COVID-19 SAL ANC SKEUR

Te midde van die Covid-19 paniek-demie is spanning besig om breekpunt binne die ANC te bereik. Alles dui daarop dat die ANC se linkervleuel, aangevoer deur die “melkboer” van die Vrystaat, Ace Magashule, en ondersteun deur COSATU en die SAKP, in die komende dae en maande ‘n staatsgreep binne die ANC gaan probeer uitvoer en moontlik vir Julius Malema gaan betrek. Moet nie verbaas wees as die geniale houtwerk-matrikulant voor die einde van die jaar as nuwe president van die land houtwerk-take uitdeel nie!

Die tafel vir ekonomiese ineenstorting van die land was reeds gedek vóór die Covid-19 gebeure ook ons land ingesluk het. Ons ekonomie was weens wanbestuur, ANC-korrupsie en gewone onbevoegdheid lankal bestem om te sink. Nou is die sneller getrek en is daar net een pad – afwaarts.

Moody's en Fitch het Suid-Afrika se kredietgradering nog 'n “rommelstatus” laer gemaak, met ander woorde, onherstelbaar met net drastiese ingryping wat die situasie kan beredder. En dis juis hierdie ingryping waaroor die breuk binne die ANC gaan kom.

Die melkboer en houtwerker glo ons kan geld druk (soos Zimbabwe) en alle oorblywende bronne binnelands tap soos pensioenfondse en private kapitaal. Hulle reken ook BRICS kan help en wil dus na China en Rusland kyk vir hulp, eerder as die VSA.

Die Ramaphosa- en Mboweni-faksie wil weer op hulle beurt by die IMF gaan aanklop vir hulp. Die ANC weet egter dat wat hulle ookal doen, hulle beheer oor die ekonomie en oor besluite in hierdie land sal verloor, veral as die IMF gaan geld leen. Die IMF leen nie geld sonder baie harde terme nie. Van daardie terme sluit in ‘n onbekostigbare rentelas, privatisering van instansies soos SAA en ESKOM en diesmeer. Dit sal basies beteken dat die ANC die land namens die IMF regeer. Dit sal weliswaar nie onmiddellike vernietiging van die waarde van die Rand beteken nie, maar wel op die langtermyn.

Die Magashule-troika se opsie sal egter onmiddellike chaos in die ekonomie veroorsaak. Die Rand sal die Zim-dollar se afdraende pad loop.

Die wyse waarop geld nou gedruk en geleen word slegs om die Covid-19 fiasko te probeer beredder, (terwyl die res van die probleme net groter word), laat geen twyfel dat die skrif aan die muur is nie. Hierdie krisis in die land en binne die ANC sal deur die linkse faksie uitgebuit word want indien hulle dit laat verbygaan, sal Ramaphosa dalk baie sterker anderkant uitkom, iets wat hulle nie kan bekostig nie want dit sal hulle einde beteken.

Suid-Afrika staar ‘n reuse begrotingstekort en wegholskuld in die gesig. Die Instituut vir Internasionale Finansies beweer dat Suid-Afrika een van die mees kwesbare gevalle is juis vanweë wanbestuur oor die afgelope 25 jaar. Die besluit om te leen kan nie meer uitgestel word nie.

Al die kredietgraderingsagentskappe is dit eens dat die ANC-regering onbevoeg is om die hervormings wat gedoen moet word, te doen en hulle beveel natuurlik aan dat geld dadelik geleen word by die IMF. Die kredietgraderingsagentskappe is maar net die stem van die internasionale mark . Dit is duidelik dat die internasionale wêreld nou geheel en al vertroue in die ANC verloor het. Hulle “perd” wat hulle opgesaal het om Zuma op te volg, het hulle gefaal.

Daarbenewens sit die ANC met die dilemma dat daar sowat 10 miljoen van sy ondersteuners MIV-en TB-gevalle is. Daarom dat Ramaphosa die woorde gebruik dat Covid-19 die land gaan verswelg! Daardie groep is uiters vatbaar vir iets soos Covid-19 en die gevolge wat dit het op persone wie se immuniteit reeds aangetas is deur ‘n ander onderliggende siekte. Ramaphosa het dus geen keuse gehad om die grendeltyd te verleng nie want sou die virus onder daardie groep begin maai sal dit die einde van sy leierskap en waarskynlik ook van die ANC se oorheersing in hierdie land wees. Hy redeneer waarskynlik dat die IMF die antwoord op die probleem sal verskaf – leen geld en staar later daardie gevolge in die gesig.

Dat die ANC-regering ‘n klaaglike mislukking oor 25 jaar was word nog deur die massamedia, waaronder Media24 ontken, maar daaroor hoef nie eers meer debat gevoer te word nie. RW Johnson, linkse politieke kommentator en bekend vir sy kritiek op die ANC, bewoord dit soos volg:

Menige sal dit moeilik vind om te erken dat die hele ANC-avontuur in die parlement, wat begin het met die euforie onder Mandela, het so erg gefaal dat beheer van ons ekonomie nou aan vreemdelinge oorgegee moet word. Ons het reeds in die media se histeriese artikels gesien hoe die eerste twee fases beleef is – ontkenning en woede.

Sommige linkse kommentators is wel deeglik bewus dat ‘n IMF-lening effektief die einde van die ANC se “soewereiniteit”, bedoelende sy alleenreg om die land te regeer, gaan beteken en daarom dat hulle so daarteen skop. Oscar van Heerden, skryf in Daily Maverick, dat die IMF “infested, sick” is en die land verewig in ‘n skuldlas sal dompel.

Imraan Buccus skryf in dieSunday Times, dat die linkse vleuel van die ANC nie ‘n IMF-lening sal toelaat nie aangesien:

“the IMF is a key weapon of contemporary imperialism that has been used to undo the national sovereignty achieved by the anti-colonial movements...it subjects the national interests of countries across the global South to the interests of Western capital”.

Hy sê prontuit hy hoop die linksevleuel in die ANC sal kragte saamsnoer met linkses buite die ANC (dus die EFF) om dit te verhoed.

Peter Koenig, ‘n veteraan in ekonomiese ontledings, waarsku ook oor IMF-lenings:

The World Bank and the IMF have already offered help with large low-cost loans and even some grants for the poorest of the poor countries. Initial figures of the WB were US$ 12 billion and by the IMF US$ 50 billion for corona damage-alleviating lines of credits. In the meantime, both have upped the ante. In the case of the IMF, they are talking of up to a trillion dollars. Some IMF Board members have called for a Special SDR (Special Drawing Rights) Fund of up to 4 trillion SDRs. This shows how much the ruling elite doesn’t want to lose their handle on globalization. More than 60 countries have apparently already applied for “help” (sic) from the IMF.

These governments are committing their countries’ and their peoples’ soul to enslavement, to the ever-bolder elite economic and monetary tyranny. These loans are conditional, similar to what was earlier called “structural adjustments” – privatization of social services and infrastructure – what’s left of it – and concession to foreign corporations to exploit their natural resources oil, gas, minerals…. Whatever the West covets to forge forwards towards full domination of planet earth.”

Wat welwaar is, is dat net die IMF werklik genoeg geld het om aanSuid-Afrika te leen. ‘n Sogenaamde “ope brief” is aan Ramaphosa geskryf deur die ANC-Cosatu-SAKP alliansie se sekretariaat bestaande uit Ace Magashule(ANC), Solly Mapaila(SAKP) en Bheki Ntshalintshali(Cosatu) wat dit nou reeds duidelik stel dat die IMF-lening verwerp moet word en dat Mboweni tot orde geroep moet word.

Hulle stel voor dat die Reserwebank “a more developmental role” moet speel, met ander woorde, geld druk en dat reserwes aangewend moet word om die land uit sy penarie te red en dat staatseienaarskap van bates soos Sasol geneem moet word sowel as “explore all sources of domestic finance” wat insluit die pensioenfondse van individue (om dit natuurlik te onteien) Dit wilsê ‘n volbloed sosialistiese staat!

Voormelde gebeure maak dit baie duidelik dat ‘n breuk in die ANC onafwendbaar is.

Ramaphosa se besluiteloosheid om standpunt in te neem is tot dusver deur naïewe Afrikaners as “versoenend” gesien en as ‘n teken van sy leierskap. Sy opponente weet egter dat sy “doublespeak” ‘n teken van sy swakheid is. As die regte oomblik aanbreek kan ons die staatsgreep binne die ANC verwag en sal hy dalk, om dit beter te laat lyk,ook “teruggeroep” word soos Mbeki destyds.

Wat ons moet besef is dat nie Ramaphosa of Magashule of Malema die antwoord bied nie. Met Ramaphosa aan beheer word die pyn net uitgestel. En sy tyd loop uit.

Die ekonomiese rampspoed wat wag sal ‘n keuse gouer eerder as later op die ANC afdwing en ook uitwys wie die botoon in daardie geledere gaan voer. Daar is nie meer die luukse om vir tyd te speel nie. Ons stap immers ‘n depressie tegemoet.

Oor verloop van 25 jaar het die ANC met absolute arrogansie regeer met die media wat aan sy lippe gehang het. Nou weer word aan Ramaphosa se lippe gehang asof hy ‘n god is en asof hy al die kennis en wysheid in pag het om ‘n krisis te hanteer waarvan hy niks weet nie. Wat was die ANC voor hulle aan bewind gekom het? ‘n Spul lafhartige terroriste wat bomme geplant en terreur gesaai het! Nou sit hulle opgesaal met 10 miljoen werkloses wat gaan verdubbel in die maande wat voorlê. Boonop verwag hulle dat Covid-19 verwoesting onder hulle kieserskorps gaan saai en dat die res gaan moor, steel en roof om aan die lewe te bly. Hulle kon nie eers instandhouding aan van die beste infrastruktuur ter wêreld doen nie, laat staan nog enige daarvan verbeter.

Ergste van alles is dat ons in ons huise toegesluit is en toeskouers is van ‘n katastrofe wat nou afspeel!