VERWOERDMAAND

14 SEPTEMBER 1966

Op Woensdag, 14 September, 8 dae ná die moord op dr Verwoerd, is mnr. BJ Vorster as Eerste Minister beëdig, en die middag het hy vir die eerste maal as Eerste Minister in die Volksraad opgetree. ’n Duidelik waarneembare atmosfeer van gespanne afwagting het swaar oor die stampvolle saal en galerye gehang. Maar mnr. Vorster het hom uit die staanspoor met rustige selfversekerdheid meester van die situasie getoon, wat so baie daartoe bygedra het om die oorgang van die een bewind na die ander glad en sonder haakplek te laat plaasvind.

Formeel het hy die Volksraad meegedeel dat hy deur die Staatspresident versoek was om ’n regering saam te stel en dat hy dit gedoen het, dat hy mnr. P. C. Pelser gevra het om Minister van Justisie en Gevangenisse en mnr. S. L. Muller om Adjunk-minister van Justisie, Polisie en Gevangenisse te word. Hyself, het hy gesê, sal vir eers Minister van Polisie bly, omdat staatsveiligheid daaronder ressorteer en hy vyf jaar lank “opgestaan en gaan slaap het met al hierdie probleme wat uit die veiligheid van Suid-Afrika voortvloei”.

Hy het, omdat hy vantevore nog nie die geleentheid daartoe in die Raad gehad het nie, hulde aan sy voorganger gebring. “Dit is ons almal se voorreg om geskiedenis mee te maak,” het hy gesê, “maar dit is alleen aan enkelinge beskore om geskiedenis te skryf, en dit het my voorganger, dr. H. F. Verwoerd, gedoen.

“Daarom, omdat ek die plek van so ’n man moet inneem, is ek bewus van my tekortkominge en van my verantwoordelikhede.

“Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om aan almal wat so welwillend teenoor my opgetree het, my hartlike dank oor te dra, hulle wat aan my kant staan en...

’n Sekonde of twee het hy geswyg en die vraag het opgeflits: watter woord gaan hy gebruik om die Opposisie aan te dui - in die tyd waarin ’n gevoel van lotsgebondenheid by so ’n groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking posgevat het? Sou dit ’n woord wees wat die idee van politieke verdeeldheid en partystryd beklemtoon? Sou so ’n woord pas in die atmosfeer wat in daardie tyd in die land geheers het?

Mnr. Vorster het voortgegaan met woorde wat die idee van party­stryd skaars gesuggereer het: “ ... en hulle wat nie aan my kant staan nie.”

Hy het daaraan toegevoeg: “Ek wil ook aan die agb. Leier van die Opposisie se dat sy woorde nie ongemerk by my verbygegaan het nie.” (Sir De Villiers Graaff het die vorige dag, nadat mnr. Vorster deur die partykoukus tot hoof leier gekies was, gese: “Ons wens hom alles goeds toe in die diens van Suid-Afrika . . . Ons, die amptelike Opposisie, benader sy aanvaarding van die bewind in die gees van patriotte wat die beste vir Suid-Afrika begeer. In daardie gees sal ons ons nie oorgee aan verwyte van wat verby is nie.”)

Kortliks, het mnr. Vorster gesê, wil hy verduidelik “waar ek staan in verband met die Parlement.

“Ek wil nie met ’n groot omhaal van woorde oor hierdie aangeleentheid praat nie. Ek wil verwys na wat ek in die agb. Senaat in verband met my opvatting van die Parlement gesê het. Ek het dit destyds gesê omdat ek dit bedoel het, omdat dit my geloof is. Ek het nog nooit iets gese waaraan ek nie geglo het nie.

“Ek glo aan die Parlement as ’n instelling. Ek glo aan die regte en voorregte van lede. Ek glo aan die regte van minderhede in hier­die Parlement en ek sal, sover dit my betref, te alle tye as die eerste beskermheer daarvan optree . . . Ek wil graag die dienaar van hier­die Raad wees.”

Ten slotte het hy bekend gemaak dat die omstandighede van die moord op dr. Verwoerd deur regter J. T. van Wyk ondersoek sou word, en toe:

“Laat ons nou normaalweg voortgaan met die bedrywighede van hierdie Raad en om die bedrywighede van ons vaderland te laat voortgaan soos in die verlede.”

Maar vir hom was daar allesbehalwe sprake van “normaalweg voortgaan”. Daardie hele dag, die eerste volle dag van sy bewind as Eerste Minister, was mnr. Vorster in ’n spannende wedloop teen die tyd gewikkel, selfs terwyl hy so kalm en rustig in die Volksraad gepraat het. Teen die einde het die tyd hom net agterhaal. Maar enduit het hy onverstoorbaar gebly.

Daardie oggend het dit in sy kantoor in die Marksgebou al klaar dol gegaan. Die een besoeker het op die ander gevolg en die telefoon het byna onophoudelik gelui.

Teen tienuur moes hy van sy kantoor na die woning van die Staatspresident gaan, waar hy, min. P. C. Pelser en adjk.-min. S. L. Muller beëdig is. Daarna is foto’s van die ministers en adjunk-ministers en ook van hul eggenotes geneem en het almal met die Staatspresident en sy eggenote tee gedrink.

Na ’n haastige middagete is mnr. Vorster na die Volksraad, waar hy die toespraak hierbo gehou het. Uit die Raadsaal is hy na ’n dringende Kabinetsvergadering, wat tot na vyfuur geduur het. En om vyfuur moes hy al by die S.A.U.K. se ateljee in Seepunt gewees het om sy praatjie wat daardie aand uitgesaai sou word, te laat opneem!

Teen halfses het Alf Ries, politieke korrespondent van Die Burger, en Arthur Classen, politieke korrespondent van Sapa, in die Parlementsgebou by die kantoor van mnr. Vorster se private sekretaris, mnr. Wessel Meyer, opgedaag om te vra of hulle nie solank afskrifte kan kry van die praatjie wat mnr. Vorster die aand sou lewer nie.

Mnr. Meyer het nuus vir hulle gehad. Die Eerste Minister het pas vantevore maar eers begin om sy praatjie te skryf en mnr. Meyer was toe besig om die eerste velletjie of wat uit Afrikaans in Engels te vertaal! Mnre. Ries en Classen het later ook ingespring en met die vertaling begin help.

In sy kantoor het mnr. Vorster rustig voortgeskryf. Telkemale wanneer hy ’n velletjie volgeskryf het, het hy ’n klokkie gelui, die vel­letjie is by hom gehaal en vertaal. Dan het een van die lede van die Eerste Minister se lyfwag die velletjie met die vertaling gegryp en na die Marksgebou oorkant Parlementstraat gehardloop, waar die tiksters gesit het.

Teen halfsewe was mnr. Vorster klaar, maar die vertalers en tik­sters nog nie. Hy het solank die Engelse vertaling opgeneem, dit deurgelees en hier en daar ’n woord verander. Toe die laaste stukke deurkom, was daar nie nog tyd om dit deur te lees nie, want dit was al kwart voor sewe, en om kwart oor sewe moes die praatjie in Engels uitgesaai word. In dié halfuur moes na Seepunt gery en die opname gemaak word.

’n Minuut na sewe het die Eerste Minister by die ateljee ingestap. Tyd vir ’n “oefenloop” was daar nie en die Engelse praatjie is dadelik op band opgeneem. Enkele sekondes nadat dit voltooi was, het die uitsending begin, nog geen halfminuut na die bestemde tyd nie.

Intussen het mnr. Vorster al met die opname van sy Afrikaanse praatjie begin. Dit kon ’n paar minute voordat die uitsending om half-agt moes begin, voltooi word.

Slegs ’n man wat sake lank vantevore al vir homself deurgedink het, kon in sulke omstandighede in so ’n kort tyd so ’n praatjie opgestel het, en slegs ’n gebore radiospreker, soos bewonderende omroepers van hom gesê het, kon dit lewer soos hy dit gelewer het.

Nadat hy weer, soos die vorige dag op die Senaatstreetjies en daardie middag in die Volksraad, aan dr. Verwoerd hulde gebring het, het mnr. Vorster gesê:

“Toe ek vir die eerste maal gekies is tot Volksraadslid, het ek aan my kiesers net een belofte gemaak, en dit was dat ek my te alle tye so sou gedra dat hulle hulle nooit hoef te skaam dat ek hul verteenwoordiger is nie. Hierdie belofte maak ek en my vrou graag vanaand ook aan u ...

“U het die reg om van my te vra wat glo ek en wat is die grondbeginsels van my politieke opvatting.

“Ek glo, soos my ontslape leier, dat daar ten spyte van verskille eenheid van strewe tussen Afrikaanssprekendes en Engelssprekendes moet wees en dat dit tot uiting moet kom in diens van en liefde vir die vaderland.

“Ek glo dat die wil om saam te staan daar is. Ek glo verder dat die drang al sterker word. Ek sal nooit deur my optrede daardie drang verydel nie. Inteendeel, net soos hy wat my voorafgegaan het, sal ek daardie natuurlike drang graag tot voile wasdom wil laat kom deur invloed, woord en daad.

“Dit is die beginsels waaraan ’n mens glo, dit is nie die taal wat hy praat of die land van sy herkoms wat ’n mens ’n goeie burger van ’n staat maak nie.

“Ek glo aan die beleid van afsonderlike ontwikkeling, nie alleen as ’n filosofie nie, maar ook as die enigste praktiese oplossing in almal se belang om wrywing uit te skakel en elke bevolkingsgroep sowel as elke lid daarvan tot sy reg te laat kom.

“Ek sê aan die bruinmense sowel as aan die Indiërs en die Bantoes dat die beleid van afsonderlike ontwikkeling nie ’n beleid is wat op afguns, vrees of haat berus nie. Dit is nie ’n miskenning van iemand se menswaardigheid nie en wil dit ook nie wees nie. Inteendeel, dit verskaf juis die geleentheid aan elke individu om binne eie kring nie alleen volle mens te wees nie, maar ook skep en bring dit die geleentheid om binne eie kring ten voile te ontwikkel en uit te styg, sonder perk of frustrasie soos omstandighede dit regverdig, en na die eise van ontwikkeling wat reeds bereik is.

“Dit moet egter onthou word dat die digterwoord nog altyd waar is dat ’n nasie nie sommer soos die koring grootword nie. Verantwoordelikheid is ’n vereiste, harde werk is noodsaaklik en bowenal moet jy bewys dat jy die vermoe ontwikkel het om die verantwoordelikheid te dra. Om verantwoordelikheid op die skouers van iemand te lê wat dit nie kan dra nie, is ’n misdaad.

“My beroep daarom op elke leier van ’n bevolkingsgroep is dit: Die toets van diens aan die mensdom is daarin geleë of jy diensvaardig is aan jou eie mense. Elke bevolkingsgroep het dit wat sy eie is, wat mooi is en kan wees en wat uitgebou kan word. Daar is meer werk vir elke leier onder sy eie mense as wat hy in sy leeftyd kan doen.

“Ek glo dat ons, die blankes, die gekleurdes, die Indiërs en die Bantoes, aan die wêreld sal bewys dat ons nie alleen in beginsel die oplossing vir die rasseprobleem het nie, maar dat ons dit in die praktyk ook sal bewys.

“Ek is bewus dat ons ’n klein land is en dat ons mense min is. Die grootheid van ’n volk lê egter nie in getalle nie, maar in die karakter, die daadkrag, die werkvermoë, die selfrespek en die geloof van sy mense.

“Die voortbestaan van ’n volk word bepaal deur die wil van sy mense om te lewe. Ek glo dat ons so ’n wil het. Daarom sal ek persoonlik alles verduur, myself persoonlik verneder as dit moet, maar die volk se eer mag nooit aangetas word nie.

“Dit sal my rigsnoer te alle tye wees sover dit my persoonlike verhoudinge betref met mense en volke, en dit is so maklik vir ons om dit te kan doen. Ons soek mos nie vyandskap met iemand nie. Ons kyk nie met begerige oë na enige buur- of ander staat nie. Ons wil en sal ons nie bemoei met die sake van andere nie.

“Ons soek vriendskap van almal in die wete dat die enigste duursame vriendskap dit is wat nie gekoop is nie. Ons bied hulp aan waar nodig in die wete dat die enigste daadwerklike hulp dit is wat nie die ontvanger se selfrespek geweld aandoen of sy eer skend nie.

“Ons staan voor die wêreld as ’n klein volk wat aan die waardes van die Christendom en die beskawing glo. Ons vra van die wêreld min; trouens, ons vra niks wat elke volk nie vir homself gun nie. Ons vra net: laat ons in vrede om ons eie heil uit te werk.

“Ons, die blankes, die bruinmense, die Indiërs en die Bantoes, is nie alleen in staat om dit te doen nie, maar die kalmte en vrede in Suid-Afrika bewys dat ons besig is om dit te doen.

“Ons vra ten slotte: aanvaar asseblief dat dit wat ons eie is, vir ons meer is as die lewe self.”

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1536 gaste aanlyn