubliek, die Zuid-Afrikaansche Republiek, noord van die Vaal­rivier, erken. Die implikasie is derhalwe dat hulle erken het dat die gebied aan die Boere behoort. In der waar­heid kon die ontwortelde swart stammetjies na die onderwerping van Mzilikazi hulle skuilplekke verlaat en vreedsaam onder Voortrekker-gesag leef en vermeerder. Dit is die nasate van hierdie mense wat vandag allerlei grondeise stel en nie weet dat as dit nie vir die Voortrekkers was nie, hulle getalle nie vandag in die miljoene sou getel het nie, maar hulle almal sou uitgesterf het.

Die Voortrekkers het dus nie Swartes doodgemaak nie, maar wel gesorg dat hulle kon bly lewe en het niks om oor skuldig of skaam te wees nie.

In Mei 1845 het Potgieter nogeens `n republiek gestig, die keer in Oos-Transvaal, nI. die Ohrigstad-repu­bliek, onder meer omdat hy nader aan die Portugese hawens in Mosambiek wou kom. Hierdie republiek is na vier onstuimige jare ontbind onder meer vanweë die feit dat die gebied deur malariamuskiete en tset­sevlieë geteister is. Op hierdie grondgebied kon ons voorouers dus met reg aanspraak maak en dit is dus ook nie van enigiemand gesteel nie.

In Januarie 1850 is die Lydenburg-republiek gestig. Die naam is gegee na aanleiding van die lyding wat malaria tot gevoig gehad het. Hierdie republiek is uiteindelik opgeneem in die Zuid-Afrikaansche Republiek. Ook hier was nie sprake van gronddiefstal nie.

Ook die Vrystaat was, nadat die Matabele-oorheersing beëindig is, vry en kon die ontwikkeling op dieselfde wyse as in die Oorvaalse gebied geskied. In 1854 het Brittanje ook die onafhanklikheid van hierdie gebied erken en het die Republiek van die Oranje-Vrystaat, wat Potgieter se Geruilde Grond ingesluit het, tot stand gekom, met eweneens dieselfde implikasie ten op­sigte van eienaarskap. Ook op hierdie gebied kan dus vandag met reg deur die Afrikanervolk aanspraak gemaak word. Ook hier is niks gesteel nie.

Natal

In Natal het sake op bykans dieselfde wyse verloop. Omdat die Voortrekkers op beskaafde wyse wou optree en grond op 'n wettige wyse wou bekom, het Pieter Retief, nadat hy verneem het dat die grond aan die Zoeloe-koning Dingaan behoort, Dingaan in November 1837 in sy hoofkraal besoek en met hom onderhandel om grond aan die Voortrekkers af te staan. Na aanvanklike onwilligheid en ongegronde beskuldigings het hy ingewillig om die gebied tussen die Umzimvubu- en Tugelariviere, die Drakensberge en die Indiese Oseaan, 'n gebied wat bykans nooit deur enige Zoeloes bewoon is nie, aan Retief af te staan mits die Voortrekkers sy gesteelde vee by Se­konyela van die Thlokoa-stammetjie sou gaan af­neem en aan hom terugbesorg. 'n Traktaat met die inhoud is tussen Retief en Dingaan gesluit. Retief het sy deel van die ooreenkoms nagekom, maar toe hy Dingaan drie maande later met die gesteelde vee besoek om die Traktaat te bekragtig, is hy en sy hele geselskap van sowat 100 man (71 Voortrekkers en 30 gekleurde agterryers) op wreedaardige wyse ver­moor. Tien dae later (nag van 16 tot 17 Februarie 1838) het 10 000 Zoeloes die niksvermoedende Trekkers by die Bloukransrivier, Moordspruit en die Boesmans­rivier oorval en 'n slagting aangerig. Ongeveer 300 van die Trekkers asook ongeveer 250 bediendes is op uiters wreedaardige wyse vermoor.

Hierdie verraderlike optrede kon nie ongestraf bly nie en die saak is uiteindelik op 16 Desember 1838 tydens die slag van Bloedrivier besleg toe die Voortrekkers o.l.v. Andries Pretorius die Zoeloes verslaan het. Op grond van die oorwinning by Bloedrivier (na onuitge­lokte aanvalle) en die traktaat van grondafstand kon die Voortrekkers hierna aanspraak maak op die hele gebied waaroor Dingaan gesag gevoer het.

In 1839 het die Voortrekkers die Republiek van Nata­lia op hierdie grondgebied gestig. Ook Natal is dus op `n wettige wyse bekom. Ongelukkig het die Engelse vyf jaar later hierdie gebied geannekseer en het die groot­ste gros vryheidsliewende Voortrekkers, wat aanstons as Boere bekend geraak het, die gebied verlaat en hul­le in die latere Transvaal en die Oranje-Vrystaat gaan vestig.

Verder is ook deur ons voorouers grond deur ruil­transaksies met swart stammetjies bekom, gewoonlik waar van hulle kapteins in onderlinge rusies en oorloë betrokke was en dan by die Blankes hulp gesoek het. So byvoorbeeld het Potgieter nog voor hy die Matabele-gevaar uitgeskakel het, die gebied tussen die Vet- en Vaalrivier vir 29 beeste van die Batuang­kaptein, Makwana, geruil met die versekering dat hy Makwana teen die Matabeles sou beskerm. Die ge­bied het hy die Geruilde Grond genoem.

Met verloop van tyd het ook verskeie klein Boerere­publiekies op grond van voorgaande ontstaan.

In die geval van die sogenaamde Kliprivier-republiek was daar egter nie Swartes wat hulp gesoek het nie, maar dit is bekom deur 'n dubbelhartige Mpande (Pan­da), wat na die verbreking van die mag van Dingaan in 1840 deur die Voortrekkers as Zoeloe-koning ge­kroon is.

Toe is die bestaande grense van hierdie republiek, naamlik die grondgebied tussen die Umzimvubu- en Tugelarivier, die Drakensberge en die Indiese Oseaan, uitgebrei om Zoeloeland tussen die Swart Umfolozi­en Tugelarivier en die Drakensberg in te sluit. Zoeloe­land het as vasaalstaat onder toesig van die Voor­trekkers gekom en die verhouding met Panda was aanvanklik goed. Sake het egter na die anneksasie van Natal deur die Engelse ingrypend verander, en ook die verhouding tussen die Voortrekkers en Pan­da wat toe 'n dubbelhartige rol begin speel het.

Nog voor die anneksasie het 'n sestigtal Voortrekkers in die Klipriviergebied geboer. Dit was nie deel van die grond wat kragtens die Traktaat deur Dingaan aan Retief afgestaan is nie. Hierdie Voortrekkers, soos die meeste ander wat nie direk na die anneksasie weg- getrek het nie, was gegrief oor die feit dat die Engelse owerheid na die anneksasie van Natal versuim het om die eiendomsreg op hulle plase te erken en oor 'n toestand wat ontstaan het soortgelyk aan die aan die Kaapse Oosgrens wat hulle onder meer die Groot Trek laat onderneem het.

Om sake vir hulleself te beredder, het die leier van die Kliprivierboere, AT Spies, Panda 1000 riksdaalders betaal sodat die Trekkers die hele gebied tussen die Buffels- en Kliprivier en die Drakensberg kon beset en as ewige eiendom kon bewoon. Hierop het dan die Kliprivier-republiek tot stand gekom.

Later het Panda-aan die Engelse ontken dat hy die gebied aan Spies-hulle afgestaan het. Op die lange duur het niks van hierdie republiek gekom nie en het die Slag van Boomplaats in 1848 uiteindelik `n einde aan hierdie sogenaamde republiek gemaak. Op grond van die kooptransaksie van Spies sou Blankes der­halwe ook op hierdie gebied aanspraak kon maak.

Ohrigstad

in Jaar na die totstandkoming van die Ohrigstadse Repubiiek (1846) het Potgieter en Omzwas van die Swazi's `n traktaat gesluit ingevolge waarvan 'n ge­bied aan Potgieter afgestaan is en die grense bepaal is vir 100 aanteelbeeste aan die Swazi's. Die grense sou strek vanaf die Olifantsrivier tot aan die Portugese grens en daarvandaan suidwaarts tot aan die Krokodil­rivier, vandaar weswaarts tot aan die Elandspruit en tot aan "de 26ste Graadlyn, oostwaarts tot alwaar Krokodilrivier in Komati loop" en tot aan die grens van Delagoabaai. Ook hierdie gebied is dus op 'n wettige wyse deur Potgieter bekom en nie gesteel nie.

In 1856 is die Utrechtse Republiek gestig nadat dit sedert 1854 as die Cu Republiek bekend gestaan het. Ook hier het AT Spies 'n prominente rol gespeel. Hy het die gebied tussen die Tugela- en Buffelsriviere vir 100 beeste van Panda gekoop, wat natuurlik on­nodig was aangesien dit deel van die grondgebied was wat die Voortrekkers met die Slag van Bloed­rivier verower het. Ook hier was onmin aan die orde van die dag, aangesien daar twee groeperinge was wat verskil het of hy die ZAR aangesluit moes word of nie. Twee jaar later het die Utrechtse Republiek deel van die Lydenburgse Republiek geword en as on­derdeel daarvan in April 1860 met die ZAR verenig.

Sedert die Engelse anneksasie van Natal in 1843 het sake op alle fronte agteruit gegaan. Selfs die Zoeloes was op die lange duur nie gelukkig nie en na die oorlog tussen die Engelse en die Zoeloes in 1879 het sake deur die onbeholpe reëlings van die Engelse verder versleg. In die proses is selfs die gesag van die Zoeloekoning, Cetswayo, seun van Mpande, grootliks afgetakel en sy grootste vyand, Sibepu, ten koste van hom bevoordeel.

Wanorde was aan die orde van die dag en dit het meegebring dat inbreuk op die vaag omlynde Transvaalse oosgrens, wat nie voorheen behoorlik omskryf is nie, gemaak is en dat talle vreesbevange Zoeloes selfs by die Transvaalse Boere kom skuiling soek het. Gevolglik het die Boere die inisiatief geneem en probeer om `n permanente oplossing vir `n vreed­same Zoeloeland te soek. Die plan het behels om Dinizulu, seun van Cetswayo, op die Zoeloetroon te plaas en hom te help om Sibepu tot orde te roep. Alle Zoeloekapteins is oor die plan ingelig en op 22 Mel 1884 is Dinizulu as die nuwe Zoeloekoning gekroon. As teenprestasie is skriftelik ooreengekom dat hy `n strook grond wat aan die ZAR grens sou afstaan waarin `n onafhanklike Boereregering tot stand kon kom. Ongelukkig is die juiste grootte van hierdie ge­bied nie omskryf nie en aan die Boere oorgelaat om daaroor te besluit.

Intussen het Sibepu egter besluit om Dinizulu die stryd aan te sê. Gevolglik het Dinizulu hom tot die Boere gewend en is Sibepu deur 800 blanke vrywilligers onder bevel van Lucas Meyer in die slag van Tshanini verslaan. Daarna het hulle 350 000 morg van die Zoeloegrond ontvang waarop die Nieuwe Republiek gestig is. Ook hierdie grond is dus nie gesteel nie, maar wettig bekom.

Aan die hoofdorp wat tot stand gekom het, is die naam Vryheid, in ooreenstemming met die Boere-ideaal, gegee. Hierdie verwikkelinge het nie die ZAR-regering aangestaan nie, want die regering was bevrees dat die ZAR ten gevolge van die swak Britse beleid by die Zoeloe-moeilikhede betrek mag word. Uiteinde­lik is die Nieuwe Republiek, soos ook van die ander republiekies, in Julie 1888 by die ZAR ingelyf.

Britse bemoeienis

Sedert die sluiting van die Sandrivier-Konvensie in 1852 het die Engelse hulle op onwettige wyse met die Swartes onder die gesag van die ZAR bemoei en met die 1870 Keate-uitspraak in die diamantvelde­geskil asook die Konvensie van Pretoria in 1881, is van kwaad na erger gegaan. Nie slegs was daar onduidelikheid oor die wesgrens van die ZAR nie, maar van die opperhoofde was ook ontevrede oor wie deur die Britse owerheid as opperhoofde erken is.

Dit het dan ook nie lank geneem nie voordat die swart stamme aan die wesgrens aanmekaar gespring het. In die proses het Moshette, ‘n Barolong-opperhoof, `n bondgenoot in Massouw, `n Koranna-opperhoof gehad en die Barolong, Montsioa, weer ‘n bondgenoot in die Batlapin-opperhoof, Mankoroane. Mankoroane het Massouw aangeval.

Albei partye het hulle op blanke vrywilligers beroep. Massouw het die vrywilligers beloof dat hy aan elkeen `n plaas van 3 000 morg sou gee en dat hulle sou deel in die gebuite vee. Die gevolg was dat al meer blanke vrywilligers by Massouw aangesluit het, al het die ZAR-regering horn teen hulle betrokkenheid uitge­spreek omdat hy nie by die moeilikheid tussen swart stamme betrokke wou raak nie. Die uiteinde van die saak was dat Mankoroane beslissend verslaan is, gedwing is om vrede te sluit en `n deel van sy grond moes afstaan wat as p!ase gegee is aan die vry­willigers wat Massouw gehe!p het.

Op die p!ase wat die vrywilligers van Massouw ont­vang het, het GJ van Niekerk in Augustus 1883 die Republiek Stellaland gestig met Vryburg as die hoof­setel. Daar was in Stellaland eweneens twee groeperinge Blankes met uiteenlopende sienings. Die een groep het aansluiting met die ZAR nagestreef en die ander groep het in ooreenstemming met die-ideale van die aartsimperialis, CJ Rhodes, inlywing by die Kaapkolonie voorgestaan. Die uiteinde van die saak was dat hierdie republiek ook in 1884 op­hou bestaan het, want met die Konvensie van Londen het die ZAR `n stukkie grond langs sy wesgrens gekry, terwyl `n gedee!te van Stellaland opgeneem is in die Britse protektoraat van Betsjoeanaland wat later jare by die Kaapkolonie ingelyf is. Ook hier was daar dus nie sprake van diefstal deur die Boere nie. Hierdie gebeure het ook die pogings van die ZAR om weswaarts uit te brei, finaal die nek ingeslaan.

Stellaland en Goosen

Die Republiek Goosen en die Republiek Stellaland was soos ‘n identiese tweeling. Nie net het hulle aan mekaar gegrens nie, maar hulle totstandkoming en ondergang is deur dieselfde faktore beïnvloed, te wete Britse inperialisme en die feit dat hulle grond­gebiede in die weg van die beoogde Britse uitbreiding na die noorde gelê het. Ook in die geval van die Re­publiek Goosen was daar ‘n verskil van mening tussen die belanghebbende partye oor wie die wettige swart opperhoofde in die gebied was — Moshette of Montsioa.

Moshette was soos Massouw pro-Boergesind en Montsioa soos Mankoroane pro-Enge!sgesind. Uiteraard sou die Boere dus eerder vir Moshette onder­steun en die Engelse vir Montsioa. Albei opperhoof­de het in hulle stryd blanke vrywilligers gebruik en uiteindelik moes Montsioa om vrede vra. Soos in die geval van Massouw is met Moshette ooreengekom dat in geval van ‘n oorwinning elke blanke veywilliger `n plaas van 3 000 morg sou kry — in hierdie geval in die gebied noordoos van die Moloporivier.

In 1882 is dan ook op hierdie grond die Republiek Goosen onder leiding van NC Gey von Pittius gestig, waarvan Rooigrond aanstons die hoofsetel geword het. Reeds in dieselfde jaar was daar pogings om die Republieke van Stellaland en Goosen te verenig, maar dit het nooit `n werk!ikheid geword nie. Ten einde laaste het die Republiek van Goosen ook in 1884 om dieselfde rede as die Republiek Stellaland tot niet gegaan, want dit sou die Britse imperia­listiese ideale na die noorde in die wiele ry.

Na die dood van ‘n Swaziprins het die ZAR in 1874 ‘n kommando na die Swazi-hoofsetel, Ludidi, gestuur ter ondersteuning van Umbandine as nuwe koning. Dit het tot gevolg gehad dat twee ZAR-burgers, Frans Maritz en Joachim Ferreira, in 1876 `n stuk grond aan die suid-oosgrens van die ZAR vir krale, komberse, pikke en 14 ryperde ten bedrae van 180 pond van Umbandine gekoop het. Daarop is in 1886 die staat­jie Klein Vrystaat, ongeveer 15 kilometer vanaf Piet Retief, gestig. Tydens sy hele bestaan was JJ Bezuidenhout die leidende figuur in hierdie staatjie. In 1891 het die ZAR die Klein Vrystaat tot genoegdoening van die Klein Vrystaters geannekseer en het die staat­jie dus opgehou om as onafhanklike entiteit te be­staan. Ook wat hierdie grond betref, is niks gesteel nie.

Grondeise van vandag

Uit voorgaande behoort dit ongetwyfeld baie duidelik te wees dat die grondeise wat vandag gestel word, net swart opportunisme is. Daar is in werklikheid geen wettige of geskiedkundige reg of aanspraak op enige grond nie.

Die hele bohaai oor grondbesit en die sogenaamde gronddiefstal is een groot klug. Die regime neem met smaak daaraan deel. Sodoende kan blanke boere van die plase verwyder word. Die verlies aan voedsel­produksie skeel hulle hoegenaamd nie.

Die Witman het nie grond gesteel nie. Die land wat ons voor 1994 as Blank Suid-Afrika geken het, is geskiedkundig en volkeregtelik die wettige besit van die Afrikanervolk!

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4040 gaste aanlyn