Is dit toevallig dat Malema gesê het 20 Maart 2023 sal die dag wees waarop Eskom finaal afskakel, en dat hy en sy bende sal sorg dat alles in die land tot stilstand kom behalwe ambulanse en mediese personeel? Dit is meer waarskynlik dat hy deur sy geldmeesters voorgesê is om hierdie datum te kies. Waarom?
Die woord Maart is na Mars vernoem, die Romeinse god van oorlog. Dit lei die seisoen van oorlogvoering in. Die VSA kies met enkele uitsonderings, Maart as die maand waarin 'n oorlog teen 'n staat begin word. Dit hou waarskynlik verband met hulle leiers se bygeloof en aanhang van die okkulte. Hierdie oorloë word haarfyn beplan.
Ons weet dat Malema deur MI6 betaal word om chaos in Suid-Afrika te skep. Totale chaos is die toestand waarin die internasionale geldmag Suid-Afrika wil bring sodat hulle NAVO kan inbring om “orde” uit die chaos te kom skep deur die ANC te onttroon – omdat hulle nou nie meer nut het nie – en ‘n interrimregering in te stel wat sal bestaan uit ander onderdane van die geldmag. Ons weet ‘n paar van die FW de Klerk-regime soos Roelf Bokgal Meyer en sy bendelede sit gereed om weer die leisels te neem.
Dis ook nie toevallig dat Malema verkondig hoe hy en sy bende die ANC-regime gaan verjaag nie. Hy weet waarskynlik gedeeltelik wat die geldmag beplan maar het dalk in gedagte dat hyself die regeerstoel gaan bestyg. ‘n Groot verrassing wag op hom wanneer hy binnekort vir sy geldbase uitgedien is.
Ons kom terug na Maart 44 vC.
Kyk hoe lank reeds word Maartmaand wêreldwyd gebruik as ‘n tyd van oorlog:
Op 8 Maart 1965 begin die Vietnam oorlog op bevel van president Lyndon Johnson.
Op 24 Maart 1999 begin die VSA-beheerde NAVO se oorlog teen Joegoeslawië.
Op 20 Maart 2003 begin die VSA met sy oorlog teen Irak onder die ewige valse voorwendsels.
Die oorlog teen Sirië het op 15 Maart 2011 begin. ISIS, die VSA se huursoldate, vermoor, vermink en laat honderde duisende op die vlug slaan na Europa!
Die oorlog teen Libië het op 19 Maart 2011 begin. Vir 7 maande lank is Libië gebombardeer.
Op 25 Maart 2015 het die VSA se groot bondgenoot Saoedi-Arabië sy oorlog teen Yemen begin.
Op 15 Maart 44 vC is Julius Ceasar op die trappe van die Senaat deur Brutus en Cassius vermoor. Sy moord het 'n burgeroorlog ontketen. Sowat 60 samesweerders was betrokke. Hy is deur 'n waarsêer gewaarsku, maar het dit afgelag. – “Beware the Ides of March” – (Julius Ceasar)
Dit is bose magte wat VSA-leiers noop om ander state te verwoes. En elke VSA-leier wil sedert die val van Kommunisme sy merk maak. Hulle doen dit deur oorlog te maak. So is hulle kloue ook diep in Suid-Afrika en manipuleer hulle die Swart leiers met hope geld.
Net die tyd sal leer of daar meriete in die waarneming oor hierdie datum, 20 Maart, is. Maar wees liewer paraat en as daar dan niks gebeur nie, is dit beter as om nié gereed te wees nie wanneer die chaos wel losbars!