ONS VOLBLOED KOMMUNISTIESE STAAT

DIE HOUTPERD IN SUID-AFRIKA

Met dank aan Prof H.G. vd Westhuizen

Suid-Afrika is uiteindelik ‘n volbloed kommunistiese land terwyl talle intelligente hoë profiel-persone dit nie besef nie. In ons land is die ateïstiese Kommunisme aanvanklik bestry en die lafhartige terreurgroep, die ANC, ook. Onder nasionaal-gesinde Afrikanerleiers is die gevaar ingesien. Die terroristiese aanslae op ons land, op die grense en binnelands, was effektief geneutraliseer. Vandag onder die hiel van daardie selfde terroriste se regime wat ook die Wêreld Geldmag met al sy leuens, selfs oor ‘n virus, terwille is, kyk ons met ontnugtering terug hoe ons van ‘n nasionaalgesinde Eerste Wêreldland tot ‘n kommunistiese Derde Wêreldland in dubbele rommelstatus verval het.

Volgens oorlewering het die inwoners van Troje gedink dat die Griekse houtperd in hulle midde die gode se seën op Troje impliseer. Die waarheid was gans anders, dit het Troje se eie ondergang bewerk. Toe die tyd geleë is, in die nag, het die vyand letterlik uit die houtperd gestroom en Troje se poort van binne af oopgemaak sodat die vyand die stad van buite kon oorstroom en oorweldig.

Troje het ook vir jare, 'n volle dekade, die Griekse beleg van hulle stad weerstaan. Daarna het die Griekse leër die beleg skynbaar beëindig en hulle uit sig onttrek. Net die massiewe houtperd het agtergebly –om uiteindelik in Troje tot reg te kom.

Kommunisme was nie in die openbaar in ons land bepleit en bevorder nie. Kommunistiese politiek was verbode. Maar akademiese Marxisme, die houtperd, was nie verbode nie. Marxisme was nie teen die wet nie.

Marxisme was die houtperd by die Troje van die Suid-Afrikaanse samelewing. Op die terreine van veral die sosiologie en die teologie was die Marxisme as 'n bewonderenswaardige en gesogte houtperd dieper en dieper inSuid-Afrika ingesleep. Die houtperd het ‘n draak in ons midde gebaar en ons land is oorstroom deur die vyand sodat dit vandag amper onherkenbaar vermink is.

Dus, miskien moet ons weer mooi kyk wat ons in ons land losgelaat het; ingesleep het. Vergeet vir ‘n oomblik van woorde soos demokrasie en menseregte. Kom ons bekyk die draak van naderby.

Wat word kortweg onder Marxisme, Marxisme-Leninisme en Kommunisme verstaan?

Wat is Marxisme?

Marxisme het 'n veelheid van interpretasies (net soos die Christendom uit 'n veelheid denominasies bestaan).‘n Basiese kenmerk van die Marxisme is sy humanisme wat mense as gelyke sosiale wesens sien. Die konsep van die mens as 'n sosiale wese (en dit beteken vir Marx 'n menslike wese) is 'n sleutelkonsep in sy denke.

Voortvloeiend uit Marx se sosiale humanisme kom veral die volgende punte wat hier van belang is na vore: gelykheid, wette, strukture, stryd, individualiteit en geloof. Marxisme leer die gelykheid van alle mense. Daarom moet alle mense op dieselfde vlak wees: ewe ryk of ewe arm, ewe ontwikkeld, geleerd en beskaafd, ewe vry, ewe gevoed, geklee en behuis, ewe gesond, bruikbaar en nuttig. Sou 'n mens daarop wys dat die realiteite van die lewe nou een maal anders is, dat mense verskillend is in tale, tradisies, kulture, wonings en lande, is die verweer van die Marxisme deur om 'n sondebok te wys: apartheidswette! Wette wat onderskeid gestel het en klasse daargestel het. Klasse bring konflik. Indien daar nie wetlike strukture was nie, sou daar nie aggressie en konflik gewees het nie. Klasse bring repressie en dit lei noodwendig tot aggressie. Individualiteit moet verdwyn en plek maak vir gelykwees (ewewees) in alle opsigte. Herverdeling van besit, beskawing, standaard en gelykskakeling van ras, grondgebied, onderwys, politiek, kerk en kultuur. Inisiatief en privaatheid moet gesosialiseer word.

Die praktyk en die geskiedenis toon natuurlik dat gelykheid en vryheid botsende begrippe is. Die gelykheid van toegang van rasse tot enige woongebied of openbare vervoer, ontneem 'n individu die vryheid om ten opsigte van die betrokke sake te kan assosieer net met sy eie ras. Sonder om die evolusionistiese en dialekties-historiese materialisme in al hulle fasette in die Marxistiese filosofie na te gaan, kan alleen uit bogenoemde al gestel word dat die Marxisme Godloos wil wees.

'n Sosialistiese humanisme van die omvang, indringendheid en konsekwentheid van die Marxisme, stoel juis op die wortel dat daar nie 'n metafisiese dimensie van die sigbare wêreld is nie. Die sienlike kom van en uit die sienlike. Daar is nie 'n onsienlike nie. Daar is nie 'n God nie. Daar is nie waarheid in die geloof in God nie. Daarom is daar ook geen verskil te make of te handhaaf tussen gelowiges (van watter aard) en ongelowiges (van watter aard) nie. Menseregte soos deur die sosialistiese humanisme van die Marxisme uitgespel, lê klem op die gelykheid en eendersheid en eenwording van “race, sex, age, colour and creed”.

Marxisme-Leninisme op sy beurt weer word voorgehou as 'n:

“transformation of Marx ignoring his humanism in favour of the dictatorship of the Party”.

Lenin sou dan so min of meer die vlieg in die salf wees. Hy het die boosheid in die Marxisme-Leninisme gebring; hy het die konsep van die “Party” ingebring – die diktatorskap van die Party en dat teenstanders vernietig moet word. Terwyl Marxisme dus positief beoordeel was, is Marxisme-Leninisme veroordeel. Veral ten opsigte van die volgende sake word hierdie onderskeid gehandhaaf: ideologie, klas, politiek en revolusie. Wat ideologie betref, word Marxisme positief gesien as 'n rasionalisering van die klassestryd, terwyl Marxisme-Leninisme negatief veroordeel word as die instrumentalisering van morele waardes, soos geregtigheid en bevryding.

Klas verwys vir die Marxisme bloot na die status van 'n groep met betrekking tot sy eienaarskap al dan nie van produkte. Marxisme-Leninisme oorbeklemtoon die konsep “klas” ten koste van ander konsepte soos ras en so meer. Politiek in die Marxistiese benadering sou dan die grondige artikulasie van die klassekonflik in sosiale, ekonomiese en politieke verhoudinge wees, terwyl dit in Marxisties-Leninistiese sin 'n baie begrensde Partyhantering van die klassekonflik sou wees.

Eweneens word revolusie in Marxistiese sin baie positief gesien:

“According to Marx revolution is a historical and dialectical process which takes place through conscientisation of the proletariat. It need not be violent”.

Daar teenoor is revolusie vir die Marxisme-Leninisme 'n radikale bevryding deur die omverwerping van die staat.

Teen hierdie agtergrond van 'n onderskeid tussen Marxisme en Marxisme-Leninisme, is die Marxistiese benadering van ideologie (weg met blanke regering in Suid-Afrika), klas (werkers en Swartes moes polities, sosiaal en ekonomies bekragtig word), politiek (ekonomiese krag moet gelyk verdeel word onder alle groepe en rasse en volksgroepe), en revolusie bepleit.

Ten opsigte van revolusie sou die goeie Marxistiese benadering dan neerkom op:

In a democracy the revolution can take place through the ballot-box. In so far as South Africa is a democracy this evolutionary revolution is possible. But in so far as it is undemocratic in its treatment of non-White groups the revolution will have to take a violent nature”.

Kommunisme

Nadat die revolusie as mikpunt van alle Marxisme en Marxisme-Leninisme bereik is, sou dan 'n ware demokrasievolg - die diktatuur van die proletariaat, werkers of gelykes. Die tweede stadium waama die revolusie moet lei, is Kommunisme. Dit sal 'n nuwe vreedsame samelewing wees met nuwe“vry”mense. Dit is 'n samelewing sonder klasseverskil, privaatbesit en dus ook konflik, uitbuiting en aggressie.

Uit die inhoud van wat hierbo oor Marxisme, Marxisme-Leninisme en Kommunisme gesê is, behoort dit reeds duidelik te wees, dat omtrent alles wat onder die naam van politieke hervorming vandag in Suid-Afrika plaasgevind het, niks minder as Marxisme is nie.

Die Marxistiese politiek sien Suid-Afrika as 'n ongelyke gemeenskap weens eksploitasie deur Blankes wat geld, mag, geweld en geleenthede gehad het wat die Swartes dan nie sou gehad het nie. Hierdie status quo wou Blankes handhaaf deur wette en tuislande vir Swartes. Hierdie Marxistiese analise van die gemeenskap in Suid-Afrika, hou natuurlik geen rekening met volkskap, volksbewussyn, nasionalisme, vaderland, kultuur, beskawing en so meer nie. Inteendeel! Dit alles as onewehede word verwerp. Die oplossing wat aangebied word sou dan net een van twee wees:

“How can this unequal society be transformed into a just society? The Marxist-Leninist chooses the inevitability of a violent revolution. The Marxist looks for radical change which excludes violence. The radical change must take place on the basic level, namely, the distribution of economic power. Political, social and economic power is concentrated in the hands of the white ruling class. A change must take place on all three levels but real change can only be based on the economic level”.

Kyk ons na wat vandag op politieke gebied in Suid-Afrika op grootskaal plaasvind, staan 'n mens verstom hoe Marxistiese verandering in die politiekehervorming die greep op byna alles het. Die Marxistiese beskouing van regverdige samelewing, demokrasie, gelykheid en so meer word in 'n groot mate gewoon as uitgangspunt aanvaar. Die heersende politiek is gekaap om in kameraadskap van “ons probleme” te praat. Die goeie uitweg uit ons Marxisties-gedefinieerde probleme is blykbaar om Marxisme-Leninisme oorbodig te maak deur so goed en so gou moontlik Marxisties te word:

“A society such as ours with its political, social and economic injustices can be exploited for Marxist-Leninist aims and the best way to cope with this is to tackle injustices on all levels and not to cover up the iniquities of our society”.

Wat demokrasie betref, moes daar glo 'n verbreding kom ongesiens en met opheffing van nasionalismes, volksbewussyne en volksbestaan:

“We should not isolate ourselves from Western democratic countries. There is of course a close link between undemocratic national politics and international isolation. … In our rejection of the non-political means of violence to solve our problems we must eradicate the existence of structural violence created by unjust laws”.

Die tweede implikasie wat Marxisme polities in Suid-Afrika glo tot stand moet bring, het te doene met kapitalisme. Waar kapitalisme as ekonomiese sisteem opgebou word uit privaatbesit, individuele inisiatief en produksie-kompetisie, en geassosieer is met nasionalisme en Swart tuislande as neo-kolonialisme, word daar nog soekend rondgetas na 'n aanvaarbare kombinasie van goeie elemente uit bogenoemde faktore en Marxisme; in elk geval:

“the implementation of an economic system in which a more just distribution of wealth is possible”.

Die onregverdigheid van 10-20% (Blankes) wat 87% grondbesit teenoor 80-90% (Swartes) wat 13% besit, moes opgehef word. Nou moet die grondwet verander word sodat dit drasties beslag kan kry. By so 'n Marxistiese redenasie word baie faktore eenvoudig buite rekening gelaat soos: Watter land is wie se land? Dit is die mees basiese vraag omdat dit te doene het met volksbewussyne, kulture en so meer. Die geskiedenis bestaan tog steeds. Onuitgesorteerde                                                                                                                                                      koloniale imperialistiese erfenisse is prioriteite in die roepe na oplossings van politieke probleme. Maar nee, die derdewêreld is geografies wat grondbesit betref, en in ander opsigte, sommer met die eerstewêreld in Suid-Afrika gelyk gestel.

'n Mens staan eenvoudig verstom oor die gebeure. Waarin die geskiedenis op hierdie aarde in soortgelyke omstandighede as dié in Suid-Afrika het hierdie model                                                                                                                                                                             (wat nasionalismes vernietig) geslaag?

Dit is ‘n skreiende ironie dat Karl Marx wat juis erns daarmee maak om die mens uit sy vervreemding te verlos, die enigste Verlosser, Jesus Christus, verloën. Vir Marx is “vervreemding” vervreemding van die natuur. Antropologies uitgedruk:

Dit is 'n onmenslike verhouding tot die natuur ... Eerstens is die mens vervreem van die produk van sy arbeid ... Hy word tweedens ook van sy produserende werksaamheid self vervreem ... Die derde vlak van vervreemding ... is die vervreemding tussen die arbeider en sy medemens. Laastens is die mens ook vervreem van homself as persoon. Die ware Middelaar tussen mens en God, en daarmee in al die menslike verhoudinge, word deur die Marxisme verwerp.

Marxisme kom in der waarheid in die plek van God. Daarom kan Marx, terwyl hy toegee dat Kommunisme met ateïsme begin, ook verklaar dat ateïsme nog lank nie Kommunisme is nie. Dit is inderdaad 'n uitgemaakte saak dat daar geen vreedsame naasbestaan tussen die Kommunisme en die Christendom nie.

Nogtans is (en word steeds) gepleit dat die kerk en samelewing in Suid-Afrika positiewe waardering oor en deelname aan die hierdie (Marxistiese) bestel moet hê ten spyte van die feit dat ons kennis neem dat:

“For Marxism the ‘death of God’ is a necessary condition for the concern for man”.

Omdat die Godloosheid van die Marxisme 'n Godloosheid ten gunste van die mens is, word dit in die Marxisme selfs positief waardeer!

And indeed, the atheism of Marxism deserves our respect, for it is an atheism for the sake of man - man, not as an isolated sovereign individual, but as a communal being. For Marxism must be explored, and we must face the serious criticism that even the concept of God held by many Christians in South Africa is a hindrance for really coming to grips with our problems”.

Die geloof in Christus as ons enigste en ewige Verlosser, die bestaan van ons volk, en ons eie individualiteit en identiteit onder andere, is nou in 'n bedreigde posisie vir hulle voortbestaan voor die aanslag van die Marxisme.

Alexander Solzhenitsyn het gesê:

Within the philosophical system of Marx and Lenin and at the heart of their psychology, hatred of God is the principal driving force more fundamental than all their political and economic pretentious ... To achieve its diabolical ends communism needs to control a population devoid of religious and national feeling, and this entails a destruction of faith and nationhood”.

Daar word van ons verwag om hierdie “demokratiese”bestel (Marxisme) as iets goeds te aanvaar en maar net te waak teen die “vergrype”. Dit is egter duidelik dat wie“A”sê vir die sisteem (van die Marxistiese boom),ook uiteindelik “B” moet sê vir die boom se vrugte. Marxisme en enige Marxistiese sosialisme is en loop onvermydelik uit op Marxisme-Leninisme en Kommunisme.

Marxisme was 'n Trojaanse perd om al die gevare van Kommunisme in Suid-Afrika in te bring. Eintlik is Marxisme (soos prof HG van der Westhuizen tereg opmerk), nie soos in die geval van Troje 'n houtperd nie, maar 'n houtbeer. Hy het homself voorgedoen as 'n sagte teddiebeer vir akademici soos sosioloë, teoloë en politici. Met sy kloue sou hy dan nie vang nie en met sy kake sou hy dan nie byt nie!

Die Marxistiese teddiebeer het ons toe wel ontvanklik gemaak vir die kommunistiese beer! Ja, ons bly vandag in ‘n volbloed Marxistiese staat!