As dit nie so snaaks was nie kon 'n mens maklik daaroor huil want hierdie gebeure verteenwoordig die algemene wyse waarop ons arme land "bestuur" word.
Die stadsraad van Johannesburg het glo verlede week 'n raadsvergadering gehou wat so hande uitgeruk het dat die swart lede mekaar met waterbottels begin gooi het. Die verwoesting was van so 'n aard dat die vergadering na hierdie week uitgestel is. Die res is eintlik voorspelbaar: daar was hierdie keer nie bottels water by die sitplekke nie aangesien "bottels water 'n gevaarlike wapen is". 'n Mens kan veronderstel dat enige voorwerp in hulle hande 'n gevaarlike wapen kan word...
En toe besluit die raadslede om te loop want hulle kan nie vergadering hou sonder bottels water nie!
As dit nie so laat in die dag was nie sou 'n mens wou uitroep: Red nou 'n land met so 'n bestuur!!