NIKS IS NUUT NIE (6)

Dries Bergman

Lees reeks by Niks Is Nuut Nie

DIE GROOT TREK

"Telkens nadat ek weer deur harde werk op die been gekom het, het die swartes gekom en my van alles beroof.  Wat het derhalwe van my oorgebly na vele jare van swoeg en arbei?  Letterlik niks nie!"

Met hul kerk as ’n pion op die skaakbord van die vyand, was die skrif vir die Boerevolk aan die muur.  Van owerheidsweë sou daar geen ommekeer van sake kom nie.  Daarvoor was die owerheid te eerloos, lamsakkig en bevooroordeeld.  Gevolglik was daar vir baie volksgenote geen ander uitweg as om hul vryheid elders in ‘n noordwaartse rigting te gaan soek nie.

In sy geskiedkundige manifes het Piet Retief die vier hoofoorsake vir die Groot Trek as die Hottentotkwessie, probleme met Xhosa-invalle, die slawekwessie en die probleme met sendelinge aangeteken.   Die probleme met die Hottentotte het by buitelandse kerklui begin wat dertig sendingstasies kom oprig het.  In plaas van die evangelie van Christus, is Rosseau se mensverheerlikende filosofie aan die swart heidene verkondig.    Dit het die klem op die broederskap van mense in plaas van die verlossing in Jesus laat val en die Christendom aan die suidpunt van Afrika enorme skade aangedoen.

Sendelinge se tere besorgdheid oor die 'edele barbare' het geen perke geken nie.

  Duisende swartes het na die sendingstasies gestroom om daar 'n luilekker lewe te voer.  Hulle is wel van die Bybel vertel, maar nooit geleer om te werk nie. Die sendelinge het geglo dat natuurkinders van arbeid gespaar moes bly omdat dit hulle kwansuis korrup sou maak.  Hiervan het die Hottentotte sommer baie gehou!   Hulle is van kos en klere voorsien sonder om 'n steek werk te verrig.  Later het die stroom van swart luiaards so toegeneem dat baie van die sendingstasies in onheilsneste ontaard het.

Swart plaaswerkers wat van hierdie Eldorado’s te hore gekom het, het hul werk gelos en hul na hierdie stukkies hemel-op-aarde gehaas.  Dit het ‘n ernstige verlies aan beskikbare werksvolk laat ontstaan wat die ekonomie ernstig geknou het.   Verder het dit ook verbittering en verwydering tussen die boere en sendelinge gebring.   In die boere se oë was die sendelinge ellendelinge!

Die plaaslike Britse owerheid het doelbewus rassehaat aangewakker.  Swartes is wysgemaak dat hulle deur die Boerevolk uitgebuit is en dat Brittanje tot hulle redding gekom het.  In werklikheid wou die Britte die goedgelowiges se guns wen ten einde hul grondgebied in te palm.   Die Britte se begroetings was begrotings en hulle gunsbetoning ‘n middel tot 'n bose doel.  Niks en niemand sou in die pad van Brittanje se imperiale droom staan nie; allermins nie Afrika se inheemse kinders nie!

Baie jare later het kommuniste dieselfde strategie gevolg toe hulle swartes wysgemaak het dat die Boerevolk hulle doelbewus verdruk het.  Swartes is met rassehaat vervul en aangemoedig om in opstand te kom waarna hulle pionne op die skaakbord van moeder Rusland geword het.  Swart kerkleiers en ander opstandelinge het oop oë in die bose strik getrap en die kommuniste as verlossers verwelkom.

Die verfoeilike sendelinge het buitelanders daarvan oortuig dat die Hottentotte 'n onderdrukte volk was wie se woord altyd geglo kon word.  Hulle was immers edele barbare!   Daar is gerieflikheidshalwe geen woord oor hul onophoudelike roof- en plundertogte of wreedaardige moorde op blankes gerep nie.

Niks het sedertdien verander nie.  Die Boerevolk word al vir baie jare deur ontspoorde kerklui geteister wat met hul optrede en uitsprake geen versoening,nie maar eerder rassespanninge aanwakker.  Ten spyte van alles wat die Boerevolk  vir die ondankbare swartes gedoen het, word hulle nog steeds as onderdrukkers veroordeel.

Dis jammer dat dit juis kerklui moes wees wat haat teen die Boerevolk versprei het!   Buitelanders het ‘n verkeerde beeld van die Boerevolk gekry deur elke gruverhaal te glo wat die sendelinge van die waarheidsgetroue edele barbare gehoor het.   Hulle het uiteraard nie van kerklui verwag om die negende gebod te verbreek nie!

Baie van die swartes wat by die sendingstasies aangekom het, was so siektebesmet dat hulle weggewys moes word. Die meeste van hulle het hul in die omgewing van die naburige dorpe gevestig.  Hierdie leeglêers het die boere se vee begin steel en selfs die weerlose vroue en kinders van mans op kommando aangeval.  Versoeke aan die plaaslike owerheid om hierdie euwel hok te slaan, het op dowe ore geval.  Gevolglik was daar vir baie van die boere geen ander uitweg as om rus en vrede in die binneland te gaan soek nie.

Met die vrystelling van slawe is boere nog verder van plaasarbeid beroof.  Slawe is deurgans goed behandel.  Geen slawewet was so menslik soos die plaaslike een nie.   Suid-Afrikaanse slawe is byvoorbeeld baie beter as dié in Amerika behandel.   Baie van die vrygestelde slawe het egter leeglopers en misdadigers geword.  Op 'n stadium het die Britse owerheid selfs wetgewing teen landlopery oorweeg!  Toe dr.Philip, ‘n sendeling en onverbiddelike kampvegter vir swartes, egter daavan hoor, het hy 'n biddag gereël waartydens daar gebid is dat die vrygeworde slawe van so 'n ramp bewaar moes word.   Geen woord is oor die swart leeglêers se vergrype gerep nie!

Hierdie verfoeilike kerklike was die hooffiguur van die Brits filantropiese beweging aan die Kaap.  Sy bewondering vir die edel barbaar kan van die volgende uitspraak afgelei word: "Die Hottentotte het baie goeie eienskappe waarvan 'n absolute getrouheid aan die waarheid die mees uitstaande is.  Hottentotte kan gevolglik van leuens en diefstal vrygespreek word". (Vry uit Engels vertaal, Philip 1.p.6).  Dat 'n kerklike sulke snert kon glo, gaan 'n mens se verstand te bowe!

Behalwe vir sy ywer vir die vrystelling van slawe, het dr.Philip hom ook vir die gelykstelling van Hottentotte met blankes beywer.  Volgens hom was dit glo die enigste manier waarop hulle beskaaf kon word en daarmee homself weerspreek.  Was dit dan nie juis die beskawing wat die edel barbare sleg sou maak nie?

Dat ‘n kerklike sulke onsin kon glo, was alreeds eg genoeg, maar dat hy sy magsposisie misbruik het om sy dwaas-heid op ander af te dwing, was veel erger!  In sy Researches in South Africa het John Philip, net soos John Barrow,  'n skaamtelose aanval op die karakter van die Boerevolk gemaak.  Dieselfde omstrede kerklike was ook vir die uitvaardiging van Ordonansie 50 verantwoordelik wat Lord Caledon se paswet herroep het.  Dit het alle rasse in Suid-Afrika gelykgestel en die Hottentotte vryheid van beweging gegee.  Duisende hottentotte het hul werk verlaat en ‘n swerwersbestaan van diefstal en plundery begin voer.

Hierdie flater sou jare later met die opheffing van die Wet op Instromingsbeheer herhaal word. Miljoene ongewensdes het oor die landsgrense gestroom en 'n bestaan uit misdaad gemaak omdat daar nie vir hulle werk was nie. Stemme wat vir die herinstelling van die Wet op Instromingsbeheer opgegaan het, is deur die swart regering, liberale politici en verloopte kerklui as kwaadwillig afgemaak.  Moord, roof, verkragting, aanranding en huisbraak is skynbaar meer aanvaarbaar as daadwerklike misdaadbekamping!

Die Boere was fel teen Ordonansie 50 gekant omdat dit die moontlikheid van ‘n swart verswelging ingehou het.

Daarbenewens was swartes nie ryp vir sosiale of politieke gelykstelling nie hoofsaaklik omdat hulle onbeskaafd was.  Hierdie gelykstelling is ook om godsdienstige redes verwerp.  Christene en heidene kon nie gelyk wees nie!

Die owerheid se lafhartige hantering van die swart leeglêerprobleem het ernstige rassespanninge veroorsaak.  Om alles te bekroon, het dr. Philip 'n veldttog teen die plaaslike kommandostelsel geloods om dit afgeskaf te kry.  Die kommandostelsel is destyds uit nood gebore en was onontbeerlik vir optrede teen boosdoeners.  Dr. Philip se veldtog het vrugte afgewerp toe Brittanje goewerneur D'Urban aangesê het om die stelsel met 'n meer aanvaarbare een te vervang.  Daarmee het buitelanders wat oor geen eerstehandse kennis van die Suid-Afrikaanse situasie beskik het nie, vir wetsgehoorsame burgers voorskriftelik opgetree.

Hierdie tendens het hom telkens aan die suidpunt van Afrika herhaal totdat die land onder 'n sogenaamde demokraties verkose, onbevoegde swart regering in ellende verval het. Die buiteland het nog altyd 'n doodswens vir die Boerevolk gehad.

Die Britse owerheid was nie by magte om die gebiedsgrense doeltreffend te beskerm nie.  Desnieteenstaande het hulle die grensboere die reg ontneem om hulself teen boosdoeners te verdedig.  Dit was duidelik dat die Britte die Boerevolk wou vernietiging al was dit deur middel van swart geweldenare.

Dieselfde ding gebeur tans.  Die ANC regime se onvermoë om burgerlike veiligheid te handhaaf, het ‘n  "kill the innocent and protect the guilty" tot gevolg.  Wetsgehoorsames word gedurig met ontwapening gedreig so asof hulle hulself  nie teen swart boosdoeners durf  verdedig nie!

Die onrustige lewe in die Oostelike Distrikte was nog ‘n rede vir die Groot Trek.  Die owerheid se weifelende grenspolitiek het daartoe gelei dat boere gedurig onder Xhosa-strooptogte deurgeloop het.  In Desember 1834 het nagenoeg 15,000 Xhosas die Visrivier oorgesteek en alles tot so ver as Uitenhage in hul pad verwoes. Benewens die 300,000 perde, skape en beeste wat geroof is, is 22 boere vermoor en 456 plaashuise afgebrand.  Weerlose families moes in alleryl na Grahamstad vlug.

Sir Benjamin D'Urban het onmiddellik ingegryp en die plunderaars oor die grens verdryf.  As straf moes die Xhosas die gebied tussen die Kei- en die Keiskammariviere prysgee wat toe deel van die Kaapkolonie geword het Toe dr. Philip hiervan hoor, was hy woedend vir D’Urban en hom na Brittanje gehaas.  Deur sy toedoen het Lord Glenelg, hoof van die koloniale kantoor, 'n paar maande later vir D'Urban opdrag gegee om die verowerde gebied aan die booswigte terug te gee.

'n Owerheid wat wetsoortreders beskerm en wetsgehoorsames benadeel, behoort van alle die mag ontneem te word.  Hulle stel burgerlike lewens in gevaar in plaas van om dit te beskerm.  Dieselfde dwaasheid is 160 jaar later herhaal.

D’Urban was genoodsaak om ‘n traktaatbeleid in werking te stel wat as die Glenelg-stelsel bekend gestaan het. Die Xhosas se terreurdade is goedgepraat terwyl die boere vir die soveelste keer as die rusverstoorders uitgewys en veroordeel is.

Die traktaatstelsel het te veel leemtes gehad om prakties uitvoerbaar te wees.  Onbeduidende swart stamhoofde is byvoorbeeld as invloedryke, onafhanklike vorste geag.  Daarbenewens het die stelsel nie daarmee rekening gehou dat dit by die swartes tradisie was om hulle vyande so veel as moontlik skade aan te doen nie.  Daarom het swartes byvoorbeeld nie ‘n oog verroer om blankes te beroof en te vermoor nie en dit selfs as ‘n kordaatstuk gesien!

Die Britse owerheid het iets belangriks misgekyk naamlik dat die swart barbare geen sedebewussyn gehad het nie.  Dis ‘n feit dat swartes geen empatie of verantwoordelikheidsbesef en daarom geen skuldgevoel het nie.  Gevolglik kom hulle selde of ooit ‘n ooreenkoms na.  Die geskiedenis lewer talle aanskouingslesse hiervan!

Die traktaatselsel was een van die onsinnigste stukke politiek wat nog ooit in Suid-Afrika bedryf is.   Dit het geen oplossing gebring nie, maar eerder verwarring en verhoogde rassespanning.   Die negatiewe gevolge is duidelik in goewerneur George Napier se verslag aan Brittanje uitgespel.   Terwyl die burgers nog besig was om die traktaat deur te lees, het die booswigte hul rooftogte hervat!

Blankes moes dikwels met afgryse sien hoe hulle plaashuise afgebrand en vee geroof word.  Daarbenewens was die aanvallers buitengewoon wreed.  Weerlose vroue en kinders is dikwels eers verkrag waarna hulle doodgemartel is. Dit het die Britse owerheid egter koud gelaat.  Gevolglik was die Boerevolk nie alleen met barbare in ‘n stryd gewikkel nie, maar ook teen ‘n onsimpatieke negrofilistiese owerheid.  Daar was dus geen ander uitweg as om te trek nie.

Aanvanklik het ongeveer 20% van die burgers die grensdistrikte verlaat en noordwaarts getrek. Hierdie baanbrekers is Voortrekkers genoem.  Daar was egter baie meer agternatrekkers soos wat mense die wysheid van hierdie baanbrekers ingesien en spoedig hulle voorbeeld gevolg het.  Min burgers was teen die optrede van ‘n  vyandige owerheid se simpatie met swart rowers bestand!

Die geskiedenis het hom baie jare later herhaal toe 'n verraderlike regering van apartheid afstand gedoen en met roofsugtiges teen hul eie volksgenote saamgespan het.  Duisende blankes het daarna weggetrek en in die buiteland 'n nuwe heenkome gevind.

Wreedheid was een van die grootste probleme waarmee die Voortrekkers te doene gekry het.  Hieroor skryf G.Preller as volg: "Almal is op die gruwelikste wyse vermoor, kinders se gesigte is met stokke ingeslaan, ander se koppe is verpletter totdat die harsings uitgebars het, vrouens is oopgesny en hul ingewande uitgepluk. By verskeie waens waar ek was, het ek die wreedste dade gesien, soos kinders wie se koppe teen die wawiele ingeslaan is, enkeles wat lewend aan stukke geskeur is, en die grootste gruwels wat met vroueliggame gepleeg is" (Voortrekkermense, p.31).

Ná die Bloukransmoorde waartydens 40 mans, 56 vroue en 185 kinders gruwelik om die lewe gebring is, het 'n skokkende feit aan die lig gekom.  Tydens die daaropvolgende strafekspedisie het 'n gewonde Zoeloe aan die leiers vertel dat blankes Dingaan aangehits het om die Retief-geselskap en ander Voortrekkers uit te moor (Preller, p.33). Wie was hierdie blankes?  Britse sendelinge?

Tydens die Groot Trek (1833-1840) het nagenoeg 10,000 boere met hul gesinne die Kaapkolonie finaal verlaat.  Hierdie noordwaartse trek was geen spontane volksbeweging nie, maar eerder die enigste voor die hand liggende oplossing vir ‘n probleem wat  'n vyandiggesinde owerheid daargestel het.  ’n Vooraanstaande boer het die rede vir sy trek as volg gestel: "Wat het die grensbewoners nie van tyd tot tyd van die swartes te verduur gehad gedurende die laaste onverwagte inval nie?  Ek het die Britse regering sedert 1811 sonder die minste loon as burger gedien.  Telkens nadat ek weer deur harde werk op die been gekom het, het die swartes gekom en my van alles beroof.  Wat het derhalwe van my oorgebly na vele jare van swoeg en arbei?  Letterlik niks nie!" (Uit die Nederlands vertaal, De Zuid-Afrikaan, 16 Februarie 1838).