Tipies soos die ANC-regime te werk gaan, het hulle hierdie keer weer in die geheim geknoei om die kosbare vitamienes en minerale wat ons so nodig het om ons natuurlike immuniteit teen virusse en bakterie op te bou, onbekombaar te maak. Dit sluit natuurlik in die lewensnoodsaaklike vit C, vit D, sink en talle ander wat ons nodig het om elke dag gesond te wees.
Reeds in 2017 het hulle regulasies dienooreenkomstig probeer wysig kragtens die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe, no. 101 van 1965. Genadiglik was die Alliansie van Natuurlike Gesondheidsprodukte van Suid-Afrika wakker genoeg en het betyds die saak na die Hooggeregshof geneem. Die Hof het bevind dat die regulasies onbillik en onredelik is en het die Alliansie gelyk gegee in hul saak teen die Minister van Gesondheid en die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Regulerende Owerheid.
Baie van ons was nie eers bewus van hierdie Alliansie nie en behoort hulle ‘n medalje te gee want indien hulle nie ingetree het nie, sou ons nie meer toegang tot produkte wat die immuunsisteem opbou gehad het nie.
Kan mens glo dat die Minister en Regulerende Owerheid van die ANC sowaar die saak op appèl geneem het? Ja, ons kan met sekerheid aanneem dat die druk van die base van die Nuwe Wêreldorde op Ramaphosa hom genoop het om die saak op appèl te neem. Op 7 Maart vanjaar is die saak onder die nommer 256/2021 aangehoor maar weer eens uit genade van Bo het die Appèlhof in sy uitspraak op 11 April beslis dat die Minister en die Regulerende Owerheid geen reg het om die regulasies te verander nie en hulle selfs gelas om die hofkostes asook die twee advokate te betaal.
Die bevinding in die uitslag was dat daar ‘n groot mark wêreldwyd en in Suid-Afrika vir komplementêre medisyne en gesondheidsaanvullings is en dat daar geen billike rede is dat hierdie mark deur die regering gereguleer hoef te word nie. Daar was geen dispuut dat hierdie mark in openbare belang gereguleer moet word nie. Die Hooggeregshof het dus tereg tot die gevolgtrekking gekom dat die regulasies totaal ongeldig is.
Besef ons hoeveel genade Suid-Afrika steeds van Bo ontvang midde in ‘n tyd waar ons aan soveel sataniese tirannie blootgestel word? Indien wel, behoort ons geloof in Jesus Christus ons deur hierdie donker tyd te dra. Hou dan daaraan vas en bid ernstig en opreg vir hierdie land ter bevryding van die satan se hewige aanvalle.