DEMOKRASIE SAL NOOIT IN AFRIKA SLAAG NIE!

Ds. A.E van den Berg

Demokrasie klink vir baie mense goed, maar is in werklikheid skadelik omdat dit van die veronderstelling uitgaan dat as mense in een opsig gelyk is, hulle in alle opsigte gelyk is. Dis ʼn baie duur misgissing. Afrika sien demokrasie verkeerdelik as ʼn geneesmiddel vir kolonialisme – gif as medisyne en medisyne as gif. Al mense wat hierby baat, is konkelaars en magsdronkaards.

Demokrasie het Afrika slegs met ʼn dun lagie beskawingvernis bedek. Dit kraak en verkrummel gereeld onder druk waarna barbarisme opvlam. Demokrasie sal nooit in Afrika slaag nie omdat die Afrika-mens uit huis uit sosialisties is.Sy tradisies enstamgebruike is sosialisties en ʼn sosialistiese gemeenskap in ʼn demokratiese mondering so gevaarlik soos ʼn pedofiel in ʼn kersvadergewaad!

Tegnies gesproke gee demokrasie 51% van ʼn gepeupel die reg om 49% eerbare burgers uit te stem. Afrika-leiers word feitlik sonder uitsondering deur ʼn dwase kieserskorps aan bewind geplaas. Gevolglik is dit vir politieke jakkalse gerieflik dat massas nie dink nie.

Afrika se demokrasieë is feitlik almal met die bloed van wetsgehoorsames bevlek. Dit gebeur as wolwe losgelaat en skape doodgebyt word! Daarom het Afrika van die hoogste misdaadsyferster wêreld. Desondanks word demokrasie as verteenwoordigende regeringvereer en die afwaartse spiraal versnel.

Demokrasie slaag net waar nie-gewelddadige maniere gebruik word om nasionale verskille te besleg. Dit vereis kundigheid, vaardigheid en gesonde verstand en is slegs met gekwalifiseerde stemreg moontlik. Gekwalifiseerde stemreg weeg koppe om te verhoed dat twee idiote een genie kan uitstem.

Ongekwalifiseerde stemreg tel koppe met droewige gevolge soos oral in Afrika te sien. Om die gepeupel op dieselfde vlak as eerbare burgers te plaas, los geen probleem op nie, maar vuur dit eerder met buitensporige maatskaplike voordele vir luiaards en hoë belasting vir yweriges aan.

Afrika se onuitblusbare rassehaat en wraaksug verhoed dat demokrasie ooit tot sy reg sal kom. Tirannie wel omdat dit uit dieselfde wortel ontwikkel.   Daarom kom ʼn “demokraties verkose”diktator se ystervuis baie gou na ʼn verkiesing uit sy fluweel handskoen te voorskyn en word sy droom vir die toekoms vir baie ʼn nagmerrie.  Nogtans glo Afrika dat demokrasie geregtigheid oor koloniale onreg laat seëvier het; ʼn misgissing wat diep spore van ontnugtering en verbittering nalaat.

Ondanks pogings om gesagstrukture te demokratiseer, trek Afrika-mag altyd in die hande van onbekwame, roofsugtigemense saam. Klein diewe word opgehang terwyl grotes in verantwoordelike poste aangestel word. Baie van hierdie nuwe leiers se lewens so vrot is, dat dit niks van misdadigheid verskil nie. Hulle sit op die internasionale verhoog en word met standbeelde vereer terwyl hulle na reg die galg verdien!

Afrika-leiers het ʼn onversadigbare aptyt vir chaos, korrupsie en wanpraktyke. Geen kuns word gouer aangeleer as om die staatskas te plunder nie. Alles word egter agter ʼn demokratiese bos verskuil en hul verstommende, onbekookte optredes gelate aanvaar. Dit maak van Afrika-demokrasie ʼn rusbank waarop politieke jakkalse hul baie gerieflik tuismaak en as dinge nie na wense verloop nie, blameer hulle die koloniale geskiedenis vir hul mislukkings.

Afrika-demokrasie is ’n regering deur ʼn gepeupel. Alles gaan oor getalle.Was dit nie daarvoor nie, sou geen haan na demokrasie gekraai het nie.   Dis egter ʼn middel tot ʼn doel; om die gans wat die gouer eier lê te slag!   Afrika-demokrasie het ʼn toestand van verwarring en wilde gedrag laat ontstaan waar mense nie meer met wette en ordelike reëls beheer kan word nie. Dit wat die koloniale moondhede oor baie dekades in Afrika opgebou het, is onder die dekmantel van demokrasie vernietig!