Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is talle genadegawes wat ons by God ontvang soos om barmhartig te wees, ander te vermaan, te onderrig, ens. Hierdie gawes moet beoefen word met net een doel voor oë: om in dankbaarheid God te verheerlik. Dit kan ons NIE regverdig maak en in die hemel bring nie – ons gebruik ons genadegawes uit dankbaarheid omdat ons reeds gered is!
REGSTELLENDE AKSIE
Booswigte kruip dikwels agter eerbare maskers weg en gebruik selfs mooi woorde om lelike dinge mee te verberg. Een hiervan is regstellende aksie - een van die heel grootste onregte wat ons land ooit aangedoen is. Desondanks word dit as ’n regstelling van sogenaamde onregte van die verlede voorgehou. Dis ʼn leuen. Dit stel niks reg nie, maar skep eerder onreg in die hede!
Regstellende aksie verwoes volksgenote se toekoms. Nagenoeg twee en 'n half miljoen blankes het sedert dit van stapel gestuur is, alreeds Suid-Afrika verlaat. Handelsondernemings word genoodsaak om hierdie onreg toe te pas uit vrees vir dwangmaatreëls wat hulle op die kantlyn kan laat beland. Dit vervang die Bybelse maatstaf van verdienste met ʼn gekamoefleerde onreg wat geen morele of Bybelse verdienste het nie.
Baie mense het geglo dat regstellende aksie ’n rasse-oorlog sou verhoed en ʼn versoening tussen rasse bewerkstellig. Die teenoorgestelde het gebeur. Dit het rassehaat tot ongekende hoogtes aangevuur.
Ons volksgenote is in dieselfde posisie as die eertydse Griekse slawe in Rome. Die slawe was beskaafd en goed opgelei en moes die Romeine se kinders oplei en van die nodige kundigheid voorsien. Hulle was egter ondergeskikte mense met geen politieke mag nie.
Die golf van rassehaat wat regstellende aksie van meet af aan veroorsaak, dreig om ons land te vernietig. Wat kan ons daaraan doen? “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is” (Rom.12:2). Gelowiges moet anders as die wêreld optree deur God se wil soos wat in die Bybel opgeteken is te doen.
Gelowiges beywer hul vir gelykheid voor die reg. “Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef. ’n Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die Here wees. Een wet en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef” (Num.15:15,16).
“Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy jou naaste oordeel.” (Lev.19:15).
Voor die koms van Christus het heiden-nasies op hande-arbeid neergesien en slawe daarvoor gebruik. Met Christus se geboorte het die helfte van die Romeinse ryk uit slawe bestaan. So ook driekwart van die Atheners. Wat arbeid betref, het Jesus ’n groot omwenteling gebring toe Hy met ’n byl, saag, hamer en ander gereedskap in ’n timmermanswinkel gewerk het. Daardeur het Hy ’n nuwe waardigheid aan arbeid gegee.
Jesus het sy bediening met die volgende woorde begin: ” Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbrysel van hart is, te genees” (Luk.4:18).
Omdat die Bybel gelowiges oproep om hul naaste lief te hê, barmhartig te wees en aan ander te doen wat hulle aan hulself gedoen wil hê, het talle gelowiges hul lewe daaraan gewy om slawehandel te beëindig, kinderarbeid te belet en onderdruktes te bevry. Slegs die Christendom het ’n einde aan slawehandel gemaak.
Charles Darwin het met sy Ewolusieleer wat ongelowiges begeester, geen poging aangewend om rassehaat te bekamp nie. Dit het ’n horde van bose ideologieë soos Kommunisme laat ontstaan. Marx was ’n vurige aanhanger van Darwin. So ook Josef Stalin wat met rassehaat deurspek was. Hy het geglo dat ewolusie tot rewolusie sou lei.
Die Oxford woordeboek omskryf rassisme as diskriminasie of vyandskap jeens ander rasse. Die ironie is dat baie van die mense wat so teen rassisme gekant is, hul in werklikheid daaraan skuldig maak. Regstellende aksie is verbloemde rassehaat!
Mag gelowiges rasse-onderskeid maak? Ja, slegs op grond van natuurlike skeidslyne ter wille van oorlewing en onderlinge vrede. Jesus sê: “Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei en hulle sal na my stem luister en dit sal wees een kudde, een herder” (Joh.10:16).
Die Skrif veroordeel karakterhaat. Die maklikste om dit aan te wakker, is om vir iemand te sê dat jy beter as hy is. Dis uiteraard die oorsprong van etniese geweld. Jare gelede is ongeveer 800,000 Tutsi’s deur Hutu’s in Rwanda uitgemoor. Dit was hier ʼn geval van maksimum haat vir die minste rede.
Rassehaat vernietig ʼn land. Dit het Zimbabwe van welvaart na armoede laat tuimel. Kenners beskou dit as die bedenklikste ekonomiese verval in die ganse mensegeskiedenis! “Hoe lank sal die land treur en die plante van die hele veld verdor? Vanweë die boosheid van die wat daarin woon, vergaan diere en voëls…” (Jer.12:4).
Suid-Afrika wemel van politieke huigelary; mense wat teen die sogenaamde eertydse onreg van rassediskriminasie gal braak, maar met regstellende aksie ʼn nuwe diskriminasie daarstel. Killing old discrimination with new discrimination soos die Engelse sou sê.
Regstellende aksie het alles met vrees te doen. Swartes vrees om met hardwerkende, gedissiplineerde blankes met ’n Calvinistiese, Europeesgeskoeide arbeidsetiek mee te ding en te verloor.
Daniel Etounga, ’n skrywer van Kameroen, slaan die spyker op die kop met sy artikel Does Africa need a cultural adjustment program? Hy skryf dat die Afrika kultuur met afguns deurspek is en vergelyk Afrika-samelewings met ’n sokkerspan wat deur twis en gebrek aan spangees geteister word. Een speler wil nie die bal na die ander een skop nie omdat hy bang is dat daardie persoon dalk ’n doel kan aanteken!
Met regstellende aksie word die blanke se lig bewustelik doodgemaak met die hoop dat dit die swarte se lig helderder sal laat skyn. Regstellende aksie is in werklikheid niks anders as gewettigde, georganiseerde roof nie. Dis ’n verbreking van die agtste gebod: “Jy mag nie steel nie”.