Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Eerbaarheid is ‘n vuur wat aangesteek is en maklik aan die gang gehou word. As dit egter eers geblus is, kry ‘n mens dit moeilik weer aan die gang. Dis soos fyn porselein wat maklik breek en nooit weer na wense heg nie.
ROL VAN SWART VAKBONDE IN NADERENDE EKONOMIESE INEENSTORTING
In 1979 het die Regering op aanbeveling van die Wiehahn-kommissie besluit om swart vakbonde te wettig; by terugskoue een van die talle groot foute van daardie Regering. Aanvanklik het gematigde vakbondfederasies soos Vaksa hul eie parallelle swart vakbonde probeer stig maar sonder groot sukses. Teen die agtergrond van die toenemende radikalisasie van die swart politiek was dit radikale vakbonde soos Fosatu en sy opvolger, Cosatu, wat uiteindelik die meeste spierkrag verwerf het. En dit was primêr hulle wat met 'n kombinasie van klipharde onderhandelings, afdreiging en stakings vir die skerp toename in inkomste vir hul eie lede verantwoordelik was. Die vooruitstrewende ekonomiese tydperk van 1981 tot 1994 toe Suid-Afrikaners se gemiddelde per kapita-inkomste met 18,5 persent gedaal het sal nie eers in 'n ambisieuse ekonomiese ontwikkelingsprogram weer behaal word nie.
Die negatiewe siening oor Suid-Afrika se produktiwiteit word bevestig deur die gesaghebbende jaarverslag van die Switserse Union Bank in 1995. Die bank het Suid-Afrika op grond van sy algemene mededingendheid toe reeds 42e uit 48 lande geplaas. Wat sy produktiwiteit betref, skaars een jaar nadat die ANC in die regeerstoel geplaas is, het die land die heel slegste van almal gevaar. Daarna het F.W.de Klerk die vermetelheid om in Bonn, Duitsland, te gaan rondflenter ná sy verraderlike kortdaatstuk om die land op 'n skinkbord aan 'n korrupte SWART regering oor te gee.
Maar as hy gedink het hy sou daar op die skouer geklop word het hy hom sleg misgis. Hy het hom vasgeloop teen sakemanne wat gruwelverhale oor die Suid-Afrikaanse samelewing vertel het. Een daarvan was 'n sakeman wat gereeld besoek aan sy maatskappy se aanlegte in Port Elizabeth gebring het. Daar het hy op 'n keer aan 'n swart werker gevra waarom hy net 90 bande per dag vervaardig terwyl 'n blanke vrou 200 produseer. Die werker het geantwoord dat sy vakbond hom die opdrag gegee het. Die sakeman het besluit om die moontlikhede te ondersoek om sy onderneming eerder na Oos-Europa te verskuif waar goedopgeleide mense bereid is om vir veel minder geld aansienlik beter werk te verrig.
Geen wonder nie dat die Wêreldbank toe in 'n ontwikkelingsverslag bevind het dat die Suid-Afrikaanse ekonomie op grond van sy per kapita-BBP van 24e op die lys van rykste lande ter wêreld in die sewentiger-jare, teruggesak het na die 39e plek. In Afrika was die land derde ná Libië, maar selfs Gaboen was voor die Republiek.
Volgens die IMD-bestuurskool in Switserland wat ondersoek ingestel het na die internasionale mededingendheid van 36 lande, was Suid-Afrika reeds net ná oorname van die ANC laag op die lys, 29e. Dié organisasie se bestuurder, prof Paul Strebel, se woorde oor Suid-Afrika was toe soos volg: "Die Suid-Afrikaanse ekonomie kan dalk imponerend lyk teenoor die res van Afrika maar hy sal opsy geskuif word as hy nie verbeter nie. Om dit reg te kry is 'n groot opvoedings- en opleidingspoging nodig." Wat Strebel moontlik nie besef het nie is dat dit onmoontlik is om in die chaos van swart oproerige massas wat deur vakbonde aangevuur word om nie te werk nie, enige gewilligheid tot goeie opleiding te kweek.
Dit is eerder die verwagting dat ons binne afsienbare tyd 'n totale revolusionêre staat sal bereik waarin geen werk meer gedoen sal word nie te midde van swart hordes wat alles wat voorkom afbrand en vernietig. Ook hierin sal die rol van swart vakbonde 'n integrale rol speel, en sal die ekonomiese ineenstorting wat reeds in 2014 deur selfs liberale ekonome voorspel is, 'n realiteit word wat die hele land in totale chaos sal dompel.