Ons het ‘n skrywe ontvang van Peet van Schalkwyk in verband met die artikel wat gister op Gelofteland verskyn het, EERS ZIMBABWE, NOU SUID-AFRIKA.
Peet skryf:
Geagte Webmeester,
Ek het groot waardering vir u insiggewende webblad wat soveel verskeidenheid bevat. As voorbeeld was daar vandag ‘n artikel om ons roemryke geskiedenis met ‘n Eerste Wêreldland onder dr HF Verwoerd te herdenk. Ook was daar ‘n boeiende artikel oor engele se waarde en doel in die hand van ons Here Jesus. En dan was daar die artikel oor hoe Suid-Afrika nou by die punt gekom het wat Zimbabwe destyds geknak het.
Wat laasgenoemde artikel betref, weet ons dat ons aan die einde van ons blanke voorspoed gekom het en dat die finale ineenstorting vir ons om die draai wag waar die blankes net soos in Zimbabwe uitgemoor sal word indien hulle nie betyds vlug nie.
Ek stem oor elke argument met die skrywer saam behalwe dat ons baie verder gevorder het as wat skrywer meegee. Hy skryf oa: “So, na wie moet die vinger nou gewys word om die Swart massas te paai? Na die witman, natuurlik! Kyk dan nou net hoe lekker leef die Witmense nog in hul groot huise en hulle ry almal duur motors. Hulle is ryk en hulle wil nie hul rykdom deel nie! Ja, dít sal al hoe meer die argument van die bankrot regime en alle ander radikale Swart groepe wees. En net soos in Zimbabwe sal hulle instorm en hulself aan hierdie rykdom help, totdat dit ook geplunder is.”
Ek glo dat skrywer dit moontlik meer uit die perspektief van die swartes bedoel het as hy noem dat die blankes nog in groot huise woon en almal duur motors ry. Maar dit kan verkeerd verstaan word deur diegene wat lankal hierdeur geraak en benadeel is want as ons met wakkerheid rondom ons op die paaie oplet, sal ons sien dat die blankes in duur motors, ver in die minderheid is, en dat die swartes deesdae die duur motors op ons paaie bestuur. Verreweg die meerderheid blankes ry in baie ou model motors, sommige waarvan die rook van verganeskap by die agterpype uitborrel. En as ons die geleentheid sou kry om na hul soort behuising te gaan kyk, sou ons sien dat hulle in baie ou wonings bly waarin daar talle gebreke is – heel teenstellend as die luukse wonings van die nuwe geslag swartes wat weens regstellende aksie met groot salarisse nou in luukse veiligheidskomplekse woon.
Hiermee wil ek net die gedagte deurbring dat ons reeds verby die fase is waar die volgende volgens skrywer sal plaasvind: “...En net soos in Zimbabwe sal hulle instorm en hulself aan hierdie rykdom help, totdat dit ook geplunder is.”
Ons is verseker in die tweede fase van rewolusie en dalk verder daarin as wat die meerderheid blankes besef. Dit sal meebring dat die chaos van “instorm en hulself aan hierdie rykdom help” wat die heel laaste bastion sal laatval, as ‘n groot maar onaangename verrassing vir ons volksgenote gaan meebring, en dit is wat ek probeer verhoed.
Mag diegene wat hier lees besef dat ons waarlik nader aan daardie angswekkende oomblikke van anargie en moordorgies is wat oor die algemeen gedink word. Mag ek dan moontlik meehelp om dié wat nog voorbrand moet maak om hulself in daardie tyd te help en te beskerm, nou die nodige ammunisie te laat aanskaf.
Die voorbrand bestaan eerstens uit: BID, my volk, en hou nie daarmee op nie!!
En tweedens, skaf vir uself genoeg lewensmiddele en verdedigingsmiddele aan sodat u God in die oë kan kyk wanneer u sê: “Ek het geglo my Heer, en ek het ook my plig gedoen. Nou vertrou ek verder op U. AMEN.”