ONS ALMAL IN DIESELFDE BOOTJIE?

Wee o wee...

Ons hoor heeldag, te midde van die Covid-19 fiasko, “ons is almal in dieselfde bootjie, ons moet nou net saamstaan”. Dit gee blykbaar vir mense bietjie gerusstelling te midde van die afgrond waaroor hulle stort – dit laat die landing selfs aantreklik lyk! So asof ons op “dag-watsenaam” as die grendeltyd uiteindelik gelig word in ‘n Utopie gaan wees. Dalk, wie weet in Alice se Wonderland.

Die waarheid is egter ver daarvandaan. Terwyl daar baie meriete in ‘n saak is waar mens gesamentlik stry vir ‘n gemeenskaplike doel, is hier van ‘n gemeenskaplike oogmerk geen sprake nie en behoort die stryd op ‘n gans ander doelstelling gerig te wees.

Ons hoop moet veel eerder gerig wees op ons oorlewing as Godvresende volk. En op realiteit, nie op die leuens wat die Covid-19 kenmerk nie. Dit is wel verblydend om te sien dat van die leuens ontmasker word. Vir die breindood Afrikaners wat die Kerkstraatbom-brigade vertrou om hulle uit te red in hierdie droewige tyd lê daar hierdie keer die ontnugtering van hulle lewe voor. Die skape gaan behoorlik van die bokke geskei word.

Wat word hiermee bedoel?

Bitter min van ons is gereed vir die drama en ellende wat gaan ontvou. Ons is steeds, ná die lees van seker ‘n paar duisend artikels, van mening dat die virus slegs ‘n baie klein persentasie sal dood – diegene wat immuniteitsprobleme ervaar as gevolg van ander siektes soos MIV en tuberkulose. Vir die res is dit soos ‘n gewone griep. Dit word egter gebruik om ‘n Nuwe Orde tot stand te bring en daarom die leuens oor die getalle en, met die propaganda rondom “massagrafte”, en “oorvol” hospitale, verseker die gepaardgaande paniek dat mense tot gehoorsaamheid gedwing word.

Dié wat voorbereid is (“die voorbereides”) het hulle kosvoorrade vir die volgende maande opgebou. Hulle (alternatiewe en ekstra) waterbronne is in orde, hulle het alternatiewe kragvoorsiening in plek, hulle het waarskynlik ‘n groentetuin, mediese hulptoerusting, wapens en ammunisie vir selfverdediging en is ook geestelik weerbaar omdat hulle ingesteldheid suiwer is.

Hierdie voorbereides word gehaat en bespot deur die res, soos die Toiletpapier-sage aandui. Die voorbereides het uiteraard baie verder as dit gedink wat die verloop van die tyd sal uitwys. Probleem is net – die voorbereides gaan geteiken word juis omdat hulle gereed is. In ‘n sosialistiese, kriminele diktatorskap moet almal mos deel aan die ellende en is dit “onregverdig” dat sommige beter anderkant uitkom.

Die onvoorbereides het onder hulle die arrogantes wat alles aflag as sou dit een van die dae verby wees. Hulle “werk saam” met die regering, spioeneer op hulle buurmanne en verbruik soos sprinkane elke dag wat te kope is in die supermark (wat terloops in ‘n tipe van militêre strafkamp-menasie omskep is waar almal mooi in lyn moet staan en hulle beurte moet afwag). Hulle roep mense wat nie die “sosiale afstand’ handhaaf nie summier tot orde en lag verder al die “conspiracy theories” af en is vreeslik braaf op die oomblik met hoe die “afplatting van die kurwe” die mensdom gaan red. Wee o wee…

Sien byvoorbeeld wat CJ Hopkins sê:

Tragies dat, indien mense erg genoeg geterroriseer word, die meerderheid se oorlewingsinstink na vore kom. Dit is nie ‘n kwessie van etiek of politiek nie. Dit is suiwer ‘n kwessie van selfbeskerming. Indien die normale lewensverloop vervang word met ‘n noodtoestand, is dit naastenby soos wanneer die alpha sjimpansee in sy groep doodgaan. Die ander sjimpansees in die groep drom dreigend saam teen mekaar tot dit duidelik word wie die nuwe dominante plaasvervanger is; dan eers sal hulle met mekaar vrede maak en onderdanigheid bewys.

https://www.unz.com/chopkins/brave-new-normal/

Tussen die onvoorbereides is daar die gewone naïewes wat maar net van nuusbulletin tot nuusbulletin lewe en gedwee elke nuwe opdrag aanvaar, al is dit met die onderliggende wete dat “iets nie sin maak nie”. Hulle lewe is so kortsigtig opgestel en ingestel dat hulle mening letterlik van die volgende aankondiging afhang – hulle is self tot geen onafhanklike opinie in staat nie. Hulle was tot dusver waarskynlik getroue, gehoorsame en hardwerkende landsburgers wat nou maar sit en toekyk hoe hulle inkomstes voor hulle neuse weggevat word en hulle besighede tot niet gaan. Hulle vertrou die Kerkstraatbom-brigade om die situasie te beredder ondanks ‘n rekord van stroping, staatskaping, onbevoegdheid, korrupsie, kriminaliteit, moordlustigheid, banaliteit en vulgariteit. Wee o wee…

Die arrogantes is tans voor in die koor en sing amper solo. Hulle juig oor elke nuwe aankondiging (van verslawing) en hulle god (die regime) kan eenvoudig niks verkeerd doen nie, (“Ai, die Cyril is darem ‘n staatsman!”). Dat hulle geestessiek is, selfsugtig, eiewys, hoogmoedig, verwaand, opgeblase en eintlik stapelgek, dit weet ons, maar wie durf in hierdie tyd sulke “onaanvaarbare” stellings (“fake news”) maak? Ons sal hulle egter nie vergeet nie…

Die gevaarlikste groep is die elite. Dit is hulle wat die groot voordeel gaan trek uit die hele sage wat hom nou afspeel. Hulle gaan astronomiese winste uit die saak maak. Hulle gaan nie van jou vat net omdat hulle gulsig (“greedy”) is nie, maar veral omdat hulle gaan toesien dat die res niks het ná hierdie tragedie nie. Hulle wil toesien dat die reg van privaateienaarskap verdwyn. So lees ons nou reeds dat Martin Kingston van die Rothschild-stigting die ANC-regime bystaan omdat die ekonomie “aggressief” herstruktureer sal word na hierdie gebeure. U kanverseker wees dit voorspel onheil! Die Rothschilds, een van die mees dominante figure in die Illuminati (wêreldgeldmag) se hele wese spreek van uitbuiting en verslawing van die mensdom en nooit van redding nie.

Die doelwitte wat die elite nastreef is ondermeer:

  • ‘n kontantlose samelewing waar beheer oor jou debiet- of kredietkaart gekry word;
  • Afskaffing van privaateienaarskap (behlawe natuurlik vir hulle self);
  • Volle beheer oor elke mens se lewe (Bill Gates praat ondermeer van die digitale mikroskyfie wat elkeen deur inenting sal dra en beheer oor skares);
  • 24/7/365 spioenasie op en monitering van elkeen se aktiwiteite.

Die elite voel vir menselewens niks. Bill Gates is ‘n tipe van die Antichris wat sataniese advertensies gebruik om sy aktiwiteite te bevorder en menselewens minder ag as skape. Mag die mensdom dit tog gou agterkom.

Die skape onder ons het eenvoudig nie die vermoë om hulleself reg te ruk en met selfrespek op te tree nie. Hulle volg eenvoudig elke nuwe “opdrag”. Ons wat dwarsdeur die agenda sien kort net èèn leier met integriteit om nou op te staan – ons wag vir daardie man – sy uur het aangebreek!

Ons gee nou baie dinge prys. Ons welvaart verdwyn onder ons neuse. Ons word soos gevangenes in hokke aangehou. Terwyl ons dan in daardie rigting beweeg het, waarom dit nie nou vir die regte rede doen nie: Ons vryheid!

Verstaan dan goed dat “ons” nie saam in hierdie gemors is nie. Laat “hulle” in hulle gemors wees. Soos dit gestel is:

Die donker magiese krag van chaos is dat dit gebruik kan word om andersins vredevolle mense te oorreed om onmenslike tirannie in die naam van “die groter doel” te ondersteun.

Wees versigtig om nie die standpunt te handhaaf naamlik “ons is almal saam hier in” nie want dit is die pad na kollektivisme (verknegting) en is ‘n blatante leuen.

Daar is ‘n dominante groep elite wat beplan het om groot gewin uit hierdie hele virus-sage te trek terwyl die res van die mense in armoede en ellende gedompel gaan word: hulle is verseker nie in óns boot nie.

Hulle sal die sogenaamde pandemie en die gepaardgaande ekonomiese ineenstorting wat hulself daargestel het, gebruik om die publiek te verkneg en hulle hul vryheid te ontneem, alles in die naam van veiligheid.

Verstaan dan dat daar beslis ‘n anderkant van die saak is. Die eerbare weg. Die regte kant. Laat u gewete u lei. Luister na rede. Maak ‘n ingeligte keuse.

Want hierdie keer is dit ‘n saak van lewe en dood!