Toe chaos toegedraai in ʼn bont vlag in Suid-Afrika afgelaai is, het dit een van die gevaarlikste lande ter wêreld geword. Waar apartheid misdaad in die verlede hokgeslaan het, is hierdie hek oopgemaak en het mense slagoffers van booswigte met barbaarse neigings geword – die nuutste statistiek nou in November deur die swart regime self vrygestel is: 80 moorde per dag en elke 5 minute ‘n verkragting.
Daar is destyds gesê dat die jammerlike toedrag van sake die groeipyne van ʼn nuwe bedeling was en spoedig sou verdwyn. Dit was nie groeipyne nie maar die verfoeilike optrede van mense met barbaarse neigings.
Misdaad en geweld trek sedertdien soos ʼn doodsengel deur ons land. Meer as 40 nuwe misdade wat voorheen onbekend was, is sedertdien aangeteken. Geweld is dan deel van die ANC se politieke mondering. Hoe kon mense dit nie verwag het nie! En ons het nog nie die punt van die ysberg gesien nie, hier kom die ergste geweld denkbaar!
ʼn Land wat deur eerbare leiers tot stand gebring is, word nie deur booswigte in stand gehou nie. Korrupsie het al standaardpraktyk geword. Geen pen kan die omvang hiervan beskryf nie. Die demokraties verkose leiers het geen kuns gouer aangeleer as om die staatskas te plunder nie. ANC kaders beklee poste waarvoor hulle nie opgewasse is nie, ontvang buitensporige salarisse en selfs reuse prestasiebonusse vir hul onbevoegdheid.
Om alles te vererger, beskerm hul mekaar deur ondersoeke na wandade te kelder. Wie veldmuise in ʼn bos vang en in beheer van ʼn kaasfabriek plaas, soek mos moeilikheid. Dis soos om van ʼn bok die tuinier te maak of om honde met wors vas te maak!
Suid-Afrika steier onder onregswette soos regstellende aksie wat volksgenote in die modderpoel van onregskepping versmoor. Dit het duisende kundiges al die land laat verlaat. Regstellende aksie is in werklikheid ʼn teregstellende aksie. Dit herstel nie onreg nie maar bevorder dit eerder. Daarbenewens kruisig dit die Bybelse maatstaf van verdienste. Wette wat in stryd met die Bybel is, kan nooit goed wees nie!.
Regstellende aksie is gewettigde roof en ʼn oortreding van die agtste gebod: “Jy mag nie steel nie”. Desondanks word blanke kundigheid onophoudelik voor die vuurpeloton van dwaasheid tereggestel. Jy genees nie jouself deur ander te verwond nie, maar hou net jou eie wonde aan die bloei!