VERTRAP, VERMINK, VERMOOR...

Dit is net verstommend dat soveel Blankes in hierdie land steeds nie kan insien wat besig is om hier te gebeur en wat die rede daarvoor is nie. Sonder daardie kennis is daar geen hoop vir ‘n eendragtige versetbeweging om ons weer op die regte pad te plaas nie.

Daar word telkens vasgekyk teen die huidige probleme en telkens na oplossings gesoek om individuele gevalle op te los. Eskom is seker die beste voorbeeld daarvan. Ons is meer begaan oor die “beurtkrag-skedule” van vandag as oor ons kinders se toekoms van more. Of ons word gesus deur ‘n kommissie (wat nou al meer as ‘n jaar lank sit) wat “staatskaping” ondersoek en gaan “uitroei”, terwyl dit tog duidelik is dat daar net geen einde aan daardie “soektog” gaan wees nie. So moet ons ook hoor dat die die president “sake-vriendelik” is, wat dit ookal mag beteken. Wat dit beslis nie beteken nie, is dat dit nie korrupsie gestop het nie, nie grondonteiening verhoed nie, nie misdaad kon hokslaan nie en nie ‘n dreigende resessie kon afweer nie, om maar enkeles te noem.

Die harde werklikheid is dat die ANC ‘n (kommunistiese) sosialistiese program volg gemik op onteiening, staatsbesit en -beheer, en dit deur ‘n korrupte en onbevoegde nomenclatura wat ‘n veer voel vir hulle eie mense, laat staan nog die Blankes wat hulle met ‘n passie haat. Dit het ‘n mooi naam - “transformasie” –terwyl dit eintlik net nog ‘n doodgewone sosialistiese revolusie is. Maar nou ja, selfs die woorde “nasionale demokratiese revolusie” het baie Blankes nie laat regop sit nie.

So, wat ons het is “een van die beste grondwette in die wêreld” volgens liberaliste, kompleet met die “rule of law”, ‘n konstitusionele hof, ‘n “demokrasie”, maar onder ons neuse word ‘n revolusie voltrek. Wat eintlik gebeur het is dat ons deur wetgewing wat ons kamstig moes beskerm het, tot slawerny verdoem is. Ons sien voor ons oë hoe alles vernietig word, maar ons wonderlike grondwet en al die ander ondergeskikte wetgewing is die strooihalm waaraan ons vashou. Feit is dat die grondwet nie in die weg van die revolusie kon staan nie, inteendeel, dit het die revolusie bevorder en bestendig!

‘n Land met die infrastruktuur en minerale hulpbronne wat Suid-Afrika 25 jaar gelede gehad het, verval nie in die chaos waarin hy nou is deur “bad luck’ of per toeval nie, dit is so beplan. Dit is so ontwerp. Dit is so bestem.

Ja, 25 jaar gelde het ons land getel onder die bestes in die wêreld wat enige faset van die land betref. Die ANC het ‘n model-ekonomie geërf. Daar was ‘n platform, ‘n stewige basis waarop met vrug voortgebou kon word. Maar die revolusie het alles verteer en sy gulsige vet vrate het alles opgevreet. Dit was ‘n stelselmatige proses van vernietiging. Alles wat vooruitgang daargestel het, alles wat opgebou was is onder die vaandel van “injustices of the past” vernietig.

Die grootste skurke denkbaar op planeet aarde sit nou in sleutelposisies. Die wat wel kennelik die land misdadig gestroop het, is onaantasbaar. Hulle lag vir die land se vervolgingsgesag. Intussen word Blanke boere wat hulle grond teen diewe beskerm aan “moord” en “poging tot moord” skuldig bevind en vir jare tronk toe gestuur deur wraaksugtige swart landdroste.

En stelselmatig groei die geledere van die nomenclatura as die stemvee wat die ANC aan bewind moet hou met salarisse wat die private sektor s’n na ‘n liefdadigheidsorganisasie laat lyk. En om sake te vererger is 10 miljoen onwettige immigrante besig om die land se steierende openbare dienste finaal te kraak en te ontwortel terwyl Blanke belastingbetalers gedwee moet toekyk. Dit terwyl ons die ergste belastinglas in die ganse heelal het!

Die meerderheid is so onbevoeg dat hulle wette nodig het om hulleself in te wurm in elke sektor, publiek en privaat. Dit is gedoop “bemagtiging”, en beste van alles, die liberale juigkommando dink dis wonderlik!

Word na die ANC-telbord gekyk is dit ‘n onomstootlike feit dat die ANC alles, maar alles, afgebreek het. Hulle kry ‘n ronde nul vir alles. Die SAA en Eskom, die paaie en geboue, die waterbronne, die hospitaaldienste, die staatsdienssektore, ja, te veel om op te noem. Nou moet die boer ook sy plaas verloor sonder vergoeding, steeds sy verband- en landbouskuld sonder sekuriteit afbetaal, maar moet ons glo dat “Cyril” die verskil gaan maak – ja hy wat al glimlaggende die wetgewing in hierdie verband gesteun het.

Nou gaan ons almal boonop “gratis” hospitalisasie ontvang. Dit het ‘n pragtige naam “National Health Insurance”, wat reeds inmekaar getuimel het.  En wat gebeur? Die liberale mediese dokters wat “ja” en NP en DA gestem het wil die land verlaat! Waarom? Is julle dan deur julle leiers belieg? Of is dit ‘n geval dat julle geweet het wat kom, maar verkies het om nie na hulle nageslagte kyk nie, maar eerder die geld wat te make was uit die volgende operasie? Ja en so sal ook die mediese dienste geheel en al in duie stort. En die ANC gee in elk geval nie ‘n flenter om vir elke Blanke wat die land verlaat nie. Hoe sê hulle, “good riddance”, veral dat hulle nou besluit het om nie die persoon se geld met hom te laat saam landuit gaan nie.

Tog wil baie steeds nie glo dat Zimbabwe ons voorland is nie. Daar is net geen rasionele rede om dit te ontken nie, maar daardie persepsie lewe en word lewendig gehou deur ‘n media wat net nie genoeg van die edele barbaar kan kry nie.

En dit bring ons by die ontwerpers agter die ontwerpers. Die agenda agter die agenda. Moet nie vir een oomblik glo dat hierdie situasie wat ons beleef deur doodgewone druk van die swart hordes om “meerderheidsregering” te vestig, bewerkstellig is nie. Nee. Die sosialistiese revolusie is deel van die Joodsbeheerde plan om elke staat oor te gee aan ‘n klein magskliek wat beheer kry oor die hele staat en sy hulpbronne en wat maar te geneë is om aan ‘n nomenclatura waardelose geld te betaal met ‘n illusie van rykdom daarmee gepaard, terwyl die eintlike rykdomme en die beheer daarvan aan hulle, die ontwerpers agter die ontwerpers, gaan. Dit het gebeur toe daar nog 'n “lening” toestaan is om die ekonomie weer ‘n “hupstoot” te gee, en met die lenings wat nog aangegaan sal word. Wat misgekyk word is die rente op daardie lenings en veral die terugbetalingsvoorwaardes. Die land self sal as sekuriteit vir daardie lenings dien. Die land self sal oorhandig word aan die Joodse geldmagte. En daardie dag is baie naby.

Ja, soos elders deur een van ons volk se edelmanne beskryf word, word ons getoets en gebrei in die tuimeldrom. Ja gemaal, geskuur, rondgeslinger, verneder, vertrap, verguis, vermink en selfs vermoor.

Mag die suiwering en veredeling wat dit meebring ‘n produk daarstel wat nog die erenaam “Afrikaner” waardig is. Een wat op die gegewe uur in die bresse sal tree vir ons volk. Om die erwe van ons vaders vir ons kinders te behou!