Dit is goed as lesers kennis neem van die ANC se nuutste korrupte werkswyse. Alle mense sal nie altyd alles hoor nie want alles het nie eerstehands op almal betrekking nie, maar wanneer ‘n bedryf soos die motorhandel en dan spesifiek die bande van voertuie ter sprake kom, betrek dit feitlik die meeste organisasies en individue in ons land en sal die meeste voertuigeienaars binnekort meer as moerig vir die arme kleinhandelaars wees wanneer nuwe bande aangeskaf moet word, veral as hulle nie weet dat hierdie probleem direk uit die ANC se geldsug spruit nie.
En hier kom die slegte van die toestand:
Die ANC het groot finansiële tekorte aangesien hulle steelvermoë baie groter as hulle skeppingsvermoë is. Dus moes hulle weer eens aan ‘n nuwe plan dink om die belastingbetaler te dreineer tot voordeel van hulle eie gatsakke. En mens moet erken, hierdie een is briljant want dit kan miljoene rand genereer aangesien amper alles in hierdie land per padvervoer plaasvind nadat die ANC die spoorvervoer sommer in die eerste jaar of twee van hul oorname bankrot gesteel het. Dus het die slim raadgewers van die ANC besluit om hulle nuutgekose gatsakinkomste uit ingevoerde bande te genereer.
Ingevoerde bande vanaf Sjina, Indië en ‘n paar ander lande was die afgelope paar jaar baie goedkoper as bande van bekende handelaars soos GoodYear, FireStone en talle ander ou bekende handelsname hier ter plaatse. En met baie navorsing en ervaring is daar werklik bewys dat die ingevoerde bande geensins agteruitgestaan het vir al die duur bekende handelsname nie.
Nou het die ANC-regime besluit om bo en behalwe die hoë aksynsbelasting, invoerkostes sowel as ‘n paar ander reeds onbetaalbare “belastingsregte” wat hulle hulself toeëien as dit by invoere kom, ‘n ekstra 38% belasting op alle ingevoerde bande te hef. En dit sommer met onmiddellike effek!
Waar laat dit die verbruiker?
Diegene wat al lank staatmaak op die laer koopprys van ingevoerde bande en daarom nog op die pad kon bly, is nou wettig van die pad afgehaal want hulle kon in die eerste plek nie die duurder plaaslik bemarkte bande bekostig nie.
Onthou dan ook dat die loopvlak van ‘n band minstens een milimeter groefdiepte moet hê andersins word dit onpadwaardig en onwetlik geag.
Die onverbiddelike kostes gaan meebring dat die meerderheid voertuigeienaars hulle voertuie noodwendig op die pad sal probeer hou, en dit met bande waarvan die staal reeds wys en ‘n lewensgevaar vir almal rondom hulle inhou. Wees dus te wagte dat daar in die nabye toekoms talle meer padongelukke as ooit te vore gaan plaasvind as gevolg van gedane bande met minder as een milimeter loopvlakdiepte wat bars en die oorsaak sal wees van motors wat buite beheer raak.
En wie dink u moet ons bedank? Dalk tog ook vir Boland Bank…