MY STRYD (6)

Lees reeks by My Stryd

Ds AE vd Berg

MISDAAD

"Talle buitelanders erken vandag ruiterlik dat hulle nog nooit ‘n land met soveel geweld en wetteloosheid soos Suid-Afrika teëgekom het nie.
Die 1978/79 verslag van die SA Instituut vir Rasse-aangeleenthede toon dat 132 blankes in daardie tyd deur blankes vermoor is, 85 swartes deur blankes, 105 blankes deur swartes, en 7000 swartes deur swartes! ”

1.         Nuwe wêreldrekords

Afrika se rassebotsings is hoofsaaklik beskawingsbotsings. Rassegelykstelling het bv. twee onversoenbare wêrelde lynreg met mekaar laat bots waarna miljoene swartes na die heidendom met sy kenmerkende wrede menseslagtings, rituele moorde en ongewenste sosiale elemente teruggekeer het.

Daarom neem misdaad epidemiese afmetinge in my land aan.  Die misdaadsyfer het bv. binne die eerste vyf jaar van swart bewind met ‘n duiselingwekkende 770% gestyg.  Gesien in die lig dat slegs 14% van alle aangemelde misdaad na beraming suksesvol vervolg word, is my volk as’t ware aan misdadigers uitgelewer!  Watter bestaansreg het so ‘n regering?  Dis geen demokrasie nie, maar eerder ‘n skrikbewind in die naam van demokrasie!

Baie blankes het geglo dat die misdaadepidemie wat die land sedert die ontbanning van die ANC getref het, slegs die groeipyne van ‘n nuwe bedeling was wat mettertyd sou verdwyn.  Hulle is almal wreed ontnugter.  Dit het baie gou duidelik geword dat diegene wat uitsonderlike geweldstappe teen die blanke owerheid geneem het, nie oornag in wetsgehoorsame engele verander het nie!

Swart-bewind het soos die dag van die nag van 'n blanke bewind verskil.  Tydens laasgenoemde het swartes uit die tuislande geen vrye toegang tot stede en dorpe gehad nie.  Dit was uiters noodsaaklik ten einde misdaad en verswelging te voorkom.  Afsonderlike woonbuurte, ‘n doeltreffende polisiemag en onkreukbare regsisteem het ‘n ordelike, veilige samelewing verseker.  Die oomblik toe apartheid afgeskaf is, het wet en orde saam met die blanke bewind verdwyn.

Swart bewind het instromingsbeheer opgehef, woonbuurte oopgestel, die polisiemag afgewater en die doodstraf ter syde gestel, iets wat Suid-Afrika verskeie wêreldmisdaadrekords besorg het.  In geen land ter wêreld vind daar bv. meer plaasmoorde, babaverkragtings en aanvalle op weerloses as in Suid-Afrika plaas nie.

2.         Geweld

Die apartheidsjare was, toegegee, ook nie altyd hemel op aarde nie.  Dit het ook maar sy kwota geweld gehad.  Die geweld wat destyds voorgekom het, was egter anders as vandag - hoofsaaklik polities van aard en deur volksvyandiges aangevuur.  Tydens die omstrede Waarheids- en Versoeningskommitee se heksejag kon daar byvoorbeeld nie meer as 12,000 moorde aan die apartheidregering toegeskryf word nie terwyl meer as 15,000 mense in die tydperk tussen die vrylating van Mandela en die magsversaking in April 1994 vermoor is!

Hoe was dit moontlik? En dit met vryheid in sig?  Die antwoord moet by swartes se verwronge siening van politieke vryheid gesoek word.  Vir hulle is politieke vryheid ‘n bestel waar jy kan maak soos jy wil.  En dis dodelik vir enige vredeliewende bestel.  Vryheid sonder verantwoordelikheid is net so gevaarlik soos ‘n handgranaat sonder ‘n veiligheidspen!

Talle buitelanders erken vandag ruiterlik dat hulle nog nooit ‘n land met soveel geweld en wetteloosheid soos Suid-Afrika teëgekom het nie.  Nou vra ek die vraag: Was swart stemreg dan nie veronderstel om reg en geregtigheid te laat seëvier nie?  Waarom word ons dan vandag genoodsaak om vuurwapens aan die sy te dra?

Ek kan met ‘n rein gewete sê dat ek nooit so onveilig in my eie land soos tans gevoel het nie.  Waar rowers in die verlede òf jou geld òf jou lewe geneem het, neem hulle vandag beide!   Waarom is apartheid ooit vernietig?  Was dit miskien te beskaafd?   Moes dit eers uit die weg geruim word alvorens geweldenaars hulle verfoeilike stempel op my land kon afdruk?

Die aantal persone wat lewenslange gevangenisstraf opgelê is, het bv. van 793 in 1998 tot 6,998 in 2006 gestyg!   In 2002 alleen is meer misdadigers lewenslank tronk toe gestuur as die aantal doodsvonnisse wat die voorafgaande 100 jaar uitgespreek is.  Dis darem burgerlike onrus op sy duidelikste!  In ‘n ordelike bestel sou ‘n noodtoestand in sulke omstandighede afgekondig gewees het.

Geweld is so eie aan die swart ras soos penne aan ‘n ystervark. Die 1978/79 verslag van die SA Instituut vir Rasse-aangeleenthede toon dat 132 blankes in daardie tyd deur blankes vermoor is, 85 swartes deur blankes, 105 blankes deur swartes, maar 7000 swartes deur swartes!  Die verkragtingsyfers toon dieselfde tendens.  Daar was 371 gevalle van blank op blank, 189 van swartes op blankes, maar 14,242 gevalle van swartes op swartes!  Die syfers vir ernstige aanranding is veel erger.  Daar was 1,623 gevalle van blankes op blankes, 1,436 van swartes op blankes, maar ‘n duidselingwekkende 129,208 gevalle van swartes op swartes.  En dis 30 jaar gelede!  Hoe lyk dit nie vandag nie?

3.         Nuwe misdade

Onder die swart bewind het talle nuwe misdade na vore gekom.  Transitoroof, babaverkragting, plaasmoorde, geweldsroof, voertuigkaping, roofsindikate, vernietiging van kitsbanke, menseroof, dwelmnetwerke, dwelmlaboratoriums, plakkery, kabeldiefstal, gewapende winkelroof, bagasiediefstal, omkoop van polisie en verkeersbeamptes, diefstal van polisiedossiere, vervalsing van ID dokumente, paspoorte, rybewyse en akademiese sertifikate, besetting deur plakkers, die bestorming en roof van huise, restaurante, vulstasie, dobbelsale ens. was tydens die blanke bewind so goed as onbekend.

Die gebruik van onwettige wapens is ‘n groot kopseer.  Rowers maak uitsluitlik van gesteelde vuurwapens gebruik.  Suid-Afrika is so besmet daarmee dat dit moeilik uitgeroei sal kan word.  In 2005/2006 alleen is daar op meer as 64,000 onwettige wapens beslag gelê.  Geen wonder dat daar sedert 2000 al meer as R800 miljoen net in transitorooftogte gebuit is nie!

Rowers teiken selfs buitelandse toeriste.  Talle besoekers is al van lughawens af agtervolg en by hul bestemming beroof.   Daarom waarsku die regse nuusmedia buitelanders gereeld om Suid-Afrika liefs te vermy totdat die skrikbewind verby is.  Ongelukkig val dit meesal op dowe ore en het talle onverskilliges al onder swart misdadigers deurgeloop.  Etlikes is al verkrag terwyl ander met hul lewens geboet het. Die liberale Amerikaanse student, Amy Biehl, is ‘n sprekende voorbeeld hiervan.  Haar filantropiese hand-op-die-blaas optrede met swartes het hulle nie verhinder om haar, vir geen ander rede dat sy ‘n blanke was, te vermoor nie.

Misdaad en geweld het ‘n epidemie soos vigs geword.  Daarom verlaat al hoe meer blankes die land.  Wat my egter grief, is daardie blankes wat ten gunste van swart regering gestem en daarna buiteland toe gevlug het.  Watter reg het diegene wat die volksvyand die mynveld help opstel het om daarna pad te gee?  Hoe vlug ‘n mens soos ‘n dr. Victor Frankenstein vir die maaksel van jou eie hande?

Nadine Gordimer se dogter het bv. Frankryk toe gevlug omdat dit ‘n veiliger land is as diè wat haar ma hier help skep het.  Die weduwee van Alan Paton is ook iewers in die buiteland waar dit veiliger is.  Meegevoel met die volksvyand eindig altyd in wrede ontnugtering.  Mag hierdie lafaards eendag verantwoording vir hul optrede doen!

Ek verag ook daardie blankes wat swartes met hul struggle gehelp en nou in die Demokratiese Alliansie (DA) ‘n tevergeefse agterhoedestryd veg om die verval en ellende te probeer rem.  Hulle laat my aan die profeet Amos dink wat skryf van ‘n man wat vir ‘n leeu gevlug en hom daarna in ‘n beer vasgeloop het (5:19).  As jy brandstigters help om jou huis aan die brand te steek, moet jy nie huil as dit afbrand nie!

4.         Geen meegevoel nie

Swart misdadigers teiken nie net blankes nie, maar veral hul eie rasgenote.  Die swart ras het min meegevoel met mekaar.  Oumense en weerloses word dikwels by hul huise en pensioenbetaalpunte aangerand en beroof.  Welsynsondernemings loop gereeld onder swart rowers deur.  Ja, die swart juk lê ook bitter swaar op swart nekke.  Vir swart leiers gaan dit baie duidelik nie om beter lewensomstandighede vir hul eie mense nie, maar oor politieke mag.