WÊRELDREUS TOT ASHOOPROMMEL

Ons sien vandag ons eens Eerste Wêreldland as ‘n vuil, vernielde stuk ashooprommel, nie net op ‘n gewone rommelhoop nie maar met dubbele rommelstatus. Wie sou ooit kon dink dat ons hier sou land na die uitmuntende prestasies wat Suid-Afrika onder ‘n bekwame regering in die verlede behaal het? Ons raak so gewoond aan al die vervallenheid rondom ons dat dit aan breinspoeling grens. Met hierdie kort artikel word gepoog om die omvang van die afbreek van ‘n wêreldleierland na ‘n stuk ashooprommel te begryp in die hoop dat dit sommige se oë sal oopsluit.

Onder ‘n bekwame blanke regering produseer Suid-Afrika ‘n skrale vyf jaar voor oorgawe aan ‘n korrupte swart regering meer elektriese energie as Italië, net soveel ru-staal as Frankryk, meer koring as Kanada, meer wol as die VSA, meer wyn as Griekeland en meer vis as Groot-Brittanje.

Die RSA huisves toe binne sy grense net 6% van die totale bevolking van Afrika en beslaan net 4% van Afrika se hele oppervlakte en tog lewer dit meer as 50% van die gesamentlike elektriese krag, besit 74% van alle ge-elektrifiseerde spoorlyne, produseer meer as 24% van die gesamentlike bruto-nasionale produk en besit 25% van die hele Afrika se telefone.

Die Suid-Afrikaanse treine loop op meer kilometers spoorlyne as Wes-Duitsland s'n, vervoer meer passasiers as Switzerland en het 'n beter stiptelikheidsrekord as Oostenryk.

Suid-Afrikaanse maatskappye werk met mikroskopiese toleransies wat vir kernindustrieë vereis word, bou rekenaars en jagvliegtuie met spuitmotors waarvan die snelheid Mach-2 is (d.i. tweekeer dié van klank), voer motoronderdele uit na 100 lande van die wêreld en het die grootste ammunisiefabriek in die wêreld gebou.

Die RSA besit en onderhou een van die weinig hoogsgekompliseerde uraanverrykingsaanlegte van die wêreld en bou ses kernbomme bo wêreldstandaard.

Suid-Afrika het die wêreld se grootste algeheel nuwe haweaanlegte in Richardsbaai gebou asook die wêreld se langste spoorlyn vir gespesialiseerde vervoer (ystererts), naamlik die Sishen-Saldanha-verbinding van 860 km, wat later ook vir algemene vervoer gebruik is.

Suid-Afrika se mynskagdeskundiges, wie se voorvaders met die grootste mensgemaakte uitgrawing (die "groot gat" van Kimberley) kan spog, het 'n diepte van 3,480 meter bereik (dieper as wat mense ooit geboor het) en hulle hou die wêreldrekord vir die diepste loodregte skag wat ooit gebou is nl. 2,948m.

Die olie-uit-steenkool-proses van die reuseonderneming SASOL is een van die grootste prestasies van internasionale tegnologie en die deskundige kennis van die verskillende prosesse is steeds hoog in aanvraag deur soortgelyke aanlegte in Duitsland, die VSA en Japan.

Die per-kop-inkomste van die hele bevolking van Suid-Afrika, swartes ingesluit, het in 1983  sowat 2,450 Amerikaanse dollar beloop, was dit nege keer hoër as dié van Mosambiek, vier keer dié van Zambië, meer as drie keer dié van Zimbabwe en byna twee keer dié van die hele streek van Suidelike Afrika.

Vergeleke met die hele streek van Suidelike Afrika (d.w.s. Angola-Botswana, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Swasieland, Zambië en Zimbabwe) is die aandeel van die RSA soos volg:

80% van die gesamentlike bruto nasionale produk (1986)
77% van alle opgewekte elektrisiteit (1980)
97% van alle ontginde steenkool (1980)
98% van alle ontginde ystererts (1980)
82% van alle ontginde chroom (1978)
77% van die mielie-oes (1986)
87% van die koringoes (1980)
57% van die suikerriet-oes (1979)
39% van die beesteling (1980)
80% van die skaapteling (1980)
82% van die besit aan motorvoertuie (1986)
63% van alle geteerde strate (1982)
60% van die treine en haweaanlegte (1985)
84% van alle geïnstalleerde telefone (1977)

In vergelyking met die hele Afrika-kontinent spreek die getalle ook boekdele. Suid-Afrika se aandeel is hier soos volg:

46% van alle motorvoertuie
33% van alle vragmotors
44% van alle trekkers
66% van die hele staalproduksie
40% van die sementproduksie

Die regering streef destyds voortdurend daarna om die lewenstandaard van die nie-Blanke bevolking verder op te stoot om 'n groot tevrede Swart middelklas daar te stel. Die enorme staatsuitgawes wat hiervoor benodig word, word hoofsaaklik deur die Blanke minderheid gelewer, wat daarvoor 'n inflasiekoers van byna 20% moet verdra, omdat die deels-deur-wetgewing-verhoogde lone vir Swartes nie met 'n gelyktydige produktiwiteitstyging gepaard gegaan het nie.

Verskeie vorms van amptelike ontwikkelingshulp het in die tagtigerjare sterk toegeneem. Vir die finansiële jaar 1982/83 is daar in die begroting voorsiening gemaak vir 'n bedrag van 434 miljoen Rand vir hulp aan onafhanklike buurstate, 'n toename van 69% teenoor die vorige finansiële jaar. Die totale amptelike ontwikkelingshulpprogram, met insluiting van toekennings aan krediete, wetlike en tegniese uitgawes vir 1982/83, is in Januarie 1983 vasgestel op R627 600 000.23

As 'n mens die ontwikkelingsprogram vir die selfregerende state binne Suid-Afrika nog hier byreken, kom die bedrag wat kom van Suid-Afrika se belastingsbetalers, wat hoofsaaklik uit Blankes bestaan, te staan op ver meer as 'n miljard (1000 miljoen) Rand. Per kop van belastingbetaler bereken, is dit, sover bekend, 'n absolute wêreldrekord.

Indien u na alles wat u tot hier gelees het, nog steeds oortuig is dat Blank Suid-Afrika hulle Swart medeburgers uitgebuit het, dat die massa-media, baie kerkorganisasies en anti-apartheidsgroepe van die situasie in Suid-Afrika 'n objektiewe beeld gegee en dat die land wêreldwye verdoeming en ekonomiese sanksies verdien het, dan is u oë steeds vir die waarheid gesluit.