MALEMA EN SY MEESTERS

Johan Botha

Julius Malema het die afgelope week weer gemoedere geroer toe hy in die openbaar gepraat het oor wanneer die EFF die land in 2019 “vat”. Met sulke uitsprake is Malema besig om die “beheerde chaos” met tyd onbeheerbaar te maak.

Dat daar ‘n ander mag agter Malema se bravade sit is duidelik. Iemand met so 'n agtergrond soos Malema en wat vir alle praktiese doeleindes die einde van sy politieke loopbaan bereik het toe die ANC hom die rug gekeer het, geniet nou weer groot aanhang alhoewel hyself nie die politieke, finansiële en intellektuele vermoë het om 'n duik te maak aan die politieke landskap nie. Maar die magte agter hom het wel. Die Internasionale geldmagte finansier Malema met dié doel:

Hy moet die chaos aanwakker wat hulle graag in elke land van die wêreld wil implimenteer. Die VSA het reeds grootliks geslaag om die Midde-Ooste te destabiliseer en sy agenda sluit ook Afrika in soos Soedan, Libië en talle ander Afrikastate. Suid-Afrika is nie hiervan uitgesluit nie. Die feit dat die ANC die beheer oor die land moes neem was net ‘n deel van die Internasionale geldmagte se agenda. Waar die ANC se agenda vir Blanke verontregting deur die geldmagte beheer word en uiteraard met verdrag geïmplimenteer moet word om die Blankes te sus, word Malema betaal om ontwrigting en verwoesting te saai sover hy gaan. Malema was die ideale kandidaat om as teenvoeter vir die ANC-regime op te tree. Hy is ook na London genooi onder die vaandel om sakemanne en politici daar toe te spreek maar hoofsaaklik om nuwe opdragte te ontvang, iets wat Ramaphosa as geldmagpion ook onlangs gedoen het toe hy bijoene van die Britte gaan bedel het.

Die ANC se grootste probleem is dat die IMF sy kraan enige dag kan toedraai. Dit is duidelik dat die ANC beheer word deur die IMF en die Amerikaanse geldmagte. Die ANC kan maak wat hy wil as dit by baie ander sake kom maar het geen sê as dit by finansies en veral die ekonomie van die land kom nie. Die nomenklatura — die betaalde amptenary— in die ANC (wat blykbaar reeds oor die 6 miljoen tel) het lankal van die "struggle" vergeet en hulle stryd is nou om ten alle koste hulle posisies, salarisse, huise en duur motors te behou. Intussen bewys hulle lippediens aan die ellendige toestand waarin meeste van hulle landgenote verkeer. Malema weet dit baie goed want hy was in dieselfde bootjie toe hy in die ANC was. Geld is egter nie vir Malema 'n probleem nie gesien sy uitspattige lewensstyl.

Die EFF en Malema se rol is om sake deurentyd so moeilik as moontlik vir die ANC te maak en die gekniehalterde posisie van die ANC te vererger. Ramaphosa besef dit baie goed maar omdat hyself ook beheer word, durf hy niks sê nie behalwe om Malema terug te nooi na ANC-geledere. Die gevolg is 'n politieke party wat ontman is ten spyte van die opgewonde liberaliste en onkundiges wat glo dat Ramaphosa in staat is om die land te regeer. Hierdie situasie is presies wat die geldmagte ten doel stel want ‘n chaotiese land sonder leiers word maklik deur die vyand gewin. Soos meeste oorloë oor die besit van grond en mag gaan, is Suid-Afrika met sy ryk ondergrondse minerale nie ‘n uitsondering nie maar juis die kroonjuweel.

Wat ons nodig het is dat mense die twak wat die geldmagbeheerde media elke dag aan hulle opdis, deeglik sal ontleed en ophou gryp na strooihalms. Ons Blankes is deur die geldmagte aan die ANC uitgelewer om ons met 'n grondwet te troos wat op die kort- en langtermyn niks vir ons beteken nie. Om te wil dink dat die grondwet ons moet en sal beskerm, is uiters naiëf. Grondwette in Afrika beteken niks. Daarby word ons verontregting juis deur die Grondwet gemagtig.

Maar hou veral in gedagte, Malema is net so gevaarlik soos wat sy meesters wil hê hy moet wees. En met die onrus wat elke dag groter word in hierdie land, is dit duidelik dat daardie agenda momentum kry en die ANC later geen beheer oor die land sal kan uitoefen nie. Die omvang van die chaos wat deur Malema se toedoen kan ontstaan moet nie onderskat word nie en kan sy haatstigting die lont in die kruitvat in 2019 wees.