Medewerker
Met die nuutste relletjie waarin Jacob Zuma aanvoer Cyril Ramaphosa is 'n spioen van die Amerikaanse inligingsdiens, die CIA, moet die kanse dat Ramaphosa op die ANC se jaarkonferensie in Desember weer tot die ANC se leier verkies sal word, 'n aardige knou gekry het.
Die Randse koerant The Star skryf (sien iol.co.za/the-star/news/ramaphosa-is-a-spy) Zuma het op 'n ANC-jeugligakonferensie op Philippi naby Kaapstad verklaar daar is 'n brief van die militêre veterane van MK, die gewapende vleuel, waarin die geskorste ANC-hoofsekretaris Ace Magashule versoek is om die bewerings te ondersoek.
Zuma voeg by hy glo een van die redes waarom die ANC Magashule geskors het hierdie bewerings is.
'n Bron van The Star-koerant het aan die nuusblad gesê so 'n brief is in 2018 geskryf. Hierdie bron wou glo nie verder uitbrei nie en het verklaar 'n telefoniese gesprek daaroor is nie gerade nie.
Zuma het op die Philippi-vergadering die bestaan van die brief verseker.
"Ons het 'n president wat in die openbaar erken het hy is nie verkies nie deurdat 'n meerderheid 'comrades' hom gekies het om president van die ANC te wees."
Zuma het ook na getuienis deur Ramaphosa voor waarskynlik die Zondo-kommissie verwys en verklaar daarom is Ramaphosa 'n agent.
"Daar is egter ook bewerings teen die president, een deur 'n McKenzie, wat gesê het hy (Ramaphosa dan?) werk vir die CIA en nog een is gemaak deur Terror Lekota in die parlement.
"Hy (Lekota?) het verklaar hy is 'n spioen en dat hy (Ramaphosa?) hulle uitverkoop het, en dat hy nie hierdie twee bewerings ontken het nie.
"Hy (Lekota?) het ook gesê die ANC is die nommer-een-korrupte organisasie in die land, en dit kan nie waar wees nie. As daar enige oortredings of korrupsie is moet dit individue en nie die land wees nie," het Zuma vogens The Star verklaar.