Vir reeds baie jare waarsku intelligente regse groepe ons land se mense dat die toestand van ons land afstuur op groot chaos en anargie. Dit wil voor kom of daardie tyd reg voor ons deur staan. Die mense van die land is keelvol vir die ANC-regime se korrupsie, onvermoë en koelbloedigheid. Geen munisipaliteit funksioneer nie; geen dienste word gelewer nie; die meeste van ons inwoners betaal privaat instansies om vullis te verwyder; tallehet boorgate gesink om hulself van water te voorsien want die munisipale water is òf besmet òf opgedroog en talle van ons het ons huise ten duurste met ‘n sonkragsisteem toegerus want Evkom (ja dit is wat sy werklike naam is, Elektrisiteitsvoorsieningskomitee) is in die afgrond in besteel en bankrot soos alle ander staatsdepartemente.
Sekere dorpe ervaar reeds die afgelope week verskeie opstande teen swak dienslewering, maar die ergste sal sekerlik oormore, Vrydag 10 Junie plaasvind wanneer die massas en veral taxi-bestuurders hulle stem gaan dik maak teen die brandstofprysverhogings. Mens wil amper simpatie daarmee hê maar ons weet ook dat so ‘n protesaksie tot groot anargie kan lei.
‘n Stukkie goeie raad: bly Vrydag uit die strate en wees paraat; daar sal tien teen een klippe gegooi en motors gebrand word.
Luister na die video by die skakel hieronder wat u sal inlig oor die verwagte anargie in Suid-Afrika. Toe die ingeligtes destyds hierdie toestand voorspel het, is daar met hulle gespot. Vandag sê dieselfde spotters dat hulle veiliger in die apartheidstydperk gevoel het; hulle self voorspel nou die groot chaos en anargie wat vir Suid-Afrika voorlê. Ja, jammer dat sommiges so lank neem om tot die regte insig te kom...