Nou weer die ernstige wat op ons wag:
Ná 'n kort video in dieselfde skakel hieronder oor die verwoesting wat reën in Natal meegebring het, kan u luister na 'n onderhoud wat met die groep Dear South-Africa gevoer word. As u bietjie ekstra tyd het en nader na die einde kan luister sal u hoor dat dié groep meen dat geen wet in SA hoër gereken word as die Grondwet van SA nie en dat ons veilig is met betrekking tot die besluite van die Wêreld Gesondheidsorganisasie wat besluit het om elke land wat die kontrak teken, onder sy vlerk te neem met elke besluit wat die WGO neem.
Maar daar is wetsgeleerdes wat meen dat nádat Ramaphosa reeds daardie kontrak geteken het, wat hy het!, ons land se totale wetgewing ondergeskik is aan die WGO. As dit die geval is, dan het SA reeds sy laaste asem uitgeblaas.
Luister hierna en maak 'n besluit oor waar u ons land hierna sien...