Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die wonder by Bloedrivier het gebeur omdat die Voortrekkers tot God gebid en onwrikbaar geglo het dat Hy hulle sal red. “Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het” (Ps.33:12).
SUID-AFRIKA SE GETALLE
Almal in die Unie Republiekwording het altyd geweet dat die naturelle baie, en die witmense min was. Die vrees aan blanke kant was van lankal af dat die getalsterkte van die inboorlinge hulle kon oorweldig en afdwing na die laer beskawingspeil van die nie-blankes, wat sou lei tot die uitwissing van westerse beskawing hier te lande. Om vir die beoogde gesegregeerde swart gebiede lewensvatbaarheid te skep kon nie aan die swartmense self oorgelaat word nie - dit het hulle aan die vermoë ontbreek omdat hulle nie oor die soort kundigheid beskik het wat eie ontwikkeling moontlik gemaak het nie. En die blankes het die opoffering wat van hulle kant gemaak moes word om swart ontwikkeling te stimuleer en te lei nie oorweeg nie - die noodsaaklikheid van waarom en hoe het nie deurgedring nie. Die massa sou nie aan so-iets dink nie en die leiers is gelei deur die begeertes van die massa.
Na die Eerste Wereldoorlog was die resep vir oplossing van die rassevraagstuk skeiding tussen beskaafd en onbeskaafd, nie net skeiding van grondgebied nie maar ook skeiding van groei, parallel langs eie lyne. Agterna beoordeel, seker kortsigtig, maar teen die agtergrond van swart massas binne en rondom die Unie, met Generaal Smuts se holistiese drome, as lid van die Britse oorlogskabinet, om nie net die protektorate nie, maar ook Duits-Wes, Duits-Oos, Mosambiek en oorkant die Limpopo in te lyf by die Unie, en “let things develop”, was dit die koers wat ingeslaan is. Generaal Hertzog se besorgdheid oor verswelging en sy aandrang op voortgang met segregasie, is nie weerspreek nie maar noodlottig vertraag. Generaal Smuts se groter Unie met baie swart gebiede waarby bestaande gebiede ingelyf kon word, het nooit tot stand gekom nie. Wêreldoorwegings met die vrede van Versailles was so dat sy drome nie op die sakelys kon kom nie.
Na ‘n volkstelling op 3 Mei 1921 het die Direkteur van Sensus, C W Cousins, aandag gevra vir wat uit die syfers nie misgekyk kon word nie. Vanaf 1871 tot 1891 het blankes se getal in 20 jaar meer as verdubbel: van 294 000 tot 621 000. In die volgende 20 jaar tot 1911 nog weer verdubbel tot 1 276000. In die 10 jaar tot 1921 was die groei maar 19%, tot 1 519 000, “a retardation too significant to be ignored”, al het die oorlog sy rol gespeel en sy tol geëis. Die nie-blankes het van 1891 tot 1921 met 2 630 000 vermeerder ten spyte van 500 000 sterftes met 1918 se griep. Die wittes het in die periode met net 500 000 gegroei. Cousins stel in sy verslag die vraag “whether the white race is to have any part in die ultimate development of South Africa, or whether it is to be entirely outnumbered and crowded out by the aboriginal population”. Hy het ‘n projeksie gemaak dat daar in 1971 (50 jaar later) 16 500 000 nie- blankes en 4 000 000 blankes sou wees. Om uitwissing te voorkom het hy voorgestel dat die Unie moet streef om voorsiening te maak vir die “surplus population of Europe”.
Cousins het ernstig gewaarsku: Nie-blankes soek geleerdheid, leer iets omtrent regering, begin nuwe ideale koester, vermeerder in getalle, en word aan bande gelê deur “a superior and dominant race” en sal onvermydelik ontevrede raak met hulle lot.
Die waarskuwings het skynbaar nie veel aandag getrek nie.
Die groei van swart getalle het toenemend gepaard gegaan met verstedeliking. Die swarte was in baie gevalle sonder besittings en moes noodgedwonge staatmaak op sy vermoë om te kon werk om so te kon lewe. Kaapstad se swart bevolking het tussen 1911 en 1921 verdriedubbel. Blankes in Port Elizabeth het in die 10 jaar met 30% en naturelle met 46% vermeerder, Durban ooreenstemmend met 55% en 94%, Bloemfontein 32% en 71%. Dit was die patroon, oral. En saam met die verstedeliking het ontevredenheid gegroei oor die nie-blanke se afhanklikheid van die blankes. Van blanke kant gesien was die blanke die weldoener - hy het ‘n leeftog voorsien vir die swartes wat vir hom werk. Die swartes wou liewer plekke ruil, sou verkies om die werkgewer te wees. Die massas het hulle ondergeskiktheid met gelatenheid aanvaar - dit was beter om vir ‘n “baas” te werk as om sonder ‘n leeftog te wees. Die “geleerde” swarte het beter geleenthede vir sy mense verlang: die witmense moes in die wit gebied die beter geleenthede vir die swartes voorsien. Eie geleenthede skep in swart gebiede was nie op hulle sakelys nie.
Op 18 Augustus 1921 het Indiërs, Kleurlinge en Bantoes teen ‘n nuwe provinsiale hoofbelasting geprotesteer. “We are merey the serfs and slaves of the European ... we are going to wring our rights from this government”.
Op 24 Mei 1924 met 'n byeenkoms in Bloemfontein is gelykstelling met die blankes geëis, en is ‘n “Bill of Rights” uitgevaardig wat uit vyf punte bestaan het. Eerstens as menslike wesens eis hulle ‘n tuiste in die land van hulle vaders. Tweedens, “as sons of the soil the God-given right to unrestricted ownership of land in the land of their fathers”. Derdens, as Britse onderdane, eis hulle die onvervreembare reg om die Britse beginsel van vryheid van onderdane te geniet wat van die Britte ‘n wereldmag gemaak het. Vierdens het die Bantoe as onderdane van die Britse koning die wetlike en morele reg om te deel in Cecil Rhodes se veelgenoemde voorskrif van gelyke regte vir alle beskaafde mense suid van die Zambesi, sowel as die demokratiese beginsels van gelyke behandeling en volwaardige burgerskap ongeag ras, klas, geloof of afkoms. Ten vyfde, as mense van Suid-Afrikaanse afkoms is hulle ‘n integrale en onafskeibare element van die bevolking .. en dra hulle by tot die groei en ontwikkeling van die land en eis hulle die konstitusionele reg om deel te he aan die bestuur van die land en om deur lede van hulle ras in wetgewende liggame verteenwoordig te word, anders mag daar nie van hulle belasting sonder verteenwoordiging verwag word nie.
Toe ‘n afvaardiging hierde eise aan die regering voorgelë het en daarmee niks bereik het nie, het hulle weer in Bloemfontein ver- gader en besluit dat aangesien Brittanje “has treated all treaties, promises and pledges made with and to the Bantu people as contracts of no value” en telkens afvaardigings meegedeel het dat Brittanje geen mag het om met interne sake van Suid-Afrika in te meng nie, moet die kongres aandag gee aan die wenslikheid van ‘n republikeinse staatsvorm vir die land.
Die oordeel aan blanke kant was deel van ‘n oortuiging wat met eeue se ervaring opgedoen is: Dit gaan nie oor ras nie, dit gaan oor lewensnorme wat onversoenbaar is. Met toekenning van die regte wat geëis word, word alles wat opgebou was oor twee en ‘n half eeue, vernietig omdat die swart massas, ten spyte van soveel wat geleerd geraak het, en kontakte met beskaafde samelewings ervaar het, nie kon deel hê aan die bestuur van sake in, en regering van ‘n beskaafde land nie. Daar was erkenning van die feit dat die nie-blankes, as gevolg van die teenwoordigheid van westerlinge met wie hulle saamleef en deur wie hulle in die wit Suid-Afrika regeer word, en aan wie hulle in die swart gebiede oorhoofs onderhorig was, besig is om te ontwikkel, en uiteindelik aanspraak sal hê op politieke regte, maar om die regte voortydig toe te ken sou ewe nadelig wees vir wit en swart. C F Stallard het dit so gestel: “It was an advantage to both races to be separate ... The two races could not comingle or intermingle, either socially, politically or economically without injury to either of them”.
In 1924 het die Bill of Rights seker uit ‘n algemeen-menslike oogpunt heelwat om die lyf gehad, maar volgens die oordeel van diegene wat moes besluit oor stemreg, verteenwoordiging in die parlement en die regering van die land, was stemreg vir nie- blankes nie toelaatbaar nie.
Die Indiërs was mense met ‘n eie beskawing maar hulle was onwelkome indringers en moes liewer nie verder toegelaat word nie en kon daarom nie aanspraak hê op stemreg nie.
Die kleurlinge was ‘n aanhangsel van die witmense en moes na omgesien word. Hulle was hoofsaaklik in die Kaap waar hulle stemreg gehad het. Hulle politieke regte was nie in die gedrang nie. Al sou hulle stemreg verloor deur na ander provinsies te verhuis, het hulle self oor verhuising besluit. Hulle het dan vrywillig afstand gedoen van stemreg.
WETGEWING
Generaal Smuts het in 1919 eerste minister geword en het besluit om self die portefeulje Naturellesake te behartig. Hy het in Mei 1920 verdere wetgewing ingedien om voort te bou op Generaal Botha se wette van 1913 en 1917 maar het aangedui dat gebiedskeiding tussen wit en swart deur gebiede te bepaal waar naturelle grond mag koop geleidelik deurgevoer moet word.
Volgens hom was die vorige wetgewing “too big, ... to ambitious a start, ... an attempt to solve the question at one bound. The proper way to deal with it was to take it by stages, the first of which was” die instelling van ‘n Naturellesakekommissie wat die minister van raad en advies sou bedien. In naturellegebiede kon daar plaaslike rade benoem word wat ‘n sekere mate van selfbestuur kon uitoefen. Verteenwoordigers van die naturelle kon saamkom om hulle belange met die Minister te bespreek. Dit is wat die nuwe wet gereël het - Generaal Smuts se eerste stap.
Tydens die debat was dit duidelik dat ondersteuners van die regerende party en van die opposisie verlang het dat segregasie deurgevoer moet word. Smuts het geantwoord dat “segregasie nie bloot ‘n besprekingspunt is nie, maar dit is ‘n wet van die land”.
Generaal Smuts het spoedig met die naturelleprobleem in sy felheid te doen gekry - die toestroming van naturelle wat werk soek van oral vandaan na die stede en dorpe waaruit toestande ontstaan het wat nie geduld kon word nie. Wetgewing is in 1923 ingedien wat plaaslike owerhede gemagtig het in verband met bestuur van, en toesig oor naturelle in stedelike gebied. Hulle het gekom sonder dat hulle enigsins oor huisvesting beskik het en het kom bly op eiendom waarop hulle totaal geen aanspraak gehad het nie.
“...most lamentable conditions ...”.
Smuts het verklaar dat hy voor ‘n ontsaglike en onbekende probleem staan. ‘n Onhanteerbare toestand, “almost beyond human control”.
Met die debat is verskillende aspekte sterk beklemtoon: Die witmense was ‘n minderheid maar ‘n aristokrasie wat moes sorg dat beskawing sal bly. Hulle moes hulle eie spierkrag gebruik om werk te doen waarvoor liggaamlik gesweet moet word. Die naturelle stroom in om ‘n leeftog te verdien. Hulle arbeid is in aanvraag omdat dit goedkoop is. En omdat dit goedkoop is, is dit ‘n bedreiging vir die arm witmense wat dieselfde soort werk moet doen om te kan bestaan, mense wat nie daaraan kon dink om neer te sien op liggaamlike arbeid nie.
In die wet van 1923 is die verantwoordelikheid om instroming te hanteer na plaaslike owerhede verskuif. Die dorps- of stadsraad moes blyplek voorsien waarvoor hy of die werker of die werkgewer kon aanspreek vir betaling. Vroeër was ‘n lokasie in ‘n swart gebied. Nou was die plaaslike owerheid die stigter van ‘n lokasie, die grond het aan die owerheid behoort. Boupersele is verhuur.
Die huurder het wettig gebly, die plakkers het blyplek aangeplak, en het sonder blyreg gebly, ‘n toestand wat ontwikkel het ten spyte daarvan dat dit nie wettig was nie. Die naturellevraagstuk het die witmansland oorval met probleme wat onbeheerbaar geword het, omdat swart arbeid in aanvraag was. Die regering is deur werkgewers aangespreek oor tekorte aan arbeiders om in die behoefte te voorsien. En die regering is aangespreek omdat die witmense deur swartes verdring is in die gebied wat witmansland was en moes bly. Die getalle kon nie beheer word nie. Behalwe vir natuurlike aanwas was daar voortdurende instroming na alle gebiede waar ekonomiese ontwikkeling was. Die getalle kon nie weggewens word nie en baie jare later se pogings om instroming te beheer was ook ‘n “bo-menslike” taak.
VROUESTEMREG
Die Nasionale Party wat met hulp van die Arbeidersparty in 1924 met ‘n paktregering die bewind oorgeneem het, het in 1930, soos elders in die westerse wêreld, stemreg uitgebrei na vroue, net blanke vroue. In die Kaapprovinsie was stemreg gekwalifiseerd, net mense wat kon lees en skryf, en wat ‘n inkomste van meer as £50 per jaar gehad het kon stem. Die lees-en-skryf kwalifikasie was as ‘n beskawingstoets bedoel. Generaal Hertzog het gesê: “Die opvoeding, die boekgeleerdheid, het uitsluitlik te doen met die intellek en die ontwikkeling van die intellektuele. Beskawing het weinig of niks daarmee te doen nie, “maar het alles te doen met die karakter, met die gemoed”, daaraan ontleen die beskawing sy betekenis.
Generaal Hertzog se regverdiging daarvoor dat die stemreg nie ook aan die naturellevrou gegee is nie, het daarin gelê dat hy kiesreg aan nie-blankes in die Kaap gesien het as ‘n erfenis uit die dae toe oor gelyke regte vir Britse onderdane in Engeland besluit is sonder dat hulle die kennis gehad het van Afrika se mense en onder invloed was van die siening oor die “onskuldige barbaar”. Hy het ontken dat die gelykheid tussen blankes en naturelle bereken is om die naturelle enige goed te doen. Juis die teenoorgestelde.
“Die naturel ly ... namate van die opruiing wat plaasvind om horn te laat aandring op gelykheid”.
Oor kiesreg vir kleurlingvroue het hy gesêdat die kleurlinge “sal opgeneem word by die witman wat die politieke, industriële en ekonomiese lewe betref. Die saak kan bepleit word “sodra die witman se vooroordeel opsy geskuif kan word”. Daarom sou dit toe voortydig wees om die stemreg ook aan die kleurlingvrou te gee.
Met die toekenning van stemreg aan die blanke vrou is die wit stemme amper verdubbel, en is die witstemkrag in die Kaapprovinsie aansienlik versterk en het die nie-blanke stemkrag daar ‘n baie geringer faktor geword.
Wat in die debat oor vrouestemreg oor en oor bevestig is, was dat daar oor een saak toe eenstemmigheid was en dit was dat die witmense toe die land moes regeer. Maar almal het ook geweet dat dit nie altyd so sal kan bly nie. Die naturelle sou later politieke regte moes kry. Generaal Smuts wou hierdie probleem in “stages” hanteer deur oorleg met die Naturellesakekommissie. Generaal Hertzog en sy party wou swart stemreg beperk tot swart gebiede, wou opskud met segregasie. Van stemreg vir nie-blanke vroue was daar geen sprake nie.
NIE-BLANKE VERSET
‘n Groeiende getal swartmense wat aan plaaslike of oorsese universiteite studeer het en kennis gemaak het met die Westerse beskawing het diep onder die indruk van die agterlikheid van hulle mense gekom. Hulle het die blankes daarvan beskuldig dat hulle die naturelle beroof het van hulle grond ten spyte van die feit dat die blankes grond beset het wat of onbewoon was of deur naturellestamme aan die Boere verruil of verkoop was. Die feite van die geskiedenis het hulle nie gepla nie.
Die volgendes: Sol Plaatjie, R V Selope Thema, J L Dube, Z Mahabane, Z K Matthews en A B Xuma was almal een of ander tyd leiers van die ANC wat in 1912 gestig is, en het rondgery en toesprake gelewer om die naturelle tot verset op te rui.
Op 24 Februarie 1929 het Selope vir ‘n blanke gehoor in Pretoria gesê: “You tell us that we are black, that we must go away and develop on our own lines”. “Our lines are interwoven ...” “Thousands of natives come into the cities because your laws make it impossible for us to live in the country” (watter “laws”?). “You want us to segregate, but you still want us to work in your kitchens and on your farms ... We are not prepared to accept your segregation, because we cannot develop along our own lines”.
Die leiers van die ANC het op veral drie sake klem gelê: ‘n Groter deel van Suid-Afrika vir bewoning deur swart volke, gelyke politieke regte in die hele land en onderwys.
Deel van die Nasionale Party se segregasiebeleid was dat meer grond aan swart volke toegeken moes word. Dube het die “meer grond” bevraagteken: “...the natives did not see how they could find sufficient land on which to develop”.
In die stede word naturelle beperk en uitgesluit van sekere ambagte. “God intended the people of South Africa to live together so that the natives could get the benefit of European civilisation”.
Selope Thema op dieselfde konferensie: “The Native Lands Act (1913) was introduced to provide the farmers with cheap labour, but the effect was to drive the natives into the urban areas".
Die ANC het sterk standpunt ingeneem: As daar segregasie moes wees, moes daar twee state wees - een vir Europeërs en een vir naturelle waar hulle hulself sonder inmenging kon regeer.
Dit spreek vanself dat die regering nie kon toestem tot miskenning van die grondverdeling wat met die verloop van die geskiedenis daargestel was nie. Die land moes regeer word soos hy was, nie soos die ANC hom graag wou hê nie. Net so min as wat die regering van die Unie van Suid-Afrika die getalleoorwig van swart mense kon wegwens, net so min kon die ANC die witmense se teenwoordigheid wegwens. Van wat sou gebeur het as in 1929 ‘n swart staat hier geskep was, met al die stamme en volke onder die koepel van een regering, sonder westerse toesig, was daar later jare toe Afrikalande vry geword het, oorvloedige voorbeelde. Dit sou vernietiging beteken.
Die ANC was baie bewus daarvan dat hulle met hulle getalleoorwig alles in die land kon vernietig. So het Dr Zuma dit op 26 Februarie 1932 in Johannesburg gestel: “The African to me is like a sleeping elephant with a little boy on top of him. One wave of the trunk and the little boy would be blown off. The African does not know his own weight”.
Dit was die taak van die witman om so te stuur dat die skade wat die sluimerende reus kon veroorsaak liewer nie sou gebeur nie. Daarvoor was baie genade nodig.
Sonder om op besonderhede in te gaan moet net gemeld word dat die ANC in sy strewe gekortwiek is deur onderlinge verdeling in nie-blanke, selfs in swart geledere. Naas die ANC was daar die Industrial and Coloured Union (ICU) van Clements Kadalie wat namens die swartes en die Kommunistiese Party wat namens die nie-blankes, of namens die proletariaat, wou praat. Namens die kleurlinge, wat hulself na twee kante toe moes verskans - die indringing van swartes in die Kaap waar hulle met kleurlingarbeiders sou kompeteer.
Maar die verdeling van kragte het net samewerking In die bereiking van waarna gestreef is, belemmer. Nie-blanke verset teen die regering se handhawing van ‘n witmansland het aanhou groei. Al kan die naturelle se aanspraak dat die blankes hul van hul grond beroof het, nie met die geskiedenis gerym word nie, was daar, nie net by die SAP nie, maar ook van Nasionale Partykant, die wete dat hulle aandrang op politieke regte vroeër of later bevredig sou moes word. Maar om beskawing te handhaaf was daar, aan blanke kant, die onverhandelbare voorbehoud dat die witmense die land moes regeer. Met die Vrede van Vereeniging in 1902 kon selfs Lord Milner, en via hom Haar Majesteit se regering, oortuig word dat dit die enigste moontlikheid was om vrede en orde in die deel van die Britse Ryk te verseker. En met Uniewording het die Britte goedgekeur dat stemreg in drie kolonies tot blankes beperk word en dat gekwalifiseerde stemreg in die Kaap behou word totdat die wit parlement met twee-derde meerderheid anders besluit. En dat verteenwoordigers in die parlement blankes moet wees. In kort, toe daar oor hierdie aspekte van die verhouding tussen blank en nie-blank besluit is, was handhawing van beskawing die bepalende oorweging.
WEER WETGEWING
Die deurvoering van segregasie wat meer grond vir naturelle beteken het, het stoom verloor. Die mense wat die “meer grond” besit het, was nie geneë om daarvan afstand te doen nie. Meer en meer swartes het vir die boere, vir die nywerhede, in die stede, oral, gaan werk. Die land se ekonomie het op swart arbeid gesteun. Almal wat dit kon bekostig het verkies om vir swart arbeid te betaal. Bediendekamers op blanke erwe het ‘n “noodsaaklikheid” geword sodat die gemaksugtiges hulle koffie in die bed kon kry.
Die “swart gevaar” moes deur die regering gehanteer word, ensovoorts, ensovoorts.
Die “kapitaliste”, die mense wat grootskaals arbeid gekoop het, het swart arbeid wat goedkoop was as ‘n groot bate vir die ekonomiese groei in Suid-Afrika beoordeel: ‘n sterk plus-faktor om te kan meeding met produkte wat elders vervaardig word. Hulle geld het van hulle ‘n aristokrasie gemaak wat kon betaal vir hulle veiligheid eendag wanneer die swart reus van Afrika ook in die Unie van Suid-Afrika ‘n omkeerbare magsblok word. Die naturelle was hier, hulle moes lewe. Vir diegene wat nie die sorge van die minister en amptenare van die departement naturellesake geken het nie, of die kommer van die kabinet oor hoe om swartes gelukkig te hou nie, was die maklike resep om vir hulle werk te gee, en vir hulle genoeg te betaal om hulle tevrede te hou.
Onder hierdie omstandighede, en nadat die 1922-staking kiesers se ontevredenheid met die vorige regering se hantering van arbeid vir die myne gedemonstreer het, moes Generaal Hertzog en sy Arbeider-adjudant Creswell, met ‘n oplossing vir die naturellevraagstuk kom - ‘n beleid wat vir die wit kiesers aanneemlik was en wat die geleerde swartes in toom kon hou. Die swart massa het toe nog nie werklik van politiek geweet nie en hulle lewensomstandighede was rustiger as toe swartmense mekaar uitgeroei het.
In ‘n toespraak op 21 Augustus 1925, ‘n jaar nadat Generaal Hertzog bewind aanvaar het, toe hy die eerste regeringshoof was wat die Transkei besoek het, het hy sy standpunt gestel dat arbeid in swart gebiede deur swartes gedoen moes word. Dit sluit alle poste in, ook “hoë” poste wat hulle kon behartig. Hulle sal nie altyd aan die leiband van die blanke loop nie, die tyd sal kom wanneer hulle in eie gebied die beste poste sal vul”.
Na aanleiding van die eis van die naturel om gelykheid met die blanke: “Indien aan sulke eise gevolg gegee sou word, sal dit noodwendig die ondergang moet wees van die blanke bevolking en van die Europese beskawing in die Unie”.
Oor die naturellestemreg in die Kaap: dat as dit behou word, sal dit nie altyd in die ander provinsies weerhou kan word nie. Hy voorsien dat in vyftig jaar daar in die Kaap meer swart as blanke kiesers sal wees. Twaalf lede in die Volksraad was reeds van die swart stem afhanklik. “Dit moet dus duidelik wees dat, wil ons nie burgeroorlog of ondergang van die blanke hê nie, dan sal die naturellestem in die Kaap grondig verander moet word".
Die oplossing wat hy voorgestel het, was: Meer grond vir naturelle in naturellegebiede. Naturelle moes opgelei word om sy gebiede sover moontlik self te bestuur.
Uitvoering aan die bepalings van Wet 23 van 1920 naamlik die instelling van plaaslike en ander rade in die naturellegebiede. Die daarstelling van ‘n naturelleraad.
Hiermee sou die naturelle deel kry aan die regering van die land en sou hulle hulself regeer. En ontwikkelde naturelle sou in staat gestel word om hulle toe te wy aan die belange van hulle rasgenote.
In die plek van naturellestemreg in die Kaap kom ‘n “uniale stemreg”. Die naturelle in al die provinsies sou sewe blanke verteenwoordigers in die parlement kry.
Om die stemreg in die Kaap te verander, was ‘n twee-derde meerderheid van ‘n gesamentlike sitting van die Volksraad en die Senaat nodig. Dit beteken dat Hertzog die steun van die Suid- Afrikaanse Party moes kry. Generaal Smuts het gesë dat die voorstelle “afwyk van die politiek van die afgelope eeu”. Wat ookal gedoen word om die naturel op te hef, “moet hy geen politieke mag hê nie”. In die binneland (in Suid-Afrika) “is altyd as onontbeerlik beskou dat die politieke mag in die hande sal wees van die blanke”. In die Kaapprovinsie is ‘n ander beleid gevolg en “ons respekteer hulle standpunt”. Wat die res van Suid-Afrika betref is Generaal Hertzog se voorstelle “die verreikendste en die mees rewolusionêre wat nog ooit in Suid-Afrika gemaak is”. “Ons besef dat aanvaarding van sy voorstelle ‘n fundamentele verandering in Suid-Afrika sal beteken”.
Generaal Hertzog het ook die samewerking van die naturelle gesoek. Op ‘n samespreking met naturelleleiers op 3 Desember
1925 ...... Hy het die meer grond vir swartes beklemtoon maar oor gelykstelling gesê: “As ons die diep kloof tussen die naturel en die blanke ten opsigte van hulle geestelike lewe in aanmerking neem, dan sien ons hoe gering die gemeenskapsband moet wees tussen die twee en hoe onmoontlik en belaglik dit sou wees om te voldoen aan die geroep om gelykheid van behandeling ten opsigte van politieke regte”. Dit is “nie net onverstandig nie, maar sal vir wit en swart ... niks minder beteken as ‘n ramp nie”. Geen staatsman het daarvoor kans gesien nie. “Dit moet die naturel besef. Die kreet “Afrika vir die naturel” was die begin van ‘n gevoel by die naturel dat hy moet “oorheers en regeer”. Generaal Hertzog het verklaar: “Om aan hierdie aanspraak gehoor te gee, sal beteken dat die beskawing aan die barbaarsheid oorhandig moes word”.
Op 23 Julie 1926 het Generaal Hertzog vier wetsontwerpe gepubliseer wat die vier beginsels bevat het: Meer grond aan die naturelle, uniale verteenwoordiging deur sewe blankes vir naturelle in die parlement, die instelling van ‘n adviserende naturelleraad.
Die vierde oor regte van kleurlinge.