MEDEWERKER
Januz Walus is weer in die nuus. Daar is nou die dispuut of hy op parool vrygelaat moet word en of die vorige besluit om hom nie vry te laat onwettig was.
Ek het verskeie gesprekke met hom gehad. Dis nonsens dat hy en Derby-Lewis eintlik "pionne" in die hande van die ANC was om van Hani ontslae te raak. Dit was 'n naïewe swak-deurdinkte plan om regse verset te probeer aanwakker.
Walus is geen Kommunis nie, wel 'n hardekop Pool wat, as hy eers 'n plan in sy kop gekry het, deur niemand van stryk kon bring word nie.
Dat dit die ANC bevoordeel het deur van Hani ontslae te raak en deur die NP in ‘n hoek te druk by die onderhandelinge was 'n gevolg wat nie deur Derby-Lewis of Hani beplan of voorsien was nie. Hulle het geen voordeel uit hulle daad gekry nie. Weliswaar laat dit my dink aan die Kennedy-sluipmoord wat nie deur Harvey-Oswald beplan is nie. Hy was 'n "patsy" in die hande van die Joodse magte (Mossad) wat, en alhoewel hyself skote afgevuur het, is die doodskoot nie deur hom afgevuu nie.
Dan, die vraag: Was Derby-Lewis en Walus "patsies"? Dis wel moontlik. Daar kon dus 'n derde party betrokke gewees het wat hulle aangehits het, 'n agent van die CIA.
Ek dink dis wat ondersoek moet word wat myns insiens nooit gedoen is nie.