MIDDELKLAS- SKULD ‘N TYDBOM IN SA

In ‘n onlangse verslag van die Eerste Nasionale Bank of First National Bank word vermeld dat die hoeveelheid skuld van die middelklas in Suid-Afrika op ‘n ramp afstuur. Natuurlik is FNB reg want hulle self het daartoe meegewerk met hul onmenslike hanteringsfooie, rente op rentes en so meer. Hul bevinding is dat die middelklasbevolking 80% van sy salaris binne ‘n paar dae nadat hy dit ontvang het aan skulddekking spandeer. Die oorblywende 20% is waarop hy moet leef vir minstens die volgende 20-25 dae tot die volgende maandeinde. Nou glo FNB die oplossing lê daarin dat die hele bevolking weekliks salaris moet ontvang, asof hierdie belaglikheid ‘n oplossing sal bied.

Die oorsaak van die probleem lê egter veel dieper en die probleem is feitlik onherstelbaar. Die drastiese verarming wat onder veral blankes ingetree het is die sigbare gevolg van regstellende aksie, die herverdeling van rykdom, transformasie in die staatsdiens, afleggings in openbare dienste soos die poskantoor en hospitale, en in talle staatsondernemings soos Eskom, die SAL, die spoorweë en die SAUK. Die ineenstorting van dienste, beurtkrag, onbeholpe misdaadbekamping en natuurlik ook die plan om die grond van blankes sonder vergoeding te onteien, het in ‘n groot mate bygedra tot die verarming van ons land se mense.

Die blanke plakkersdorpe wat oral soos paddastoele opskiet is ook die gevolg van die gewone burger se stygende lewenskoste. Die aanhoudende styging in lewenskoste is een van die sterkste bewyse van die onvermoë van die ANC-regime om ‘n land te regeer. Voeg daarby hulle aanhoudende diefstal van elke fonds en staatsinkomste moontlik, is daar geen ander siening nie as dat Suid-Afrika op ‘n tydbom sit.

Dr HF Verwoerd is destyds gevra wat sal gebeur as Suid-Afrika ‘n swart regering kry. Sy antwoord was duidelik en onomwonde: “Mag God dit verhoed!” Talle ekonome het al daarop gewys dat die Nuwe Suid-Afrika met FW de Klerk en sy bende en daarna die swart regime, die grootste verarming van mense tot gevolg gehad het en in werklikheid die superrykes bevoordeel het. Die gaping tussen ryk en arm is vandag groter as ooit tevore. Die rykes steel hulself al ryker en die middelklas word die armlastiges wat moet strate toe om te bedel. In die nuwe Suid-Afrika is die amptelike werkloosheidsyfer in talle streke so hoog as 38% en daar is duidelik hoër syfers wat nie-amptelik bestaan.

Daar blyk net een uitkoms uit hierdie toestand te wees, en dit is om weg te doen met die ANC-regime, op watter wyse ookal. ‘n Totale ineenstorting is onvermydelik maar dit gee ons dalk die ideale geleentheid om die chaos tot ons voordeel te gebruik. Met ‘n blanke, christelike regering sal daar die geleentheid kom om hierdie vernielde land weer op te bou tot ‘n leefbare plek waar mense veilig en gelukkig sal woon – al sal dit baie bloed en sweet kos. Mag die Here ons daartoe help!