MAGMISBRUIK BRING OPSTAND!

Dit is duidelik Ramaphosa het tans beheer aan sy ministers oorgelaat terwyl sy volle aandag nou by die implimentering van die Een Wêreldorde in Suid-Afrika is, soos in sy toespraak op You Tube gehoor kan word by die skakel https://youtu.be/WryOfFx57e0

En natuurlik is een na die ander van hierdie ministers nou besig om hulle mag te misbruik. Covid-19 het ‘n heerlike skuiwergat geword vir die eens non-entiteite om nou hul goedgevonde magsposisies aan te wend om beter oor hulle eie onvermoëns te voel. Dit is ook so dat sulke persone nie in staat is om te besef dat ander dwarsdeur hul fasade sien nie.

Neem byvoorbeeld Bheki Cele, die ANC se minister van Polisie, wat besluit het dat die polisie en nie die howe nie, tussen reg en verkeerd sal oordeel.

U sal onthou dat Cele nog deur Jacob Zuma as polisie-kommissaris aangestel is, waarna Cele baie vinnig aan homself die titel Generaal toegeken het, dadelik die ou militêre range in die polisie infaseer het en die polisie aangesê het om “dodelik op te tree wanneer nodig.”

Daarom is dit nie vreemd dat daar vanaf die eerste dag van grendeling onder Cele se aanvoering ernstige aanrandings plaasgevind het nie. Die eerste ongeval was ‘n 55jarige man van Ravensmead wat dood is nadat hy deur die polisie mishandel is. Die volgende sterfgeval was dié van Collins Khoza, ‘n inwoner van Alexandra, wat brutaal tot die dood deur militêre lede aangerand is. Tans is daar ver oor die honderd klagtes teen die polisie aanhangig gemaak vir mishandeling van die publiek.

En soos Cele die gesig van eskalerende brutaliteit is, is minister Nkosazana Dlamini Zuma die gesig van sosiale magsmisbruik. Sy het niks daarvan gedink om Ramaphosa se aankondiging dat sigaretverkope in fase 4 weer toegelaat sal word, omver te werp met die onsinnigste klomp redes nie. Die media wat hierdie saak die volgende dag opgehaal het, het ‘n foto van haar, omarmd met een van die grootste dwelmbase ter wêreld, in ‘n TV-nuusbulletin aan kykers gewys, en die moontlikheid tussen die reëls geopper dat daar dalk ‘n sake-ooreenkoms tussen dié twee gesluit is – wat die kyker net een moontlikheid laat, nl onderdeur-verkope van sigarette aan die dwelmbaas wat ‘n handige persoonlike inkomste kan meebring. Korrupsie in die ANC-regime is nie juis ‘n rariteit nie en klaarblyklik ook geen skande nie.

Maar nog meer absurde magmisbruik is die reël dat buitenshuise oefening net tussen 6 en 9 uur soggens mag plaasvind; geen logiese rede kan hiervoor aangevoer word nie en geen kommentaar sover oor die vertoë dat dit die gevaar vir virusverspreiding vergroot deurdat almal gelyktydig in daardie 3 ure op die pad oefen nie. So ook die absurde verpligte binnenshuis-verblyf tussen 8 saans tot 5 uur soggens.

Dan die waansinnige lang lys van beperkings en voorskrifte waarvolgens besighede nou bestuur moet word. Hiervoor het ons minister Ebrahim Patel om voor dankie te sê. Niemand, maar niemand by volle verstand, sal glo wat in hierdie lys, op besighede afforseer word nie. Die onmoontlike, onsinnige en belaglike reëls hierin vervat laat mens glo dat daar ‘n onderduimse plan moet wees om sakelui met bog besig te hou terwyl die ekonomie maar onder moet gaan; andersins is dit die ergste vorm van magsvertoon en kan net uit ‘n minderwaardigheid spruit.

Dit is geen wonder nie dat Amerika Suid-Afrika uitgelig het as die land met die slegste reputasie tydens ingrendeling waar aanranding en geweld deur polisie en weermag gepleeg word, die mense wat ons moes beskerm.

Reutersnuus berig “polisie gebruik rubberkoeëls, traangas, waterbomme en rottangs om die sosiale afstand tussen mense te probeer handhaaf”. Ja, hulle weet seker nie van die regte koeëls wat ook afgevuur word en selfs ‘n onskuldige hond gedood het nie. Alhoewel Georgette Gagnon, direkteur van veldoperasies sê: “ Die 39 voorvalle wat wel waargeneem is (daar is talle ander wat nie gerapporteer is nie of onder die mat ingevee is) sluit in moord, verkragting, die afvuur van vuurwapens en grootskaalse korrupsie”. Klink of daar darem kennis geneem is van die kospakkies aan minderbevoorregtes wat nou met nog groter omvang deur die regering en sy trawante gesteel word.

Die noodmaatreëls is nie veronderstel om ‘n regeringswapen te wees wat die bevolking soos skape aanjaag, beheer en in die proses hulle mag skandelik misbruik nie. Wat het geword van Suid-Afrika se sogenaamde wonderlike demokratiese konstitusie wat op vryheid, menswaardigheid en menseregte gebaseer is...

Suid-Afrika is besig om deur wanbestuur ekonomies in die afgrond te stort, en daar is geen manier hoe die uiters noodsaaklike komponente van begrip vir ‘n moderne ekonomie, die rol van tegnologie en kapitaal, die belangrikheid van innovering en vermoëns asook die noodsaaklikheid van die regte markte, deur die huidige regime verstaan of uitgevoer kan word nie. En waar laat dit die land, sy ekonomie en mense?

Die groot probleem kom nog omdat swart mense die afgelope 26 jaar gekondisioneer is met die ANC se mooi praatjies oor agtergeblewenheid wat reggestel sal word ens, stellings wat bedoel is om die swart volke ( in húlle perspektief) tot voordeel te strek. Indien daardie beloftes nou in die stof byt met verhongering en verarming agv die drakoniese grendelmaatreëls, kan dit nie anders as om ‘n groeiende weerstand teen die owerheid op te bou nie. Ons kan ons maar regmaak vir die reaksie daarop, naamlik plundering en brandstigting, want ons ken die swart nasie.

Indien die owerheid veel langer hierdie toestand troetel, is dit nie ‘n kwessie van òf die massas in opstand gaan kom nie, maar wánneer!

Dit is duidelik Ramaphosa het tans beheer aan sy ministers oorgelaat terwyl sy volle aandag nou by die implimentering van die Een Wêreldorde in Suid-Afrika is soos in sy toespraak