NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is twee duidelike groepe mense in hierdie wêreld: dié wat die werk in hierdie wêreld doen, en dan is daar dié wat die krediet daarvoor neem. Dit is egter beter om in die erste groep te val want dáár is baie minder kompetisie.

SA REGTER: INPERKING IS ONWETTIG

Uiteindelik staan ‘n vooraanstaande Suid-Afrikaanse regsgeleerde op en sê prontuit wat hy van die huidige toestand in ons land as gevolg van die virus-sage dink. Mag hy nie dieselfde pad gaan as sommige van sy eweknie in Amerika wat net so dapper was en daarom vandag nie meer met ons is nie... Die Voorsitter van die FMF Rule of Law Board of Advisors en voormalige Regter van die Hooggeregshof van Suid-Afrika, Regter Rex van Schalkwyk, meen dat die inperking wat ons tans beleef, veral ons “huisarres” soos hy dit noem, ‘n onwettige instelling van die huidige regime is.

Regter Van Schalkwyk sê toepassing van die Reg is ‘n buffer wat die publiek teen tirannie moet beskerm. Die wettig- of onwettigheid van die inperking moet gesien word in ooreenstemming met die reëls van die Reg.

Hy meen huisarres is ‘n algemene vorm van straf vir ‘n veroordeelde krimineel en hierdie straf kan slegs wettig toegepas word op ‘n persoon wat ‘n regverdige verhoor gehad het.

Om dan nie te praat van ‘n land se totale bevolking wat reeds weke lank onder huisarres is nie!

Volgens Regter Van Schalkwyk regverdig die doel hier nie die metode nie en is die huisarres van mense onder die huidige omstandighede ‘n vorm van tirannie. Ons regstelsel laat nie toe dat die vryheid van landsburgers so ondermyn word nie; dit gee nie aan die uitvoerders of aan die president die reg om sulke drakoniese besluite te neem nie.

‘n Voorbeeld van hoe die Reg werk is om aan die vry indiwidu in die land goedkeuring te gee om enigiets te doen wat nie onwettig is nie terwyl daar van die staat verwag word om niks te doen wat onwettig is nie. Enigiets wat die staat beplan om uit te voer is onderhewig aan reëls van die Reg. Die Reg mag nooit so deur die staat misbruik word dat dit die fundamentele mag van die regstelsel ondermyn nie. Daarom is enige optrede van die staat wat die regstelsel ondermyn ontoelaatbaar en onwettig. Om met hierdie beginsel in ooreenstemming te wees is dit noodsaaklik dat enige beperkings wat op die individu se vryheid geplaas word, hom steeds met redelikheid in staat sal stel om sy doel te verwesenlik.

Daar is drie basiese regsreëls wat nagekom moet word wanneer die staat beperkings op die individu bedien:

  1. Daar moet in ag geneem word dat die individu se vryheid gewaarborg word in ooreenstemming met die beoogde doelstelling van die staat;
  2. Die maatreëls moet die toestand opsigtelik verbeter;
  3. Daar moet ‘n duidelike voordeel en oplossing in die maatreëls wees wat die staat neem.

Gelofteland het tevore geskryf oor hoe Swede sy sowat tien miljoen inwoners die keuse gegee het om te issoleer. Dit is nie deur die staat afgedwing nie uit respek vir die vryheid van die individu. Die sterftesyfer daar verskil nie veel van lande waar huisarres afgedwing is nie waaruit dit blyk dat die Sweedse owerheid die regte besluit geneem het.

Die oomblik wat gedwonge maatreëls ‘n probleem blyk te wees wanneer al die feite nie bekend is nie, op die kort of lang termyn, of dat die toepassing oordadig of onnodig is, moet ‘n dringende ondersoek geloods word wat die proses omswaai indien so bevind. En dit is waar ons onsself nou bevind. Hier moet nou ‘n dringende ommekeer van die staat se inperkingmaatreëls plaasvind.

Soos wat die voorspelde sterftesyfers vir lande soos Italië en die VSA onderskeidelik tussen tien en veertien persent was, blyk dit nou dat hierdie aannames vals was. In die meeste gevalle wys statistiek ‘n vier persent infeksiekoers terwyl die sterftesyfer ‘n minimale getal is in vergelyking met wat voorspel is en huidiglik nog onder 0.5% is.

Hierdie syfers is deur gerespekteerde epidemioloë en statici nagevors en hulle eindelike gevolgtrekking is: DAT COVID-19 DIESELFDE STATISTIEK AS SEISOENALE GRIEP WYS .

Die gevolgtrekking is dus dat maatreëls soos die ontplooiing van die weermag, die instel van die Koronavirus Opdrag-Kommissie, die ban op sigarette en alkohol en talle ander lewensbehoeftes, nie aan die drie hoof-regsvereistes van ons regstelsel soos bo uiteengesit, voldoen nie.

Ook kan die voorgenome doel van die maatreëls soos deur die staat ingestel nie daardeur bereik word nie. Dit is onmoontlik om met huisarres ‘n nasionale bedreiging soos ‘n virus uit te wis. Dit sal bly solank daar nie ‘n globale immuniteit daarteen opgebou word nie – wat net kan gebeur wanneer sterk en gesonde mense daaraan blootgestel word. En dit bly ‘n gewone griepvirus wat by gesonde persone soms nie eers sigbare simptome wys nie; daarom regverdig die doel nie die metode nie en moet daar dringend ‘n ondersoek hierna geloods word.

Mag Regter Van Schalkwyk en sy bondgenote die krag, wysheid en genade ontvang om hierdie waansinnigheid van die staat omver te werp voordat die skade aan ons mense en ons ekonomie nog groter is!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1248 gaste aanlyn