EFF EN BENDE MAAK REG VIR REGTE OORLOG

https://www.youtube.com/watch?v=Nn13XR6EoeM

U weet seker van die 1.5miljoen ammunisie-rondes wat in Durban gesteel is tydens die afgelope dae se barbaarse plundery.  Die skakel hierbo verskaf meer inligting daaroor.

Daar is goeie rede om te glo dat die EFF die beplanners van hierdie hele roofmisdaad is – plunderende swartes het dit tydens kort onderhoude met TV-joernaliste gedeel en dit was sigbaar op internet vir 'n kort rukkie. U kan selfs nou nog kanaal 403 op internet kyk en luister waar talle van die gebeure sigbaar is. 

Wat nog meer skokkend is, is dat die SAP die ammunisiediefstal probeer verswyg het en toe hulle uitgevang word het Beke Chele as troos vanoggend gesê dat hulle darem nou 10 000 rondes terug gevind het.  En, o ja, nou is almal weer rustig en gaan ons niks weer daarvan hoor nie!

Maar wat ook waar is; daar is reeds dae verby vanaf die diefstal plaasgevind het en die polisie het ook nie verslag gedoen oor die feit dat die ammunisie reeds na Gagateng vervoer is nie.  Nou is selfs die media bekommerd dat hierdie ammunisie gebruik gaan word om verdere oorlog in Gauteng te voer, die eintlike area waar die burgeroorlog volgens die beplanners moet begin.

Waarom was die polisie so afwesig tydens die groot plundering? Wonder iemand wat hulle rol hierin is? Maar al word hulle grootse misdaadrol verswyg, ook deur die media, sal daar uiteindelik duidelikheid wees hoe hulle saam met die ANC en dié se destydse jeugliga wat nou onder die vaandel van die EFF funksioneer, hierdie hele plot beplan en bestuur het. Onthou dat die EFF deur die Britse geheime diens, MI6 miljoene betaal word om die land onregeerbaar te maak sodat die Afrikaner kan ondergaan en die land met sy ondergrondse rykdomme vir hulle beskikbaar sal word. Hulle stryd dwarsdeur die Tweede Vryheidsoorlog wat op 31 Mei 1902 geëindig het toe hulle die Boere nie kon wen sonder om die vroue en kinders te vermoor nie, is nog nie op ‘n einde nie. Hulle haat die Afrikanervolk en wil ons totaal uitwis, want dan is dit maklik om hierdie deurmekaar land op ‘n skinkbord te neem. Die swart volke is nie vir hulle ‘n probleem nie, die VN en NAVO sal vinnig die laastes kom uitroei, solank hulle die ryk ondergrondse stowwe van ons mooi land kan buit.

Maar hulle hou nie tred met die Skepper van hemel en aarde nie, en hulle verrassing gaan baie groot wees wanneer al hierdie landsplundering uiteindelik oorgaan in volskaalse burgeroorlog . Ons grote God laat nie met hom spot nie. Hy sal sy heilige Naam voor alle nasies en volke grootmaak wanneer Hy Suid-Afrika kom reinig van alle onheile. Dit sal onder elke lewende wese in die wêreld se aandag kom dat Hy bestaan, almagtig en in beheer is van alles wat gebeur. Uit respek en vrees vir Hom sal Suid-Afrika eindelik deur ons volksvyande in vrede gelaat word en wag daar ‘n tydperk waarin ons baie hard gaan werk om ons vervalle land op te bou maar terselfdertyd ook in vrede en harmonie te bestaan.