BITTEREINDER
Rian van Heerden is na alles maar net 'n patetiese figuur. Maar ongelukkig in hierdie droewe land van ons, het sy perversiteit en sy bannaliteit die "roeping" en die rigsnoer geword waarna ons gedwing word om te streef. 'n Radiostasie soos Jakaranda wat die laagste gemene deler in ons samelewing verteenwoordig, verdien drek soos Van Heerden. Dis 'n gebabbel en 'n geklets van die more tot die aand, maar so leeg en sinloos dat enige denkende mens wat nog nie die stasie vaarwel toegeroep het nie, dit regtig nou ernstig moet oorweeg. Steve Hofmeyr is geen engel nie, maar gemeet aan 'n uitvaagsel soos Van Heerden, ‘n regte engel! Afrikaners sal hulleself 'n guns doen om ernstig te besin oor hulle "vermaak" want ons het in tye soos hierdie die gawe van onderskeiding nodig. Die alternatief is na alles, boos en inhoudloos.